Vanmiddag met my gebeur; ek het so n nuwe klankie van my jakkalse op die fury gesit en ry toe veld toe om ysters te besoek, foxpro en roer ry ook meestal saam. Staan en wag toe vir een van die werkers wat moet bakkie toe kom na sy ronte by sy ysters en raak toe mos ledig en besluit ek gaan solank luister hoe daai nuwe klankie op die oor val as ek die roeper so 50m wegsit. Goeie klankie dink ek na so 5sek en daar antwoor wragtag n jakkals; nou moet julle mooi verstaan ekt nie n staanplek gesoek of beplan nie, nou staan ek en wonder wat nou; bly roerloos staan en soek verkuiker en voor ek die uit die bakkie kon kry sien ek daar kom "ta" oor die rand met spoed en die roer le aan die ander kant op die seat. Staan nog so n bietjie toe raak hy weg in dooie grond so 500m bokant die wind, toe skarrel ek met vaart en roer agterop die bakkie en daar staan ek, nou wil ek n jakkals skiet wat ek inroep helder oordag vanaf n bakkie..............

????????? As ek daai jak weer sien sal ek meer voorbereid wees; hy't my seker gesien maar ek nie vir hom nie.
35 min later het ek redelik stert tussen die bene daar wegbeweeg; maar ken nou die ou se adres en hopelik ken hy nog nie al my truuks nie!!!!!!!!!!!!!
Wees altyd voorbereid, jakkie stel nooit teleur nie!
Die dag 10 Sept 2013, tyd 15h45, sal so n rukkie by my bly; (totdat ek daai hond kan omdop)
Sulke foute maak n mens mos nie op jou eie plek nie??
Willem