Dag manne!
Ek wil graag uitvind watter verf ek kan gebruik om my 9mm Beretta Mod92 se romp weer netjies te maak. Die verf het met verloop van tyd 'n klompie krapmerke opgedoen en nou sit die aluminium strepe daar.
Sal ek dit maklik genoeg self kan aanpak of is dit 'n werk vir die "pro's"?
Groete,
Sprinkaan
9mm Beretta Mod92 verf
- JTM
- Hero Member

- Posts: 1691
- Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Re: 9mm Beretta Mod92 verf
Ek hou van die Cerakote verf afwerking. Dit is duursaam en lyk heel goed, maar ek dink dis beter dat 'n profesioneel die job aanvat.
http://www.hydro-graphics.co.za/Cerakot ... akote.html
http://www.hydro-graphics.co.za/Cerakot ... akote.html
Jannie Welman
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: 9mm Beretta Mod92 verf
My Cz 75 het 'n klomp stukke verf af gehad. Ek het toe besluit om al sie verf af te haal. Ek het dit verhit(65-70 gradeC) en dan met 'n lem afgekrap. Ek het toe die afwerking met 1000 en toe 2000 skuurpapier gedoen. Toe koop ek van die Brownel's gun blue(so groen vloeistof) en blue dit. dit het baie mooi uitgekom.
-
ALM
- Newbie

- Posts: 22
- Joined: Fri Jul 12, 2013 2:07 pm
Re: 9mm Beretta Mod92 verf
Dankie JTM en Piet; ek sal die manne daar 'n lui gee en hoor watter tipe ponde hulle gaan vra.
Alec, ek het dit destyds probeer; net om later die fynskrif in die voubiljet te lees wat lees: "Use only on non-corrosion resistant metals" of iets in die lyn. Ek het dit wel op die loop gebruik, want die is van staal en dit het darem goed gewerk.
Ek het al gewonder ook hoe gewone swart "tractor paint" sal werk as ek dit sou gebruik? Die verf is redelik krap-bestand en duursaam. 'n Mense kan ook 'n growwer of 'n gladder afwerking kry afhangend van hoe jy die verf aanwend met die sproeikop.

vossie1
- Hero Member

- Posts: 2106
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: 9mm Beretta Mod92 verf
JTM is daai Arthur se pistool hy het my gebel en gese hy gaan hom ceracote.