Page 1 of 1

watter trailcam

Posted: Thu Oct 17, 2013 11:01 am
by Vaaljas
Hello menere

Besig om te kyk na trailcams maar wil graag hoor wat julle se die "een" is om te koop , die nuwe "Acorn" en glo daar is ander ook , stuur die fotos met 3 minute delay na jou pc of cellfoon , dis maar nou dat ek sien van die nuwe funksies .... help asb , wat sal julle voorstel

groete Vaaljas

Re: watter trailcam

Posted: Thu Oct 17, 2013 12:35 pm
by Pappabeer
Ek is ook in die mark, geen ervaring hiermee nie, so hou die post dop.

G-Force kom in. Jy het mos onlangs n paar aangeskaf?

Re: watter trailcam

Posted: Tue Nov 05, 2013 11:06 am
by Stefan Fourie
My ondervinding is dat die trailcam wat jy koop onder geen omstandigheid 'n sigbare infrarooi lig moet hê nie. Sommige kameras het 'n spierwit "flash" in die nag, bly weg van daardie ene. Ek het 'n Nikko Stirling wat 'n baie dowwe infrarooi lig gee, baie diere sien hom ook en dan neem jy hulle nie weer by daardie krip af nie. My kamera is gestel om sy fotos 10 sekondes uit mekaar te neem en dan neem hy 3 fotos binne 3 sekondes. Ek het 3 fotos van 2 rooikatte en 3 fotos van twee jakkalse, en hulle daarna nie weer afgeneem nie. Jy kry 'n kamera wat 'n totaal onsigbare ligbron het, ken net nie die naam nie.
Groete

Re: watter trailcam

Posted: Tue Nov 05, 2013 1:04 pm
by JuanPaul
http://www.cnsuntek.com/index.php?c=pro ... f54f42c7b9

Ek het die een gekoop in Vanderbijlpark en gebruik hom nou vir meer as `n maand, sodra hy iets af neem ontvang ek `n foto op my selfoon, hy werk goed vir my.

Groete

Re: watter trailcam

Posted: Tue Nov 05, 2013 2:37 pm
by Stefan Fourie
Dis natuurlik baie handig as hy die foto kan stuur na jou foon of pc. Ons het baie plekke nie opvangs, hou dan 2 SD kaarte aan en ruil hulle net van tyd-tot-tyd om. Die nadeel is dat daar soms 'n week kan verbygaan wat jy nie weet wat als kom water drink het nie

Re: watter trailcam

Posted: Tue Nov 05, 2013 2:54 pm
by G-force
Manne ek het n trop trailcams wat ek permanent op het.Ek het seker 9 by my en so 5 by my swaar se plek.Ek sal nog n mooi verslag maak met fotos maar kannie nou nie.Na my oog operasies kan ek nie langer as n minuut of twee op n PC werk nie.Wat ek wel kan se is Moultrie kameras is my gunstelling op die oomblik en dan U-way en dan eers Cudde-Bak.
Die Panoramic Moultrie wat ek onlangs by Wors gekoop het in Namibie is n wenner.Kyk uit vir die verslag.
Groete

Re: watter trailcam

Posted: Tue Nov 05, 2013 5:55 pm
by Pappabeer
Thanks Ge,

Sal wag vir jou report voor ek koop.

Re: watter trailcam

Posted: Wed Nov 06, 2013 7:33 am
by Rasmus
Vaaljas

Ek het n spypoint. Hulle het n paar modelle beskikbaar. Archers edge in PTA hou hulle aan. Werk baie lekker is lig op batterye. Hy het nie die sogenaamde black flash nie, maw jy kan die gloed van die infrarooi sien as jy bitter mooi kyk.

http://www.spypoint.com/EN/

Sover kon ek nog nie agter kom dat die diere dit optel nie. Ek het al jakkalse, luiperd, ratel, koedoes, waterbokke, vlakvarke, bosvarke, bruinhiënas ens afgeneem. Die bosvarke staan ek kyk vir kamera terwyl hy fotos neem.

Archers Edge back ook die kameras as hy moeilikheid gee. So naverkope diens is goed.

Indien jy een koop wat fotos kan stuur maak seker jy het vodacom sein, sover ek weet werk die kameras nie met MTN nie. Vir een of ander rede wil MTN nie die settings oopmaak nie.

Op die site is heelwat info
http://www.cameratrap.co.za