Die "FOOL" agter die "TOOL"?

Post Reply
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Die "FOOL" agter die "TOOL"?

Post by PWV »

Ek skiet vandag op die baan. Klompie rondtes oor waarmee ek verlede Woensdag uitstekend geskiet het. Wil vandag net beter doen. Sit twee teikens op en die chrono in posisie.
Eerste vyf skote Spoed wissel van 2731 tot 2740, maar die goepering!! Pateties!
Ek praat met Marius wat langs my sit. Vertel hom van verlede Woensdag en wys hom vandag se resultate.
"Oom, pak alles van die tafel af en begin jou geweer-russe van voor af opstel."
Ek dink by myself dat dit nou die simpelste raad is wat ek nog gekry het, maar ek luister.

Toe die bevel kom dat ons weer kan skiet, pak ek die operasie baie huiwerig aan, maar probeer alles reg doen. Vyf skote. Behalwe vir die een wat bietjie uitspring, is die ander uitstekend (volgens my norme). Spoed wissel tussen 2728 en 2741.

Hoe dit werk, weet ek nie. Die foto's toon die twee skywe.

Is dit maar net die fool agter die tool?

Groetnis
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
kwagga_1
Newbie
Newbie
Posts: 40
Joined: Sun Mar 17, 2013 8:02 pm

Re: Die "FOOL" agter die "TOOL"?

Post by kwagga_1 »

Hello oom PW,

dit gebeur met my ook, ek skiet 'n groepie in 1 gat en dan daarna probeer ek te hard. Het al gesien as ek bietjie rustig raak en nie so hard konsentreer om goeie groepe te skiet nie skiet ek beter!
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Die "FOOL" agter die "TOOL"?

Post by LUAN »

Neewat Oom glo nie dit kan so erg wees met al jou jare se ondervinding. Het jy nog die tupperware kolf op? Het jy dalk jou pille gevat voor jy die goeie groep geskiet het?:)
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Die "FOOL" agter die "TOOL"?

Post by PWV »

.303 wrote:Neewat Oom glo nie dit kan so erg wees met al jou jare se ondervinding. Het jy nog die tupperware kolf op? Ja. Het jy dalk jou pille gevat voor jy die goeie groep geskiet het?:)
Die bere gaan jou nog verskeur! :-[
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Die "FOOL" agter die "TOOL"?

Post by LUAN »

;D. Ok op n erstige noot. Het Oom nog so groep probeer skiet en kyk vir konstantheid? Seker nie ek reken daai plastiek kolwe neuk mens rond. Hy le dalk net reg vir daardie een groep of soos jy sien die een skoot "gooi" hy. As jy nog so groep skiet na daai een wel dan is dit seker die nut behind the butt. ;)
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Die "FOOL" agter die "TOOL"?

Post by PWV »

.303
Ek sal dit onthou en volgende keer probeer. Op hierdie stadium kan ek egter nie 'n ander kolf bekostig nie.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Die "FOOL" agter die "TOOL"?

Post by LUAN »

Koop n boyds kolf is nie so duur. Julle onderwysers is mos elk geval vol geld. Julle al gesien hoeveel motors besit onderwysers? ;D
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Die "FOOL" agter die "TOOL"?

Post by PWV »

.303 wrote:Koop n boyds kolf is nie so duur. Julle onderwysers is mos elk geval vol geld. Julle al gesien hoeveel motors besit onderwysers? ;D
:laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh:
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2469
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Die "FOOL" agter die "TOOL"?

Post by Nico Harris »

My howa was nooit so akuraat met die boyds soos met die plastic kolf nie- selfs na ek sy aksie laat pak het. Daai hogue kolwe is goed!
User avatar
Alwyn
Hero Member
Hero Member
Posts: 730
Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm

Re: Die "FOOL" agter die "TOOL"?

Post by Alwyn »

Maruis was slim gewees hyt eers dat oom bietjie van die "angs" af werk LOL

Dit werk nogal party keur om na n groep soos groep een eers bietjie gan rondloop en n kooldrankie tedrink ens...... net om die "angs" in teperk
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Die "FOOL" agter die "TOOL"?

Post by JTM »

Mooi geskiet op die tweede skyf Oom. Daar is net altyd daai een ou "Flyertjie" wat mens se groep spoil.
Jannie Welman
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: Die "FOOL" agter die "TOOL"?

Post by NEGE3 »

As ek na die groepering kyk dan dink ek jy het jouself geantwoord. Dit lyk nie of daar fout is met daai roer nie.
Groete,
Koos de Beer
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Die "FOOL" agter die "TOOL"?

Post by Lourens Potgieter »

Oom Pieter, daai tweede teiken se prentjie is baie mooi...hoop ek kan ook eendag so skiet!!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Die "FOOL" agter die "TOOL"?

Post by PWV »

.303:
Julle onderwysers is mos elk geval vol geld. Julle al gesien hoeveel motors besit onderwysers?
Koop n boyds kolf is nie so duur. Julle onderwysers is mos elk geval vol geld. Julle al gesien hoeveel motors besit onderwysers? ;D
Jou ou grapmaker!

Nico Harris:
My howa was nooit so akuraat met die boyds soos met die plastic kolf nie- selfs na ek sy aksie laat pak het. Daai hogue kolwe is goed!
Nico, ek sal die tupperware kolf ook maar eers gebruik. Waarom sal hulle aanhou om die kolwe te maak as dit sleg is?

Deeg:
Oom Pieter, daai tweede teiken se prentjie is baie mooi...hoop ek kan ook eendag so skiet!!
Deeg, ek glo dit nie! Is seker jy doen dit!

NEGE3:
As ek na die groepering kyk dan dink ek jy het jouself geantwoord. Dit lyk nie of daar fout is met daai roer nie.
NEGE3, jy is reg - die fool agter die tool! Daar is verseker nie fout met die geweer nie. Ek het daarna ook op 200 geskiet en dit was uitstekend!

Groetnis
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Die "FOOL" agter die "TOOL"?

Post by Beyers »

Tweede hands en ^&%^& up
.303 wrote:Koop n boyds kolf is nie so duur. Julle onderwysers is mos elk geval vol geld. Julle al gesien hoeveel motors besit onderwysers? ;D
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Die "FOOL" agter die "TOOL"?

Post by Arnold »

Oom, was daar nie iets fout met die opstelling van die rus nie.
Kyk biet as mens die geweer opgestel het, dryfire n keer of twee sonder om die geweer vas te hou en kyk hoe ver hy van teiken as beweeg. As hy effens beweeg onder hierdie effense krag dink net hoe hy gaan beweeg onder vol recoil.
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am

Re: Die "FOOL" agter die "TOOL"?

Post by Riaan Beeslaar »

Baie mooi tweede groep oom PW
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: Die "FOOL" agter die "TOOL"?

Post by Biltong »

Oom PW, het jy nie dalk die geweer baie mooi skoongemaak en die koper uit die loop verwyder voor jy gaan skiet het nie?
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Die "FOOL" agter die "TOOL"?

Post by PWV »

Arnold wrote:Oom, was daar nie iets fout met die opstelling van die rus nie.
Kyk biet as mens die geweer opgestel het, dryfire n keer of twee sonder om die geweer vas te hou en kyk hoe ver hy van teiken as beweeg. As hy effens beweeg onder hierdie effense krag dink net hoe hy gaan beweeg onder vol recoil.
Dankie, Arnold. Dit is goeie raad. Ek weet presies wat jy bedoel en ek is seker dit speel 'n baie belangrike rol.
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: Die "FOOL" agter die "TOOL"?

Post by Biltong »

Baie goeie punt Arnold -sal dit bietjie onthou.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Die "FOOL" agter die "TOOL"?

Post by Arnold »

Elkgeval, 'n baie mooi groep
Post Reply