Page 1 of 1

wat gaan aan met die jakkalse?

Posted: Fri Sep 27, 2013 12:31 pm
by cassie_calvinia
skiet julle manne nou?
tewe dragtig? kleintjies?
ek wil volgende week weer ernstig begin

Re: wat gaan aan met die jakkalse?

Posted: Fri Sep 27, 2013 12:36 pm
by Katefbessie
Het verlede saterdag aand 'n teef wat reeds gewelp het geskiet. In die Hekpoort, Magaliesburg area.

Re: wat gaan aan met die jakkalse?

Posted: Sun Sep 29, 2013 8:35 am
by C.J.
Cassie,

Twee stelle laas Maandag aand gekry, ablei tewe se kleintjies is al in die gate. Nog 'n droƫ teef ook gekry, seker helper. Alles in die Oos-Vrystaat. Ander jagter 2 weke terug swaar dragtige teef ook gekry, so die dinge begin beter gaan hier.

Groete,
C.J.

Re: wat gaan aan met die jakkalse?

Posted: Sun Sep 29, 2013 8:44 am
by cassie_calvinia
dis goeie nuus.
soos ek hoor, bars dit maar die jaar

Re: wat gaan aan met die jakkalse?

Posted: Sun Sep 29, 2013 9:05 am
by C.J.
Ja nee, dit was 'n gespook tot hier, maar dit lyk of dit nou beter sal gaan.

Re: wat gaan aan met die jakkalse?

Posted: Mon Sep 30, 2013 11:03 am
by Vaaljas
More manne

Ek en my broer was Vrydagaand uit en het op vier staanplekke geen reaksie gekry , moet se dit kan n man se spoed erg knou . Ons het met die vorige donkermaan darem vier reun jakkies gekry maar die tewe lyk my loop nie hier by ons rond nie , haha .

Bly om te hoor julle se dit sal nou begin beter gaan , gaan more aand weer uit en sal laat weet of n jakkie of twee kon bakkie ry .

groete Vaaljas

Re: wat gaan aan met die jakkalse?

Posted: Mon Sep 30, 2013 11:43 am
by cassie_calvinia
maar die tewe lyk my loop nie hier by ons rond nie , haha .
jou teef sit op die nes, met 6 ander jakkalse

Re: wat gaan aan met die jakkalse?

Posted: Mon Sep 30, 2013 11:51 am
by HUNTERZN
wat werk nou die tyd van die jaar was lanklaas uit in die veld.

Re: wat gaan aan met die jakkalse?

Posted: Mon Sep 30, 2013 1:02 pm
by Vaaljas
Een van die dae moet sy ook begin kos aandra , dan sal ons mekaar weer raakloop... ons het die reun jakkies almal met Jakkals Alleen en Dying jack gekry , meer oortuig dat hulle op die jakalsklank reageer het .

More aand is dit ons en n kat wat gisteraand groot skaap gevang het , het ook blykbaar kleintjies by haar .

groete Vaaljas

Re: wat gaan aan met die jakkalse?

Posted: Mon Sep 30, 2013 7:32 pm
by HUNTERZN
STERKTE HOOP JY KAN HULLE LAAT BAKKIE RY.

GROETE
DRIES

Re: wat gaan aan met die jakkalse?

Posted: Mon Sep 30, 2013 8:09 pm
by hebron
Cassie, hier by ons kry ek nou baie verskillende stadiums; nog klein dragtige tewe maar ook al kleintjies wat 1maand en ouer is.
Werpsels is groot vanjaar, nog nie een teef gekry met minder as 6 kleinhonne nie; as ons nie nou werk maak van hulle nie gaan ons met n oorbevolking vlekkies sit! Dit wil darem lyk of ons weer ook die week beter raak, so jy kan hulle begin pak gee.

Voorspoed en mooiloop
Willem

Re: wat gaan aan met die jakkalse?

Posted: Tue Oct 01, 2013 9:22 am
by cassie_calvinia
hebron wrote:Cassie, hier by ons kry ek nou baie verskillende stadiums; nog klein dragtige tewe maar ook al kleintjies wat 1maand en ouer is.
Werpsels is groot vanjaar, nog nie een teef gekry met minder as 6 kleinhonne nie; as ons nie nou werk maak van hulle nie gaan ons met n oorbevolking vlekkies sit! Dit wil darem lyk of ons weer ook die week beter raak, so jy kan hulle begin pak gee.

Voorspoed en mooiloop
Willem
willem
my teorie vir die goed wat so deurmekaar is, ons skiet te veel enkel jakkalse, en nie altwee nie.
nou, kry hul heel jaar deur nuwe maats, en ek wonder of dit nie hul siklusse begin deurmekaar maak nie

Re: wat gaan aan met die jakkalse?

Posted: Tue Oct 01, 2013 1:36 pm
by hebron
Cassie ek en n jagters-vriend het vanmore ook so redeneer, maar op die meeste plekke waar ek gejag het was nog nie jakkalse gedood met roep+skiet / slagysters vanjaar nie (wetie van gif). Ek dink die seisoen is maar redelik deurmekaar en maak die jakke ook wisselvallig, maar dit is tog redelik standaard dat hulle kleintjies kry van Aug tot laat Okt. November behoort ons darem seker al n paar jonges in die omgewing te kry...

Re: wat gaan aan met die jakkalse?

Posted: Wed Oct 02, 2013 11:59 am
by Vaaljas
Ja manne , moet seker se goeie more maar ek het vir laasnag net n paar rooi oe om te wys van min slaap.... geen reaksie gekry nie , nie kat of jakkies nie , nie eers een het geantwoord nie , lyk my hier in Kimberley is ons nou reg in die middel van die moeilikke tyd..

groete Vaaljas

Re: wat gaan aan met die jakkalse?

Posted: Wed Oct 02, 2013 4:45 pm
by cassie_calvinia
vaaljas
ek wil nie vir jou sleg hoop gee nie, maar die term maklike tyd kan ons jakkals jagters maar vergeet van. dit bestaan nie meer nie. moeilike tyd, 24/7/365!
hier is wat selfs hul kern gebiede verander het.

Re: wat gaan aan met die jakkalse?

Posted: Wed Oct 02, 2013 6:37 pm
by Dawie
Net so 'n taalkundige regstellingtjie...

Daar was nog nooit iets soos "maklike tyd" nie, dis "makliker tyd" met 'n "R" op die einde

In Heinrich se roepmetodes.......

"Territoriale tyd (Middel Julie tot Middel September)(Makliker tyd):"

Makliker beteken nie maklik nie, net makliker as moeilik

En hier by ons is dit noggie maklik of makliker nie :P

D

Re: wat gaan aan met die jakkalse?

Posted: Wed Oct 02, 2013 7:30 pm
by cassie_calvinia
daaf
die makliker tye, is its wat ons vir ons kleinkinders gaan vertel, eens op 'n tyd

Re: wat gaan aan met die jakkalse?

Posted: Thu Oct 03, 2013 11:03 am
by Vaaljas
Dankie manne , sorry dat ek dit laat klink het of dit gaan maklik gaan , dan lieg ek darem ook , is soos julle se , dalk makliker maar nogsteeds kan ek nie wag vir die ' makliker tyd " nie want die jakkies wen die een rondte na die ander.........daai 63 gaan maar moeilik op 100 kom as hulle nie nou begin gesig wys nie .

groete Vaaljas

Re: wat gaan aan met die jakkalse?

Posted: Thu Oct 03, 2013 11:13 am
by cassie_calvinia
nee wat ou vaaljas, ek speel maar sommer. die jaar moet ons ander resep kry

Re: wat gaan aan met die jakkalse?

Posted: Thu Oct 03, 2013 12:09 pm
by Vaaljas
Nou praat jy !!! , laat weet as jy nuwe planne het wat werk , ons sal moet koppe bymekaar sit , een van dae val hulle hopenlik weer op reelmaat....

Vaaljas