Page 1 of 1

Mauser m98.

Posted: Sat Nov 27, 2010 12:52 pm
by molopohunter
Ek het n mauser m98 ge-erf by my oudste broer, nuwe geweer, maar kry nie eers op mauser se site inligtig oor die geweer nie.
Die geweer laai soos die blaser r8/r93, sy grendel knop sit net voor waar die blasers agter is.
Het enige iemand vir my "stats & info" op die geweer?
Ek kry net info oor die k98.

Re: Mauser m98.

Posted: Sat Nov 27, 2010 2:17 pm
by 243Songdaug
Het nou dag op Upington ook 'n man met so 'n geweer sien skiet. 

Toe ek vra of dit 'n Blazer is se dis 'n M95. 

Sal bietjie by Kalahari Sands Vzrminting hoor - hy het al saammet Pieter gejag, miskien weet hy bietjie meer?

Groete.
Jaco

Re: Mauser m98.

Posted: Sat Nov 27, 2010 2:32 pm
by Francois Marais
Molopo

Jou geweer is heel waarskynlik n Model 96, davandaan die M. Kyk hier............

http://www.mauser.com/index.php?id=163&L=1
http://www.mauser.com/index.php?id=164&L=1
http://www.mauserwaffen.de/index.php?id=185&L=1

Nie veel nie, kry ook nie regtig nog inligting nie, die design was nie rerig gewild nie, en is deur die 03 en nuwe 98 aksies vervang.

Mooi loop
Francois

Re: Mauser m98.

Posted: Sat Nov 27, 2010 2:49 pm
by molopohunter
Francois, dankie. Myne lyk soos daai 97, maar staan groot m98 op die loop.
Ek geniet hom baie, maar sy swak punt is dat mens nie sommer in die skouer kan laai nie.
Die aksie is bietjie ver vorentoe om gemaklik by te kom, mens kan maar dis n strek, veral op spoed skiet oefening.

Re: Mauser m98.

Posted: Wed Jul 25, 2012 3:22 pm
by virgildonatifan
Voor ek 'n nuwe thread oopmaak gaan ek sommer vinnig op die ene vra aangesien my vraag oor die M98 is.
Wat prys die Mauser M98 deesdae indien mens een nuut wil koop? Ek het op 'n paar oorsese forums gelees dat die mense kla dat die prys te hoog is en hulle koop eerder Sako in plek van 'n Mauser