Page 1 of 5

My Mes projekte

Posted: Mon Sep 16, 2013 10:19 am
by Dries101
Moet bieg ek het lanklaas n mes gemaak, hier is my laaste een wat ek gedoen het.
Rietveld random Damascus Hunter, met Kameelperdbeen handvatsel, mosaic pin en brass bolsters- Grafeer werk is deur Helene van Wyk gedoen. So paar foto's

Re: Mes projek

Posted: Mon Sep 16, 2013 10:21 am
by Dries101
"The tools of the trade" soos mens nou sal se

Re: Mes projek

Posted: Mon Sep 16, 2013 10:23 am
by VdWalt
Baie mooi.

(Daai helse ketting???)

Re: Mes projek

Posted: Mon Sep 16, 2013 10:25 am
by Dries101
VdWalt wrote:Baie mooi.

(Daai helse ketting???)
he he. Dat daai aambeeld nie omval of skuif nie- en hy maak die klank dood sodat my buurman nie sy kop verloor 7uur op n Saterdag oggend nie

Re: Mes projek

Posted: Mon Sep 16, 2013 10:30 am
by Dries101
Small Hunter gemaak uit 5160

Re: Mes projek

Posted: Mon Sep 16, 2013 10:32 am
by Dries101
Verkleinde skaal Wolhuter mes Sandvik 12c, Rhodesian teak handvatsel

Re: Mes projek

Posted: Mon Sep 16, 2013 11:38 am
by musgrave270
Dries101 wrote:Moet bieg ek het lanklaas n mes gemaak, hier is my laaste een wat ek gedoen het.
Rietveld random Damascus Hunter, met Kameelperdbeen handvatsel, mosaic pin en brass bolsters- Grafeer werk is deur Helene van Wyk gedoen. So paar foto's
As ek eendag groot is wil ek vir myself so 'n Damascus mes aanskaf. Darm maar mooi.

Re: Mes projek

Posted: Mon Sep 16, 2013 6:51 pm
by DWB
Hmmm Dries,

Jy is slimmer as wat jy lyk ;D

Mooi messe

Re: Mes projek

Posted: Mon Sep 16, 2013 6:57 pm
by Dries101
DWB wrote:Hmmm Dries,

Jy is slimmer as wat jy lyk ;D

Mooi messe
Jy moet mooi speel ne, jy praat jouself vinnig uit n mes uit wanneer ons eendag gaan varke jag

Re: Mes projek

Posted: Mon Sep 16, 2013 6:58 pm
by Beretta
Wat prys so n Wolhuter mes
Beretta

Re: Mes projek

Posted: Mon Sep 16, 2013 7:21 pm
by Dries101
Beretta wrote:Wat prys so n Wolhuter mes
Beretta
Kyk toe ek laas van hulle gemaak het so R800 as ek reg onthou, maar verkoop nie meer nie- probeer dit vir myself " fun" hou , het met n jaar waglys gesit en om dit te doen deeltyds, en die vrou en kind soortvan aandag te gee het nie gewerk nie. Ek maak so 3-6 messe n jaar nou vir geskenke en sulke goed. As die kleinding groter is sal ek weer erenstig begin maak.

Re: Mes projek

Posted: Mon Sep 16, 2013 7:27 pm
by DWB
Dries101 wrote:
DWB wrote:Hmmm Dries,

Jy is slimmer as wat jy lyk ;D

Mooi messe
Jy moet mooi speel ne, jy praat jouself vinnig uit n mes uit wanneer ons eendag gaan varke jag

Hehehehehe, Sorry, sal nie weer nie :D

Ons sal daai varkjag maar vinnig moet reel, ek stuur solank 'n foto van waarvan ek hou :D :D :D :D :laugh: :laugh: :laugh:

Re: Mes projek

Posted: Mon Sep 16, 2013 7:56 pm
by Beretta
Dit is nou slegte nuus dit is werklik een besonderse mes. Een van die min hand gemaak te messe wat my werklik facinate. Wat was die oorspronklike mes se groote gewees. Nie eers n blond maak my so opgewonde soos n mooi mes nie ;D ;D ;D.
Beretta

Re: Mes projek

Posted: Mon Sep 16, 2013 8:04 pm
by Dries101
As ek reg onthou- het die mates hier erenster was hy so 28 cm maar eks dallk bietjie af die kleinkie is presies skaal maar so 21 cm. probleem met skaal is die handvatsel vir my is so 1 cm te kort waar dieregte een perfek pas- die groot een is nie prakties tensy jy n kaaswinkel het of leeus wil doodmaak nie

Re: Mes projek

Posted: Tue Sep 17, 2013 9:41 pm
by theedge
Baie netjies maat

Re: Mes projek

Posted: Wed Sep 18, 2013 8:11 am
by Eugene
Dries101 wrote:
Beretta wrote:Wat prys so n Wolhuter mes
Beretta
Kyk toe ek laas van hulle gemaak het so R800 as ek reg onthou, maar verkoop nie meer nie- probeer dit vir myself " fun" hou , het met n jaar waglys gesit en om dit te doen deeltyds, en die vrou en kind soortvan aandag te gee het nie gewerk nie. Ek maak so 3-6 messe n jaar nou vir geskenke en sulke goed. As die kleinding groter is sal ek weer erenstig begin maak.
Dries, laat weet dan maar wanneer die kleinding groter is, dat ek my naam op daai waglys kan kry... ;)

Re: Mes projek

Posted: Wed Sep 18, 2013 9:28 am
by Dries101
Eugene wrote:

Ek maak so.

Re: Mes projek

Posted: Wed Sep 18, 2013 9:29 am
by Dries101
N690- met Kameelperdbeen handvatsel, mosaic pins en swart beesleer skede

Re: Mes projekte

Posted: Wed Sep 18, 2013 11:35 am
by Johan Nel
Dries,
Van die fotos wat die aambeeld en die oondjie aandui lei ek af dat jy jou eie damaskus staal maak, of is dit vir staal temper?

Re: Mes projekte

Posted: Wed Sep 18, 2013 11:40 am
by Beretta
Dries
Jy kan jaar mes maak dit lyk baie goeg kan so paar van daardie bene kry het so n mooi paar tande ook ek dink dit is n stuk ivoor wat ek ook het.
Beretta

Re: Mes projekte

Posted: Wed Sep 18, 2013 12:11 pm
by Dries101
Johan Nel wrote:Dries,
Van die fotos wat die aambeeld en die oondjie aandui lei ek af dat jy jou eie damaskus staal maak, of is dit vir staal temper?
Hi Johan- nee gewoonlik vir Damascus gebruik mens dieselfde tipe oond maar hy het 2 burners aangesien mens meer hitte nodig het om die lae staal te weld. Ek gebruik die oond net vir forge werk op hoe koolstof staal en natuurlik om die staal te, temper , anneal en te verhard

Re: Mes projekte

Posted: Wed Sep 18, 2013 1:23 pm
by Johan Nel
Dries, dankie vir die terugvoer. Dis 'n baie interessante stokperdjie wat jy bedryf. Ek vind dit nogal fasinerend. Ek het nou al telkemale oorweeg om 'n kursus by te woon om te leer messe maak, ook maar suiwer vir die lekkerte. Ek het net nog nie tot uitvoering gekom nie. Ek stem saam met Beretta en die ander manne wat kommentaar gelewer het, dat jou messe pragtig is. Messe en gewere, dis mos maar goed wat manne se hartsnare roer.
Daai skaalmodel van die Wolhutermes is natuurlik baie mooier en 'fancier' as die oorspronklike mes. Ek het in 'n artikel gelees dat Wolhuter die betrokke mes iewers gegaps het so in die verbygaan. Later jare toe hy in Engeland besoek afgele het het hy die vervaardigers van die produk se vertoonlokaal besoek en toe aan een van die personeellede vertel dat een van hulle messe gebruik is om ' leeu dood te maak. Die man wou hom toe nie glo nie, en het gedink hy skeer die gek met hom.

Re: Mes projek

Posted: Wed Sep 18, 2013 1:31 pm
by Jakkalsgat
Dries

Baie mooi messe die.

Beretta wrote:Dit is nou slegte nuus dit is werklik een besonderse mes. Een van die min hand gemaak te messe wat my werklik facinate. Wat was die oorspronklike mes se groote gewees. Nie eers n blond maak my so opgewonde soos n mooi mes nie ;D ;D ;D.
Beretta
En as sy lelik sit?

Re: Mes projekte

Posted: Wed Sep 18, 2013 1:40 pm
by henried
Hier is die 2 tips....

Re: Mes projekte

Posted: Wed Sep 18, 2013 1:51 pm
by Dries101
henried wrote:Hier is die 2 tips....
yes dit neels se goed daai- het seker vir 5 jaar saam met hom gewerk by Media24- beste op die mark in my opinie