Page 1 of 1
NIKON 1000AS
Posted: Thu Oct 03, 2013 12:03 pm
by johans
wie van julle ken die rangefinder wat my iets kan se oor hom?
Re: NIKON 1000AS
Posted: Thu Oct 03, 2013 12:57 pm
by tripodmvr
Lyk my dit is vir golf ontwikkel. weet nie hoe dit op klein teikens sal vaar nie. Kyk in Google of van die jagmanne oorsee hom nie getoets het nie.
Re: NIKON 1000AS
Posted: Thu Oct 03, 2013 12:57 pm
by Pvdw
Ek het een vir al meer as 'n jaar. Baie lekker RF. Het interesante fungsies in soos om skuins vlakke ook te range.
Al wat my pla is die oranje lig binne in die RF wat vir nag gebruik bedoel is. Dit werk net op korterige afstand maar wat meet pla is dat jy nie eers met 'n lamp se hulp verder kan range nie. Die oranje wil nie weg gaan nie.
Ek het R3400 vir myne betaal Maart 2012. Wat kos hulle nou??
Tripod, sien nou eers jou post.
Die 550g is die een wat vir golf ontwikkel is. Die 1000AS kan vir als gebruik word.
Re: NIKON 1000AS
Posted: Thu Oct 03, 2013 1:03 pm
by PWV
Ek het ook die Nikon Lazer 1000AS. Het dit nou so 2 maande en was nog nie in die jagveld nie. Het dit al getoets soos ek ry en dit lyk belowend. Ek is nie van plan om so ver as Hititatalongway te skiet nie. Op 600 werk hy goed.
Kos seker nou al ± R4500.00. Kon myne ook biliker kry.
Re: NIKON 1000AS
Posted: Thu Oct 03, 2013 1:20 pm
by tripodmvr
Die Nikons gegoogle en prys by optics planet vir die 1000 jagtersweergawe is 280 dollar.
Re: NIKON 1000AS
Posted: Thu Oct 03, 2013 2:10 pm
by Jean Marais
Ek het ook een, en is sover baie tevrede met hom. Range vinnig, en akkuraat. Die gradient van die hoek is ook handig.
Re: NIKON 1000AS
Posted: Thu Oct 03, 2013 2:20 pm
by johans
die gegewens se hy range 900m,maar dis seker n berg.kos nuut nou r4500.ek kan n 2dehandse een wat nouuit gebruik is nie kry vir r3000

Re: NIKON 1000AS
Posted: Thu Oct 03, 2013 2:24 pm
by PWV
johans wrote:die gegewens se hy range 900m,maar dis seker n berg.kos nuut nou r4500.ek kan n 2dehandse een wat nouuit gebruik is nie kry vir r3000

As hy werk, is dit 'n goeie koop!! Gaan sekerlik nie gou weer so 'n kans kry nie.
Re: NIKON 1000AS
Posted: Thu Oct 03, 2013 2:27 pm
by Jean Marais
Ek stem met oom PW saam.
Re: NIKON 1000AS
Posted: Thu Oct 03, 2013 4:10 pm
by Lamtjop
Johan.
Ek het een en hy werk lekker, maar sy kruisie verlig vanself as dit donker word en dan maak hy n vreeslike "glare" terug in jou oog. So as jy nie jou spotlight op vol sterkte gebruik nie sien jy net die kruisie binne rangefinder en niks anders nie, dis soos n verligte kruishaar van n scope wat te bright is. Maar vir die dag werk hy lekker.
Re: NIKON 1000AS
Posted: Fri Oct 04, 2013 7:53 am
by Pvdw
R3000!! Vat hom!!
Peet
Re: NIKON 1000AS
Posted: Fri Oct 04, 2013 9:21 pm
by vossie1
Ek het ook een en hy werk lekker maar dis maar soos enige ding,oefen oefen oefen,jy moet n steady hand he anders sal leica ook nie vir jou werk nie.
Re: NIKON 1000AS
Posted: Fri Oct 04, 2013 9:46 pm
by Beer (Christo)
Ek het ook een. Ek dra hom nie regtig altyd by my nie. Het lanklaas in omstandighede gejag wat RF ver eis, maar hy werk vir my. Ek bewe net partykeer te veel