Page 1 of 1

Aangename Kennis

Posted: Wed Sep 11, 2013 7:52 pm
by Langeraat
Nou ja ek moet my maar seker voorstel soos goeie maniere betaam. Ek is Drinus de Lange vanaf die Blou Bul hoofkantoor (en dom-astrand trots daarop ;D).

Ek jag nou wel nie van kleins af nie maar die gogga het so klompie jare gelede gebyt en ek het al so 13 winters se geleentheidsjag agter die rug, ek moet se ek soek darem redelik gereeld na 'n geleentheid. :laugh:

Ek het nou ook my visier begin stel op boogjag en voeljag en ek wil ook begin met die herlaai ding.

Soos julle kan sien het ek dus nog baie om te leer en mens is nooit te oud om te leer nie. Die forum lyk na net die regte plek om inligting te bekom.

Dankie dat ek mag deelmaak en hoop dat ek ook eendag 'n bydrae kan lewer.

Groetnis.

Re: Aangename Kennis

Posted: Wed Sep 11, 2013 8:35 pm
by jamalley
Welkom ek hoop jy geniet dit hier, ja jy moet sommer dadelik leer om die regte span te ondersteun -Cheetahs - hahaha

Re: Aangename Kennis

Posted: Wed Sep 11, 2013 9:33 pm
by MichielC
Welkom langeraat !

Hier gaan jy beslis baie leer

Re: Aangename Kennis

Posted: Wed Sep 11, 2013 9:50 pm
by PWV
Welkom op die Forum, Langeraat.
Dis nog nie te laat om jouself te bekeer nie, maar die stigma van die Blou Bul sal maar altyd aan jou kleef ::) ::)

Re: Aangename Kennis

Posted: Thu Sep 12, 2013 7:37 am
by Smiley
Baie welkom Langeraat, moet jou nie steur aan die ander se jaloesie, oor jou wyse keuse van ondersteuning nie. Op die forum skreeu ons vir dieselfde span, JAG en alles wat daarmee gepaard gaan. Geniet dit.

Re: Aangename Kennis

Posted: Thu Sep 12, 2013 8:15 am
by Riaan Beeslaar
Langeraad, welkom hier in ons geledere en daar is absoluut niks fout met jou span keuse nie

Re: Aangename Kennis

Posted: Thu Sep 12, 2013 11:14 am
by Langeraat
Nee, ek sien die kompetisie gees loop nog hoog onder die manne soos dit hoort maar soos Smiley se gaan dit hier oor JAG en verwante dinge so ons gaan nie dat rugby ons pootjie nie. ;D

Dankie vir die verwelkoming en reguit skiet.