Page 1 of 1
Skok halsband vir honde.
Posted: Wed Nov 24, 2010 8:59 pm
by baboonstalker
Ouma het dit goed gedink om vir die kinders weer elkeen 'n muisvanger persent te gee, maar nou kom die moeilikheid....
My boxer hond hou nie van katte nie, en die vorige stel muisvangers het lelik deurgeloop onder hom. Ek het hulle 'n keer of wat laat opfix en kakebene moes met draad geheg word ens, maar ek is nie bereid om geld te spandeer op 'n kat as hy minder as 2 lewens oor het nie, en het maar na die laaste aanval self die loodpilletjies toegedien.
Ek sal hierdie treurmare graag in die toekoms wil voorkom en het gedink die shock collar moet sommer saam met die katte by die huis aankom, net tot mr. boxer weet di? katte is nie te ete nie.
Weet julle dalk waar mens van die skokhalsbande met 'n remote in die hande kan kry?
Re: Skok halsband vir honde.
Posted: Wed Nov 24, 2010 9:02 pm
by Jagtersdok
Baboonstalker
Jy kan op Ebay koop. Daar is plek in China waar ek myne gekoop het baie baie goedkoop en hy werk.
Re: Skok halsband vir honde.
Posted: Wed Nov 24, 2010 9:37 pm
by Jagtersdok
Re: Skok halsband vir honde.
Posted: Wed Nov 24, 2010 9:46 pm
by Stefan764
Haai nee sies boys. Skiet eerder die kat vrek.
Stef
Re: Skok halsband vir honde.
Posted: Wed Nov 24, 2010 10:40 pm
by baboonstalker
Dankie Dok,
Hoe lank het jou collar gevat om hier te land?
Stef, Het jy al 'n bokser van 'n kat af probeer trek?
Ons was 3 mans wat hom gepak het, ek sy neus (effe hardhandig)toegedruk om hom te forseer om sy bek oop te maak vir asem, terwyl 2 ander manne hom gemoer het, eers 'n emmer water direk in die gesig en toe los hy vir net 'n breukdeel van 'n sekonde. (kat was toe al goed moertoe. 'n ander keer het my vrou net by die huis gestop toe die kat op die bonnet spring (dit is mos lekker warm daar) bokser spring toe ook maar op en dop die kat sommer net daar op die kar om, nodeloos om te s? die ander 3 "huisdiere" was effe histeries binne in die kar!
Jy is reg, skiet is miskien die mees "humane" ding om met die katjies te maak!
Re: Skok halsband vir honde.
Posted: Thu Nov 25, 2010 8:42 am
by Jagtersdok
Die collar was so in 10dae hier.
Re: Skok halsband vir honde.
Posted: Thu Nov 25, 2010 8:52 am
by Rasmus
Ek hou nie van katte nie...........
As die bokser weer die katte skraap stuur die rekening vir skoonma.........................

Of die kat se oorskot
Grap net maar ek hou regtig nie van katte nie!
Re: Skok halsband vir honde.
Posted: Thu Nov 25, 2010 8:54 am
by Jagtersdok
Rasmus
Ek stem, ek hou ook nie van katte nie. Die goed pis altyd oral
Re: Skok halsband vir honde.
Posted: Thu Nov 25, 2010 8:55 am
by Rasmus
Dok
Op wat se hond gebruik jy dit? Ek is self lus om vir my GSP een te kry. As my hek oop wil hy uit. Die moeilikheid is ek kan hom nie roep en dan slaan of raas nie. Hy sal n negatiewe konnektasie kry met roep en kan dalk nie kom as ek hom roep in die veld nie.
Laat weet asb.
Re: Skok halsband vir honde.
Posted: Thu Nov 25, 2010 9:25 am
by Geno
Rasmus wrote:
As my hek oop wil hy uit.
Ek het al iewers gesien jy kry 'n halsband met sensors wat jy by jou hek sit. Sodra woefster die "lyn" kruis, word hy geknyp.
Sal bietjie soek en 'n link opsit.
Re: Skok halsband vir honde.
Posted: Thu Nov 25, 2010 9:27 am
by Geno
Re: Skok halsband vir honde.
Posted: Thu Nov 25, 2010 10:31 am
by baboonstalker
ek hou nie van katte nie...........
As die bokser weer die katte skraap stuur die rekening vir skoonma......................... Of die kat se oorskot
Grap net maar ek hou regtig nie van katte nie!
Ek is self nie 'n kat mens nie, maar solank hulle buite bly en die muise en slange om die huis kan beheer leef ons saam.
Bokser kan hulle ook "tolerate", maar as kat sy rug draai en hardloop, dan is daai bokser se briere af!
Dankie vir die raad, ek sal kyk of ek een in die pos kan kry.
Pieter
Re: Skok halsband vir honde.
Posted: Thu Nov 25, 2010 11:03 am
by Stefan764
baboonstalker wrote:
Ek is self nie 'n kat mens nie, maar solank hulle buite bly en die muise en slange om die huis kan beheer leef ons saam.
Pieter
n Jack Russel is enige Rot/Muis se nagmerrie. Van slange weet ek nie so lekker nie, maar as ek daai Boesman van my se hart nou reg opsom het n ou addertjie ook nie n
KAT se kans nie!
Cheers
Stef
Re: Skok halsband vir honde.
Posted: Thu Nov 25, 2010 1:15 pm
by Jagtersdok
Jy kry hulle vir verskillende grootte honde. Die ding het interchangable prongs ook vir as jy nou 'n langhaar gedroggie wil leer.
Jy kry ook een wat hulle piets as hulle blaf hahaha
Re: Skok halsband vir honde.
Posted: Thu Nov 25, 2010 1:23 pm
by baboonstalker
As 'n hond nie mag blaf nie kan jy mos maar 'n kat ook aanhou? Ek was eenmaal by iemand op Stellenbosch en daar is toe die miniatuur doberman (bokkie hondjie), jy weet die goed wat jou altyd aan die hakskeen wil byt as jy wegstap. Die hond is toe ook so hier hyg-hyg om my enkels, maar ek vat hom nie kop toe nie, want hy is seker opgewonde en asmaties. Dit draai toe uit die hond se stembande is verwyder sodat hy nie kan blaf nie.... nou daai is nie vir my baie vars nie! Die moster kon my mos gebyt het, en sonder waarskuwing!

Re: Skok halsband vir honde.
Posted: Thu Nov 25, 2010 2:22 pm
by raychell
Kan die ding met 'n afstandbeheer werk ,wil die hond net skok as hy vir my bakkie blaf
Re: Skok halsband vir honde.
Posted: Thu Nov 25, 2010 2:24 pm
by Jagtersdok
Jip hy werk met remote. Hy het selfs 2 settings. Hy lui so klokkie en dan byt hy. Ander knoppie is net klokkie. So as die hond dit hoor is hy gekondisioneer om te doen wat hy met die klokkie vereenselwig.