10 ha intensief boer

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

10 ha intensief boer

Post by cassie_calvinia »

ek het nie baie water nie. maar het 10 ha wat ek kan natmaak. redelik genoeg water.
nou, as ek 10ha, goed voorberei, en lusern plant. maak 10, 1ha kampe, of 5, 2ha kampe.
lam my ooie op rotasie, en, die lusern wat ek gesny het, skuif ek lammers uit na voerkraal. span nog so paar ha toe met ordentlike jakkalsproef.
speen so gou as kan, en skuif die ooie veld toe, maak lammers groot.
hoefeel ooie sal ek kan laat lam op so stukkie grond?
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 10 ha intensief boer

Post by tripodmvr »

Daar was 'n baie goeie artikel oor boer wat dieselfde beginsel op 100 hektaar doen in een van die onlangse landbouweekblaaie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: 10 ha intensief boer

Post by cassie_calvinia »

tripodmvr wrote:Daar was 'n baie goeie artikel oor boer wat dieselfde beginsel op 100 hektaar doen in een van die onlangse landbouweekblaaie.
sal opsoek.
ek wil weet of dit die moeite werd gaan wees.
want dit gaan baaaie geld wees om als reg te kry
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 992
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm

Re: 10 ha intensief boer

Post by Kallie Fernhout »

Cassie een van my beste vriende het dit nou gedoen hy boer op williston. as ek reg is het hy druppers ondergrond gele pomhuis alles netjies al klaar opgesit en dus ook so plus minus 8-10ha
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: 10 ha intensief boer

Post by cassie_calvinia »

ek is net raadop. in die veld kan ek die doner weet nie meer lam nie.
lam die ooi, speen vroeg. maak sommer kruipvoeding krale by.al haal jy net 1 sny af, dan is dit amper genoeg op 'n hele spul lammers mark reg te kry.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: 10 ha intensief boer

Post by 375fanatic »

cassie_calvinia wrote: hoefeel ooie sal ek kan laat lam op so stukkie grond?
Cassie dis n moelike vraag vir ons suid Afrikaners maar ek sal vir jou n paar Aussies se mail adresse stuur hulle verstaan daai job :laugh:
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 10 ha intensief boer

Post by tripodmvr »

Jammer, het nie besef ek het ou landbouweekblad gekry nie. Artikel is oor 5 000 ooie op 160 hektaar grond (30 per hektaar) en was in tydskrif van 5 Julie 2013.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: 10 ha intensief boer

Post by cassie_calvinia »

tripodmvr wrote:Jammer, het nie besef ek het ou landbouweekblad gekry nie. Artikel is oor 5 000 ooie op 160 hektaar grond (30 per hektaar) en was in tydskrif van 5 Julie 2013.
300 skaap, dink ek nie dis die moeite werd.
maar, boer hy, of lam hy net. as ek die lamer ooie vining kan swaai, sal ek meer kan doen.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 10 ha intensief boer

Post by tripodmvr »

Gaan na www.landbou.com en tik bo die datum in. Nou kan jy die tydskrif kies en dan die artikel. Copy die hele ding en paste dit op Word of in Wordpad. Nou kan jy dit op jou tyd lees of uitdruk.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: 10 ha intensief boer

Post by Foxcreek »

Cassie, ek dink jy sal 'n goeie antwoord kry vir jou plan as jy die vraag by "Vra vir Faffa" pos, op Landbou.com. Daai ouens sal 'n ekspert kry om jou vraag te antwoord. Hulle ken van.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: 10 ha intensief boer

Post by wlm »

Cassie
Die beste persoon om raad te vra in S.A. is Dr. Jasper Coetzee.
Jasper Coetzee [jasperco@iafrica.com]
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: 10 ha intensief boer

Post by cassie_calvinia »

wlm wrote:Cassie
Die beste persoon om raad te vra in S.A. is Dr. Jasper Coetzee.
Jasper Coetzee [jasperco@iafrica.com]
dankie
ek gesels met hom
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: 10 ha intensief boer

Post by Pvdw »

Cassie ek boer nou wel nie maar sal graag hier volg wat jy toe kon uitvind.

Peet
User avatar
Jacquesb
Hero Member
Hero Member
Posts: 1241
Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am

Re: 10 ha intensief boer

Post by Jacquesb »

Daar was ook 'n jaar of 2 terug 'n artikel in LBW van 'n vrou wat met bokke (dink dit was Kalahari Reds, maar kon ook rooikoppe wees) so intensief geboer het. Volgens die artikel baie suksesvol.

Sterkte, hoop hy werk mooi vir jou, Cassie!

Groete
Jacques
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 10 ha intensief boer

Post by tripodmvr »

LBW, 5 Julie 2013
Voorblad: Mnr. Andries Pienaar van Colesberg vertel hoe hy dit met 'n unieke weistelsel regkry om met 5000 Merino-ooie op 160 ha aangeplante weiding onder spilpunt te boer en elke jaar gemiddeld 10000 lammers kry. Foto: ANDRIES GOUWS
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Doepie01
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm

Re: 10 ha intensief boer

Post by Doepie01 »

Cassie

Met wat se ras wil jy dit doen? Hoeveel water het jy? Wil jy deur die jaar die lande benut of net tydens die somer maande?

Lusern het so ongeveer 80mm water/week nodig. Ek glo ook dat jy weet dat lusern maar redelik onaktief in die winter is en nie regtig gebruik kan word nie.

Baie ouens lieg oor die drakrag van weiding maar my ondervinding het geleer dat as jy weidings op n permanente grondslag wil benut kan jy werk op so 30 tot 40 ooie/ha. Op jou rotasie metode sal jy natuurlik meer ooie kan aanhou, afhangend van die gewas wat jy wil vestig.

Ek het dieselfde probleem met my lammery as jy en gebruik ook lande om my lam % op te stoot. Praat maar as ek kan help. Ook maar dom maar ek glo ek het al ietsie geleer.

Groete
Doepie
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: 10 ha intensief boer

Post by cassie_calvinia »

doep.
mowwe.
dit is net vir lam,m in diie somer maande. en, my plan mom voerkraal ook te gebruik, kan ook help
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 10 ha intensief boer

Post by tripodmvr »

Aangeplante weiding vir skape
Vraag:
Ek wil graag meer uitvind oor aangeplante weiding vir skape. Inligting soos bv. soorte saad om te saai, tyd van die jaar om dit te saai, hoeveelheid saad per vierkante meter, hoeveelheid skaap per vierkante meter, word benodig. Enige inligting sal baie welkom wees. Baie dankie.
Antwoord:
Skakel met een van die verteenwoordigers van 'n plaaslike saadmaatskappy [bv. Agricol
(021 – 9811126) of Pannar (056 - 2163000)] om die beste weidingsmengsel vir jou spesifieke omgewing en grondtipe te kry. Uit 'n voedingsoogpunt verkies ons 'n permanente gras/klawerweidingsmengsel. Skakel ook met verteenwoordigers van 'n kunsmismaatskappy [bv. Yara (011 – 3172000 of 021 - 8775300)] oor die bemestingsriglyne.

Hoewel hierdie weidings sekere tye van die jaar 'n baie hoë drakrag het, byvoorbeeld in die lentemaande wanneer die weiding baie vinnig en aktief groei, is daar sekere tye (bv. as dit baie warm of baie koud is) wat die drakrag laer is. 'n Konserwatiewe aanbeveling is ongeveer 25 tot 30 ooie per hektaar per jaar. Oortollige weiding, byvoorbeeld in die lentemaande, kan benut word deur die ooie gedurende daardie tyd te laat lam. Gedurende hierdie tyd kan eie en aangekoopte lammers ook gebruik word om die oortollige weiding te benut deur hulle daarop af te rond. Aangeheg is 'n proef wat in die verband in die Jamestown-omgewing gedoen is.

Ooie word 'n Maxiwollek (250 kg Voermol Maxiwolkonsentraat + 200 kg gemaalde mielies + 50 kg sout) gedurende laatdragtigheid (300 tot 400 g/ooi/dag) en gedurende laktasie (400 tot 500 g/ooi/dag) op aangeplante weiding gevoer. Dit is hoogs aanbeveel om eenkant droë ruvoer addisioneel by te voer om die ooie se melk se bottervetpersentasie te verhoog wat die lamgroei sal versnel. Aangesien hierdie weiding duur is, moet die lammers so vroeg moontlik gespeen word. Lammers moet daarom 'n kruipvoermengsel (150 kg Voermol
SS 200 + 150 kg Voermol Procon + 80 kg gemaalde mielies + 625 kg gemaalde mielies) ad lib. gevoer word. Lammers kan sodra hulle 25 kg bereik, gespeen word en dan op die weiding met Voermol Superlamkorrels of 'n Molovite-mengsel (50 kg Voermol Molovite + 50 kg gemaalde mielies) vir die slagmark afgerond word.

Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)

17 Oktober 2010
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: 10 ha intensief boer

Post by cassie_calvinia »

so dit lyk as jy skaap laat lam, 25-30.
ek het vir hom 'n mail gestuur. sal laat weet wat hy se
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Geurt
Newbie
Newbie
Posts: 30
Joined: Sat Aug 10, 2013 2:13 pm

Re: 10 ha intensief boer

Post by Geurt »

Gaan grawe so bietjie op Voermol se web bladsye. Die artikel is redelik insiggewend en jy behoort meeste antwoorde op vrae daaruit te kan kry.

Die duur ding van die hele voer-produksie besigheid is die koste vir besproeiing, beide kapitaal investering en loop koste (energie)). Onthou dat vloed is altyd die goedkoper opsie en as dit reg beplan word, kan dit doeltreffend genoeg wees dat jy omtrend dieselfde oppervlak kan besproei en dan natuurlik geld spaar betreffende energie.
Last edited by Geurt on Fri Sep 27, 2013 9:46 am, edited 1 time in total.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: 10 ha intensief boer

Post by cassie_calvinia »

ek het inelkgeval nie Eskom nie. so vloed is al opsie. maar, land moet gelaser word. anders mors jy water
HOU HOM DAAI DIKTE
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: 10 ha intensief boer

Post by Danie01 »

Cassie,

My pa boer met skaap op lusern en jy kyk na 25 tot 30 per hektaar. Lusern word maar deur die skaap getrap en ons wissel maar tussen die kampe vir verskeie redes. In wintermaande gebruik ons kuilvoer of ander weiding, maar soos jy dit wil werk en jou ooie net daar wil laat lam sal jy meer kan aanhou per hektaar en in die winter kan jy die veld gebruik.

Ons het aanvanklik net ons ou ooie van karoo afegbring en hul het op besproeiing weer een of twee maal kom lam waar hul nie in veld sou kon nie. Toe die vleispryse reg was en graanpryse nie te goed, kon jy nie die skaap op die weiding of lusern klop nie. Dis net baie intensief deur heeltyd op weiding te boer en te voer en tweebeenjakkalse raak weer die gevaar in die skema.

Dink jy het n wenresep daar!!
Tarzan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Mon Nov 19, 2012 10:23 pm

Re: 10 ha intensief boer

Post by Tarzan »

Ek volg graag
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 10 ha intensief boer

Post by tripodmvr »

Probeer om die artikel van 15 Julie te lees synde dit baie nuttige inligting bevat.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: 10 ha intensief boer

Post by cassie_calvinia »

ek het alweer ander plan.
ek maak die land mooi reg, sny 3 snye per jaar. maar, ek span 'n voerkraal langs my huis, en lam in die voer kraal.
natuurlik met by voiding, en kruip voer. maar, dan het ek die bale, waarmee ek pille maak. gaanbaie beter doen so.
HOU HOM DAAI DIKTE
Post Reply