Page 1 of 1
T3 25-06 probleem!!
Posted: Sun Nov 21, 2010 7:44 pm
by Raven
Manne,
Ek weet nie mooi hoe om te verduidelik want ek het nou alle opsies na gekyk, maar kan nie mooi agterkom waar die fout is nie.
Die probleem is net soms voor my nagjag begin.
Ek toets gewoonlik 'n paar gelaaide patrone om te kyk of alles reg is en die slot reg toemaak voor ek gaan jag, maar soms as ek in die jagveld is en dit gebeur net aan die begin, dan kry ek nie daai slot toe nie.
Wat ek wel agterkom dat 'n paar "dry fires" sorteer die probleem uit, maar ek hou nie daarvan nie. Dit is ook nie net met spesifieke herlaaide patrone, gewoonlik maak slot redelik swaar toe, en as daai eerste skoot eers geklap het, dan gaan al die patrone daarna glad in, al wou patrone 5minute voor dit glad nie in nie(slot wou nie toemaak met hulle).
Dit gebeur so min, dat ek nie na die gunsmiths toe kan gaan en wys wat gebeur nie, want sodra ek 1 keer die slot toekry en skiet, dan is alles weer OK, en die slot maak seepglad toe vir die res van die nag.
Raven
Re: T3 25-06 probleem!!
Posted: Sun Nov 21, 2010 8:20 pm
by Arnold
Gebeur dit nadat jy jou geweer skoon gemaak het of maak dit nie 'n verskil nie?
Re: T3 25-06 probleem!!
Posted: Sun Nov 21, 2010 9:36 pm
by Raven
Arnold,
Gewoonlik maak ek skoon na elke jagtrip of so 30 skote, en dit is ook dan wat ek weer die probleem optel... met die volgende jag.
Hoop jy kan help
Raves
Re: T3 25-06 probleem!!
Posted: Sun Nov 21, 2010 9:44 pm
by Piet Breedt
Maak jy jou kamer mooi droog na die skoonmaak?
Dit kan wees dat die olie binne die kamer die probleem veroorsaak, veral as jou doppe klaar redelik styf ingaan nadat jy ge necksize het.
Re: T3 25-06 probleem!!
Posted: Sun Nov 21, 2010 10:36 pm
by Raven
Piet,
Ek probeer om die kamer so mooi skoon as montlik te kry, al wat ek weet is dat 'n paar manne al vir my gese het dat Tikka redelik 'tight" kamers het.
Maar die vraag bly staan nog steeds, hoekom is die probleem opgelos sodra ek my eerste skoot afvuur.
Daarna kan ek weer my patrone mooi voer, wat vroeer niks wou in gaan nie.
Raves
Re: T3 25-06 probleem!!
Posted: Sun Nov 21, 2010 10:50 pm
by jmb
Dit kan moontlik wees dat jou kamer uitsit weens hitte na die eerste skoot. As alles anders dieselfde is, is dit miskien net 'n warmer kamer en loop wat die verskil maak.
Re: T3 25-06 probleem!!
Posted: Mon Nov 22, 2010 8:22 am
by Raven
Jmb,
EK moet se ek kry/ondervind dit net in die nag, dit het nog nie op 'n wild jag gebeur nie of gedurende 'n warm dag, maar kan dit nou regtig dit wees. Ek dink manne soos Boeta skiet ook met die T3 in dieselfde kaliber en hy het nie die probleem nie.
EK weet nie of ek net moet saamleef met die probleem
Raven
Re: T3 25-06 probleem!!
Posted: Mon Nov 22, 2010 8:30 am
by jmb
Nee o genade Raven. Miskien is jou geweer bang vir die donker.

Dit gaan nogal moeilik wees om 'n slot wat net in die donker neuk aan 'n geweersmid te verduidelik.
Re: T3 25-06 probleem!!
Posted: Mon Nov 22, 2010 8:46 am
by Stefan764
Nooi die geweersmid vir n jakkie-jag. Se hy moet sommer sy tools saambring!

Re: T3 25-06 probleem!!
Posted: Mon Nov 22, 2010 8:49 am
by Jagtersdok
Waneer laas het jy die slot gestrip en die slagpen en als skoon gemaak?
Die rede dat ek vra.
Die goed binnekant word ook redelik vuil ensticky. Maar na jy paar dry fires of een skoot geskiet het is als nou bietjie warmer en loop weer glad, als is in posisie reg geskud?
Kan moontlik wees ek weet nie
Re: T3 25-06 probleem!!
Posted: Mon Nov 22, 2010 8:57 am
by James Wilson
Raven, as jy se die slot sukkel om toe te maak, bedoel jy die patroon sukkel om in die kamer in te gaan en dan is dit n probleem om die slot af te druk? maw dit is amper of die patroon te "lank" is?
Re: T3 25-06 probleem!!
Posted: Mon Nov 22, 2010 2:59 pm
by Raven
Jagbehep,
Dis presies soos jy daar s?, maar nadat ek 1 patroon ingekry het en skoot geskiet het, dan gaan al die patrone wat nie wou in nie skielik weer seepglad in
Jagtersdok wrote:
Waneer laas het jy die slot gestrip en die slagpen en als skoon gemaak?
Jagtersdok,
Dit het nog nooit gedoen nie, omdat ek dit nie self wil/kan doen nie.
Ek vat sommer more my geweer in en s? hulle moet daai slot bietjie skoonmaak.
Raven
Re: T3 25-06 probleem!!
Posted: Mon Nov 22, 2010 3:41 pm
by James Wilson
die rede hoekom ek gevrae het was omdat dit min of meer n probleem was wat ek met my 308 gehad het. na baie gesukkel se iemand eendag weer vir my hy het ook so n probleem gehad en dat ek my de-primer die so n raps dieper moet indraai. hel ek het dit nie verstaan nie maar dit probeer en daar was my probleem weg.