Hulp met die herlaai van my 243

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
User avatar
hennievs
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Thu Oct 03, 2013 12:29 pm

Hulp met die herlaai van my 243

Post by hennievs »

Hi daar manne, Ek is n nuweling op die forum en erstig op soek na raad.
Ek het gisteraand begin om vir my Howa 1500 Varmiter te herlaai.
Verskeie Sonchem boeke gee S365 as die regte kruit aan maar die tabelle verskil hemelswyd in begin en maksimum ladings.
Ek het die volgende ladings gelaai met die idee om dit te gaan beproef op die baan en dan maar die rekords aan te teken en te vergelyk nadat ek die veldwerk gedoen het.
Nou maak die duiwel my wys dat ek moontlik op n ramp afstuur omdat ek die nuutste inling van S365 geignoreer het.
Ek het die volgende ladings aanmekaar gesit :
Doppe - Almal PMP selfde lot no
Kruit - S 365
Punte - Hornandy 100gr BTSP
Slagdoppe - CCI 250 Large rifle (magnum)
Ladings - 5 Rontes met 37.5gr S365
5 Rontes met 38.0gr S365
5 Rontes met 38.5gr S385
5 Rontes met 39.0gr S365
5 Rontes met 39.5gr S365
5 Rontes met 40.0gr S365
Totale patroonlengte vir almal = 68 mm
Help ASB !!!!!!! >:+ >:+

Hennie Van Staden
Randfontein
Hennie Van Staden
243 Howa Varmiter Met Rudolph Scope
.22 Remington Matchmaster
9mm Short Beretta
375 Ruger Howa met Lynx 2-15x 50 SAH
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Hulp met die herlaai van my 243

Post by tripodmvr »

Jy sê nie watter Lot daardie kruit is nie. As dit 71 is kan die ladings bietjie hoog wees. Nou die dag 36gr agter die' einste koeël geskiet. Nie spoed geneem, maar ek sal verkieslik met laer as 36 begin en op beweeg. Meet die spoed en moet nie meer as 3050vps oorskry nie. My 243 is ge-Ackley en sal dus laer druk gee.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: Hulp met die herlaai van my 243

Post by Johan Reyneke »

Ek het lot 66 gebruik met 41.6 teen spoed van 2950 gebruik in my remington. Ek gebruik ook winchester doppe wat se h2o ook sowat 4gr meer is as wat pmp sin is.

Het nog nie self met L71 gelaai nie. Maar soos tripod se as dit lot 71 is dan is dit meer as 2 persent verskil vlg hul eie toetse van L66 na L71.

Begin eerder laag en werk op.

As jy op http://www.somchemreload.com/ gaan kyk sal jy sien dat met lot 71 somchem se aanbevole begin lading maar 33.2 en mak 36.7 is met nosler spbt 100gr is.
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Hulp met die herlaai van my 243

Post by mariusr »

Hennie jy is baie naby die lande met 68mm en my 243 hou niks van dit!? Maak seker hoe ver jy van die lande is! Ek sal ook aanbeveel dat jy nie magnum primers gebruik saam met S365 nie! Liewers CCI200!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Hulp met die herlaai van my 243

Post by tripodmvr »

Die aanbeveling vir S365 is gewoonlik CCI200, maar in die 243 help dit meestal met akkuraatheid. Ek het nie die TPL aangespreek in my eerste antwoord nie omdat die lading die kritiese een was. Watter maksimum TPL is daar op jou Howa met die' spesifieke koeël? Ek het die Hornadys op 67mm gelaai in my geweer, alhoewel ek sien da ek selfs 68mm aangedui het as 'n moontlikheid.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
hennievs
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Thu Oct 03, 2013 12:29 pm

Re: Hulp met die herlaai van my 243

Post by hennievs »

Hi daar kerels,
dankie vir die goeie terugvoer - soos die Engelse se "Back to the Drawing board"
Ek weet nie presies waar om te kyk vir die Lot no nie maar onder op die blik is n plakker wat se :
071 07 2013
EXPO 5 .23
Ek vermoed die eerste syfers is dan die Lotno en die volgendes is die maand van vervaardiging.
Ek gaan dus my rontes uitslaan en die volgende doen :

5 rondtes - 34.2 gr
5 Rondtes - 34.7 gr
5 Rondtes - 35.2 gr
5 Rondtes - 35.7 gr
5 Rondtes - 36.2 gr
5 Rondtes - 36.7 gr

Ek gaan dan ook op die aanbevole COL van 67.6 gebruik
Hennie Van Staden
243 Howa Varmiter Met Rudolph Scope
.22 Remington Matchmaster
9mm Short Beretta
375 Ruger Howa met Lynx 2-15x 50 SAH
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Hulp met die herlaai van my 243

Post by tripodmvr »

Het jy gaan kyk wat die maksimum TPL van die koeël in jou geweer is? Is dit dan 67,9mm - 67,9-0,3 = 67,6mm?

As jy wil speel met jou geweer laai dan soos hierbo, andersins sou ek sê laai 3 skote van 36gr en bring die groep en spoed sodat ons verder met Quick Load kan help. Loer dan na OBT op Google en ook die riglyne vir QL onder die Herlaai afdeling hier op die forum.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
hennievs
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Thu Oct 03, 2013 12:29 pm

Re: Hulp met die herlaai van my 243

Post by hennievs »

Hi Manne,
Het toe gaan herlaai -
Het begin met
35.7 gr - TPL van 67mm
35.7 gr - TPL van 68mm

36.2 gr - TPL van 67mm
36.2 gr - TPL van 68mm

36.7 gr - TPL van 67mm
36.7 gr - TPL van 68mm

sal dophou vir tekens van druk - behoort moreaand n redelike stukkie inligting beskikbaar te he vir Tripodmvr waar ek hom dan sal opneem op sy offer om die inligting vir my in Quick load te laai sodat ons kan sien waar kook hierdie Howatjie.
dankie vir die raad en bystand sover.
Hennie Van Staden
243 Howa Varmiter Met Rudolph Scope
.22 Remington Matchmaster
9mm Short Beretta
375 Ruger Howa met Lynx 2-15x 50 SAH
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Hulp met die herlaai van my 243

Post by tripodmvr »

My resep vir my gewere is om die max TPL te bepaal met 'n skoonmaakstok en dan dit met 1mm korter te maak. Ek sal dan 'n gemiddelde lading oor die chrony skiet vir groep en ook om die spoed te kry. Nou kan ek met QL voorspel waar die nodes is en verfyn rondom die gegewe lading.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
hennievs
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Thu Oct 03, 2013 12:29 pm

Re: Hulp met die herlaai van my 243

Post by hennievs »

Hi Kerels,
Kon eers vanoggend by die baan uitkom - hiermee my resultate

Lot no:
Kruit S365 71
Punte Hornandy 100gr BTSP
Doppe PMP
Slagdoppies CCI 250 large rifle (Magnum)

TPL = 67 mm
Lading 1 2 3 4 5 Ave Groep(mm)
35.7 gr 2685 2722 2716 2689 2758 2714 15
36.2 gr 2765 2744 2733 2712 2734 2738 25
36.7 gr 2803 2793 2959 2842 3039 2887 12


TPL = 68 mm
Lading 1 2 3 4 5 Ave Groep(mm)
35.7 gr 3062 3063 2972 3030 3101 3046 10
36.2 gr 3385 3392 3398 3323 3369 3373 13
36.7 gr 3418 3413 3436 3406 3414 3417 20

Laat my weet asb
Hennie Van Staden
243 Howa Varmiter Met Rudolph Scope
.22 Remington Matchmaster
9mm Short Beretta
375 Ruger Howa met Lynx 2-15x 50 SAH
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Hulp met die herlaai van my 243

Post by mariusr »

Mense ek het nog nie S365 lot 71 gesien of gebruik nie! Maar is dit duidelik gemerk op die blik want die spoed wat Hennie kry met die ladings kan ek amper nie glo nie!? Mens kan mos nou groot gagas maak as jy op S365 data werk in somchem se boekie!!?
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: Hulp met die herlaai van my 243

Post by Johan Reyneke »

tripodmvr wrote:My resep vir my gewere is om die max TPL te bepaal met 'n skoonmaakstok en dan dit met 1mm korter te maak.

Haai Hennie

Net 3 goed gou bevestig
Jou H20 inhoud van jou gevuurde doppe, het jy dit dalk gemeet ( My pmp meet bv 51.4gr)
Dan jou dop(brass) lengte het jy gesny of is dit die standard lengte (51.9mm)
Ek lees ook nie jou loop lengte raak nie. Is dit 22 of 24 duim

Vir my op die oog af afleiding is bv dat die 68tpl teen die lande is, Die groot verskil in spoed is vir my aanduiding van dit.
Het jy jou maks tpl dalk gemeet soos tripot vroeer gese het.
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Hulp met die herlaai van my 243

Post by Cobus(Cobb) »

Daai 68mm gaan jou seermaak...daai spoed is verskriklik, ek dink ook jy is in die lande in....kom terug na 67mm en laai daai 36.7gr vir jou 12mm groep gee..

Van daai skote se spoed is op met 615ft/sek/mm tpl...ek wil nie weet waarmee die druk op is nie????
Wat meet jou kamer se lengtes?? wat is jou Max TPL...??
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: Hulp met die herlaai van my 243

Post by Johan Reyneke »

Hennie

As jy die volgende gebruik:
24" loop
51.4 H2O inhoud
Dop lengte 51.9
TPL 67
Lading 36.7gr

Met bg genoemde is jou presies op node 5 met spoed van 2886.
Jou Druk is so 10% onder maks druk

Jou laer node 6 behoort 2780fps te wees met QL
Soos Kobus hierbo gese het. Dit wil lyk of dit die lading is vir jou geweer.

Stem ook saam met "bly weg van 68 tpl" idee. Soos in vorige post gese. Ek vermoed jy is in of teen jou lande
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: Hulp met die herlaai van my 243

Post by Johan Reyneke »

Ek het ook op ql gekyk na 68 tpl, volgens alle aanduidings moes daai geweer ontplof het, met selfs die laagste lading is jy amper dubbel die maks druk.
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
User avatar
hennievs
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Thu Oct 03, 2013 12:29 pm

Re: Hulp met die herlaai van my 243

Post by hennievs »

Hi Menere,
Dankie vir die goeie terugvoer - net vir die rekord - geeneen van bogenoemde ladings het enige tekens getoon van buitengewone druk nie (stywe slot - moeilik on te ontrek - plar slagdoppies etc...)
Indien jou TPL teen die landings is sou jou patroon nie moeilik gevoer het nie??
Ek het geen idee presies hoe om my geweer de TPL reg te meet nie - Presies hoe bepaal n mens met n skoonmaakstok wanneer jy teen die landings is??
Johan jou aannames is reg - Standaard doplengtes - 51.9mm
Ek weet nie van H2O inhoud of hoe om dit te bepaal nie.
Looplengte 24 Duim

Ek het toe die tpl van my geweer gemeet - n Lee doppie gevat en die nek n vertikale groef in gesny sodat hy nie die punt vasknyp nie. Toe die punt swart gemaak me n kers - die kontrepsie toe in my kamer gelaai met die punt sover as moontlik na voor. die punt mooi geraak aan die groewe van die loop - toe die ronte lengte gemeet met n elektroniese caliper.
10 x gedoen - hier is die resultate :

TPL (tot op groewe)
Caliper in mm 69.03, 69.05, 69.07, 69.06, 69.07, 69.05, 69.06, 69.08, 69.07, 69.06

Ave 69.06
Hennie Van Staden
243 Howa Varmiter Met Rudolph Scope
.22 Remington Matchmaster
9mm Short Beretta
375 Ruger Howa met Lynx 2-15x 50 SAH
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: Hulp met die herlaai van my 243

Post by Johan Reyneke »

Hier is een ander metode, jy kan die onderstaande ook net gebruik en verifieer

Het my skoonmaak stok voor in die loop gedruk, met die slot toe, en toe die skoon maak stok tot teen aan die slot gedruk, merk gemaak met 'n potlood op die skoonmaak stok, en toe 'n koeël in die die loop gesit en saggies daar gehou, en die skoon maak stok tot teenaan die koeël punt gedruk en 'n merk gemaak op die skoonmaakstok. Die verskil tussen 2 lyne is maks kamer lengte (TPL) vir daai spesifieke koeel. Dit sal verskil met elke tipe koeel.

Om h20 te meet - weeg die lee dop, weeg die dop dan met die water in en trek die getalle van mekaar af. (Daar gaan altyd water in die dop agterbly, so laat staan voordat jy weer gebruik of blaas mer air uit). Jy moet ook die dop volmaak sodat die water so boeppens staan by die nek. Ek neem gewoonlik so 5 tot 10 om gemiddeld te kry. Ek gebruik 'n spuit en naald om dit in te spuit en die laaste te drup.

Die ander vraag wat ek het, hoever was jou chrony van die kroon van jou geweer gewees. Die aanbeveling is 5 meter om muzzle blast uit te skakel.
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: Hulp met die herlaai van my 243

Post by Johan Reyneke »

Vergeet om te vra, wat is die produk kode van die koeel wat jy gebruik, is dit 2453
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
User avatar
hennievs
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Thu Oct 03, 2013 12:29 pm

Re: Hulp met die herlaai van my 243

Post by hennievs »

Doplengtes mm 51.75 51.75 51.73 51.74 51.75 51.72 51.74 51.72 51.74 51.7

Ave 51.73 MM

H20 Dop Volumes gr 53.3 53.8 54 53 53.6 53 53.9 53.1 52.6 53.4

Ave 53.37 GR
Het hom gedoen met die laaistok metode - Ave 69.1 mm
Produk kode van die koeels is inderdaad #2453
Crony was 4 meter voor die loop soos wat sy handleiding se.
Hennie Van Staden
243 Howa Varmiter Met Rudolph Scope
.22 Remington Matchmaster
9mm Short Beretta
375 Ruger Howa met Lynx 2-15x 50 SAH
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: Hulp met die herlaai van my 243

Post by Johan Reyneke »

Hennie

Die 36,7 en 2886fps spoed is nog steeds op die node, met 67 tpl.

Jammer maar ek kan nie iets anders aan dink. Lede soos tripot of wouter of Marius het dalk meer gedagtes. Myne is op

Jammer ek kan nie meer help nie.
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Hulp met die herlaai van my 243

Post by NicoSmit »

Ek laai my 243 Howa standaard loop met 85gr Hornady interbonds 43,5 gr 361 kruit met 'n patroon lengte van 68,1 Ek het die tpl van die geweer gemeet op die stok metode en het 'n ave van 68,22 gekry nou my vraag is is my patrone dalk te naby aan die lands ? ek het nog nie die lading getoets op papier nie maar ek weet hy skiet 'n jakkals moerland toe
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Hulp met die herlaai van my 243

Post by mariusr »

Wat ek agter gekom het met my 243 is dat ek nie teenaan of naby die lande moet wees nie! Hy het al slagdoppies uit geblaas daaroor met gemiddelde ladings! Hennie se toetse het self bewys deur die groot verandering in spoed ! Wat ek nog self nie kan klein kry hoe daai spoed moonlik is met 100gr punt en daai ladings!?Ek het tpl 65,66 en 67mm gemaak en hy skiet perfek met almal met geen probleme nie! Die verskil in groepering is so min dat vir jag dit my glad nie pla nie! Maar dit blyk dat tussen 66 en 67mm die beste is vir hom!Ek sal graag wou weet wat die druk moes gewees het met die Tpl van 68mm met daai spoed? Want Hennie se daar was geen tekens van so iets nie!? Slaan my dronk!?S.A.B.S druk vir 243 wys max MPa 360 gemideld druk (psi) 52 200!
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: Hulp met die herlaai van my 243

Post by Johan Reyneke »

Nico
mariusr wrote:Hennie jy is baie naby die lande met 68mm en my 243 hou niks van dit!? Maak seker hoe ver jy van die lande is!

Omdat jy ander kruit gebruik gaan jou berekenings heelwat verkil.
Weet nie of jy al spoed getoets het nie. Dan kan ons kyk. Altwee kruite is "slow burning" maar 361 s ball kruit terwyl 365 stafie is. Teoreties sal jy meer kruit kan gooi met 361 as 365, wat dan hoer spoed tot gevolg behoort te he. Se behoort, want herlaai is nie 'exakte" wetenskap nie.

Weereens elke geweer het sy eie eienskappe en persoonlikheid. Dit mag dalk goed werk in jou gewee maar nie in iemand ander sin nie

My 243win Remington se maks TPL met Hornady Interlocks is bv 69.75mm en ek laai 69.2mm wat my 0,5mm jump gee.

As ander voorbeeld ek gebruik 87vmax eintlik en sy tpl is 69.95, met die skaarste het ek oorgeskakel na 75Vmax wat tpl 68.9 gegee het. Ek gebruik die Hornady lock and load aol guage om die ogive te meet. En beide meet 57.4 op die verkillende tpls. Dit beteken teoreties dat hul albei, dieselfde afstand van lande is.

Weet nie of hierdie enige waarde het nie. Net my ondervinding
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: Hulp met die herlaai van my 243

Post by Johan Reyneke »

mariusr wrote: Hennie se toetse het self bewys deur die groot verandering in spoed ! Wat ek nog self nie kan klein kry hoe daai spoed moonlik is met 100gr punt en daai ladings. Ek sal graag wou weet wat die druk moes gewees het met die Tpl van 68mm met daai spoed? Want Hennie se daar was geen tekens van so iets nie!? Slaan my dronk!?
Ek is ook dronk geslaan, want QL gee 60191 as maks, met QL voorspelling moes daai druk hier in die 11000 plus gewees het
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
User avatar
hennievs
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Thu Oct 03, 2013 12:29 pm

Re: Hulp met die herlaai van my 243

Post by hennievs »

Ja nee manne - nou moet julle weet as dit grieks is vir julle boffins waar los dit ons beginners ??
Maruis is jou aanbeveling nog steeds die lading van 36.7 gr met die tpl van 67 mm wat 1886 ft/s"oop ?
Hennie Van Staden
243 Howa Varmiter Met Rudolph Scope
.22 Remington Matchmaster
9mm Short Beretta
375 Ruger Howa met Lynx 2-15x 50 SAH
Post Reply