Page 1 of 1

QL vir 243 met 95gr Nosler BT

Posted: Sat Oct 19, 2013 9:08 pm
by Jurie Vermaak
Ek sal dit waardeer indien iemand dalk kan help met n node vir die volgende:

243 Vektor K98
Looplengte: 26 duim
Twist: 1:10
Dop: Winchester
Doplengte: 51.9mm
Dop volume (H2O): 56.45 gr
MOAL (mm): 70.9
Patroonlengte: 70.8
Kruit: S365 (Lot 71)
Lading: 39.0gr
Primer: Fed 210
Punt: 95gr Nosler BT
Snelheid: 3037 (gee so 20mm groep op 100m)

Dankie

Re: QL vir 243 met 95gr Nosler BT

Posted: Sat Oct 19, 2013 9:19 pm
by Heinz Petersen
Jurie Vermaak wrote:Ek sal dit waardeer indien iemand dalk kan help met n node vir die volgende:

243 Vektor K98
Looplengte: 26 duim
Twist: 1:10
Dop: Winchester
Doplengte: 51.9mm
Dop volume (H2O): 56.45 gr
MOAL (mm): 70.9
Patroonlengte: 70.8
Kruit: S365 (Lot 71)
Lading: 39.0gr
Primer: Fed 210
Punt: 95gr Nosler BT
Snelheid: 3037 (gee so 20mm groep op 100m)

Dankie

Jurie wat wil jy weet? Wil jy ander ladings met punte hĂȘ?

Re: QL vir 243 met 95gr Nosler BT

Posted: Sun Oct 20, 2013 8:36 am
by Jurie Vermaak
Ek wil graag dat iemand wat Quickload het kyk of ek nog hoer kan gaan met die lading. Wat sou die optimum spoed wees waarna toe ek moet werk. Ek het aanvaar dat dit moontlik is om die inligting van QL te gebruik deur sodoende nie n klomp ladings deurwerk nie en sodoende moontlik geld spaar deur te laai na wat QL vir my kombinasie van komponente lewer. Of verstaan ek die hierdie afdeling van die forum verkeerd?

Re: QL vir 243 met 95gr Nosler BT

Posted: Mon Oct 21, 2013 1:18 pm
by BRNO (Pierre)
Jurie, jy is nou mooi tussen twee nodes. Ongelukkig is die een na boontoe redelik ver in die rooi, en kan ek hom nie aanbeveel nie.

Die node wat wel afwaarts berekin word, kom by n spoed van 2931fps, met n lading van 37.2gr S365. Ongelukkig is jou dopvulling slegs 78%, wat nie heeltemal ideaal is nie.

Re: QL vir 243 met 95gr Nosler BT

Posted: Mon Oct 21, 2013 5:47 pm
by Jurie Vermaak
Pierre,

Baie dankie vir die inligting. Ek sal laai na snelheid soos jy noem en kyk wat gebeur. Ek begin wonder of my Chrony reg meet want soos ek op n ander post genoem het kry ek baie goeie akkuraatheid met die 105 A-Max met 40gr S365 @3025 ft/s. Ek behoort dan tog n hoer snelheid met die 95gr Noslers te kry

Ek moet dalk 2 chronys agter mekaar sit en kyk wat meet hulle

Dankie vir jou moeite

Re: QL vir 243 met 95gr Nosler BT

Posted: Mon Oct 21, 2013 6:45 pm
by vriell
BRNO .06 (Pierre) wrote:Jurie, jy is nou mooi tussen twee nodes. Ongelukkig is die een na boontoe redelik ver in die rooi, en kan ek hom nie aanbeveel nie.

Die node wat wel afwaarts berekin word, kom by n spoed van 2931fps, met n lading van 37.2gr S365. Ongelukkig is jou dopvulling slegs 78%, wat nie heeltemal ideaal is nie.
Pierre,
Lyk asof s385 beter kombineer wat spoed , dopvulling en node betref...volgens QL ? as Jurie toegang het tot s385 ?

Re: QL vir 243 met 95gr Nosler BT

Posted: Mon Oct 21, 2013 8:43 pm
by BRNO (Pierre)
vriell wrote:
BRNO .06 (Pierre) wrote:Jurie, jy is nou mooi tussen twee nodes. Ongelukkig is die een na boontoe redelik ver in die rooi, en kan ek hom nie aanbeveel nie.

Die node wat wel afwaarts berekin word, kom by n spoed van 2931fps, met n lading van 37.2gr S365. Ongelukkig is jou dopvulling slegs 78%, wat nie heeltemal ideaal is nie.
Pierre,
Lyk asof s385 beter kombineer wat spoed , dopvulling en node betref...volgens QL ? as Jurie toegang het tot s385 ?
Len, jy is 100% reg. Ek het self na ek gepost het so bietjie met die ander kruite gaan speel, en dit lyk vir my ook asof S385 heelwat beter dopvilling gaan gee, en dan n hoer node spoed. Ek ken ongelukkig nie S385 nie, dus weet ek nie of dit gaan onder presteer, of dalk selfs oor presteer nie.

Jurie, indien jy dalk toegang het tot S385, kan jy dalk n toets lopie doen met n lading van 44.8gr S385, en mik vir n spoed van 2989fps. Dit is nie soveel meer spoed nie, maar jou dop behoort voller te kom, wat baie ander voordele oor die lang termyn inhou.

Re: QL vir 243 met 95gr Nosler BT

Posted: Tue Oct 22, 2013 5:50 am
by Reggie Gerber
Jurie

hoe seker is jy van jou geweer se twist.

Baie min dat n 1-10 die swaar 105's kan stabiliseer

Re: QL vir 243 met 95gr Nosler BT

Posted: Tue Oct 22, 2013 9:31 pm
by Jurie Vermaak
Pierre,

Ek het nie tans S385 nie en gaan maar eers weer met die 365 probeer soos jy voorgestel het. Ek sal tog op n stadium die 385 probeer. Ek moet bieg dat ek maar nog altyd net in 365 geglo het met die punte waarmee ek in die 243 en 3006 skiet. N verandering kan dalk net verrassende resultate oplewer.

Reggie,

Jy het my nou bietjie laat dink. Ek het my twist gemeet en dit is beslis 1:10. Miskien is ek net gelukkig dat die 105 A-maxe so lekker werk in my geweer.

Re: QL vir 243 met 95gr Nosler BT

Posted: Sat Oct 26, 2013 8:21 pm
by Jurie Vermaak
Ek het toe vandag die lading wat Pierre voorgestel het gaan toets.

My spoed met 37.2 gr S365 was as volg:

2939
2933
2922

Gem van 2931 ft/s met n groep van 32mm op 100m.

QL was dus spot-on. Ek sal bietjie werk met die TPL om die groep kleiner te kry. Pierre, dankie vir jou hulp.

Miskien kan iemand ook dalk help met n node vir my 30-06 met 165gr Sierra GK as volg:

30-06 Musgrave K98
Looplengte: 24 duim
Twist: 1:10
Dop: Winchester
Doplengte: 63.1mm
Dop volume (H2O): 70.1 gr
MOAL (mm): 85.3
Patroonlengte: 85.0
Kruit: S365 (Lot 71)
Lading: 50.5gr met gem spoed van 2650 ft/s (43mm groep)
en 52gr met gem spoed van 2712 ft/s (11mm groep)
Primer: Fed 210
Punt: 165gr Sierra Gameking

Dankie
Jurie