Page 1 of 1
SA Jagters - Atlantis skiet 19/10/2013 + BIGBORE skie
Posted: Mon Oct 14, 2013 1:51 pm
by tau
Manne dit is seker nou nie Safari se lekker event met die Blou Bulle in die noorde nie, maar sien Saterdag is daar Bigbore skiet saam met die ander papier skiet by Atlantis. Gaan een van julle miskien skiet? Ek moet daardie kant toe vir 'n troue so miskien kom skiet ek sommer.
Re: SA Jagters - Atlantis skiet 19/10/2014 + BIGBORE skie
Posted: Mon Oct 14, 2013 8:03 pm
by immelmanw
tau wrote:Manne dit is seker nou nie Safari se lekker event met die Blou Bulle in die noorde nie, maar sien Saterdag is daar Bigbore skiet saam met die ander papier skiet by Atlantis. Gaan een van julle miskien skiet? Ek moet daardie kant toe vir 'n troue so miskien kom skiet ek sommer.
Sorry, sou graag wou. Ons het die laaste skiet van die jaar SAJSV, Jaggeweerskiet, OOs Kaap Ope in Kareedouw. Geniet die Big Bore!
Groete
Willem
Re: SA Jagters - Atlantis skiet 19/10/2014 + BIGBORE skie
Posted: Mon Oct 14, 2013 8:46 pm
by douw
Het ek 'n jaar gemis iewers? Ek sien bo dit is 2014
Groete
Douw
Re: SA Jagters - Atlantis skiet 19/10/2014 + BIGBORE skie
Posted: Mon Oct 14, 2013 9:09 pm
by JTM
Ek is daar, maar gaan net die bigbore kyk en dan bietjie met my stofpoeper skiet op die vlakvark teikens.
Re: SA Jagters - Atlantis skiet 19/10/2013 + BIGBORE skie
Posted: Mon Oct 14, 2013 9:31 pm
by tau
Thx douw 2013 manne.
Miskien skiet ek sommer albei weet nie hoe die tyd loop nie??
Voorspoed Willem.
Jtm hoeveelskote skiet mens met die gewone gewere.
Re: SA Jagters - Atlantis skiet 19/10/2013 + BIGBORE skie
Posted: Tue Oct 15, 2013 6:37 am
by Frederik
Dit is baie goeie nuus dat daar al hoe meer Big Bore shoots gehou word oorals in die land. Die gewere kom te min uit die kluis en word te min uit getoets. Jy wil nie uitvind jou geweer het probleme om te voer die dag wat die buffel jou storm nie.
Re: SA Jagters - Atlantis skiet 19/10/2013 + BIGBORE skie
Posted: Tue Oct 15, 2013 7:31 am
by JTM
Tau, ek dink dit gaan seker net 9 skote wees om die Vlakvark tabel te skiet.
Re: SA Jagters - Atlantis skiet 19/10/2013 + BIGBORE skie
Posted: Sun Oct 20, 2013 8:11 pm
by JTM
Tau, was lekker om te ontmoet. Hoop jy was darem betyds vir die troue. Ek sien jy het darem die Big Bore tabel geskiet.
Dit was 'n lekker dag. Dankie vir SA Jag Tafelberg tak wat dit aangeboed het.
Re: SA Jagters - Atlantis skiet 19/10/2013 + BIGBORE skie
Posted: Mon Oct 21, 2013 8:31 am
by tau
JTM wrote:Tau, was lekker om te ontmoet. Hoop jy was darem betyds vir die troue. Ek sien jy het darem die Big Bore tabel geskiet.
Dit was 'n lekker dag. Dankie vir SA Jag Tafelberg tak wat dit aangeboed het.
Ja nee was lekker gewees om te ontmoet. Het my tyd gemors met die Bigbore. Was te haastig en my kop was nie op die skiet nie.Die verskil tussen V5 en -1 op daai buffel se kop is lekker naby mekaar. EK het aanvaar omdat ek in 2005 dit kon doen sou ek dit steeds kon doen, maar ek was wyd verkeerd. Ek sal dringend so paar oefen sessies moet deurwerk voordat ek my naam weer so met 'n plank slaan
My Rooibok het mooi gelyk tot ek by die staan en skiet gekom het toe kap ek 2x3's en 1x -1..... So dink ek was op 35-36 op die einde. Dit was nogals interesantg met daai stywe dwarswind.