Page 1 of 5
Foto Plasing
Posted: Sun Mar 08, 2009 6:44 pm
by jaracal
Nadat jy 'n rekening gratis by
www.photobucket.com geopen het en jou foto opgelaai het sal jy sien op die regterkant is daar image links. wanneer die korrekte foto gekies is klick op die IMG code. Paste dit in die deel wat jy tik en dit sal die photo op die forum vertoon.
Groete
Hoop julle kom nou reg.
Heinrich
Re: Foto Plasing "Tutorial"
Posted: Sun Mar 08, 2009 7:02 pm
by Ambessa
Hallo Heinrich
Jou doring! Lyk my jy ken van te veel dinge. Regtig maklik, so lyk dit altans.
Ambessa
Re: Foto Plasing "Tutorial"
Posted: Sun Feb 28, 2010 1:53 am
by .220 Swift
Dankie Francois
Met die link kon ek dit regkry om nou ook foto's te laai

!
.220 Swift
Re: Foto Plasing "Tutorial"
Posted: Sun Feb 28, 2010 2:46 pm
by Francois Marais
Stofs
No Problem, altyd bly ek kan help.
Mooi loop
Francois
Re: Foto Plasing "Tutorial"
Posted: Tue Jul 20, 2010 8:56 pm
by Roelo
Hoe kry ek die klein fototjie onder my naam oop myne gooi net n kruisie(soos die leeu onder Francois sin)
Re: Foto Plasing "Tutorial"
Posted: Tue Jul 20, 2010 9:07 pm
by jaracal
Hallo Roelo
Op jou profile link dit net na die foto op Photobucket. Onthou net dit moet klein wees om te wys.
Groete
Heinrich
Re: Foto Plasing "Tutorial"
Posted: Tue Jul 20, 2010 9:16 pm
by Roelo
Dankie Hein lekker om van jou te hoor lekker aand
Re: Foto Plasing "Tutorial"
Posted: Wed Sep 22, 2010 8:37 am
by Louis102
Photobucket is deesdae baie sensitief vir foto's met bloed, diere wat seergemaak is, derms/ingewande en nou lyk dit my selfs vir gebreekte horings by kudu's. Hulle verwar baie keer ons jagfoto's met diere mishandeling. Om te voorkom dat hulle foto's "ban" ("verban" is seker die Afrikaans), stel ek voor dat jy jou Photobucket-album "privaat" katagoriseer. Ek het my probleem met 'n verbande foto met hulle bespreek en die terugvoer was dat hulle nie aan privaat-albums sal torring nie. Hulle wil egter nie sulke foto's op die "openbare" blaaie toelaat waar enige iemand dit kan sien nie. Blykbaar het hulle heelwat uiters sensitiewe gebruikers by Photobucket.
Om jou album "privaat" te katagoriseer, is daar 'n funksie waar jy kan ingaan om die "settings" van jou album te verander. Moet egter nie jou foto's rondskuif, of na nuwe albums toe oorplaas nie, want dan is die foto's verlore vir die Forum.
Hoop dit help.
Louis
Re: Foto Plasing "Tutorial"
Posted: Thu Dec 09, 2010 1:03 pm
by Monrique (SJ)
Kerels help asb.
Ek het al foto's opgelaai maar photobucket maak nie soos ek wil he hy moet maak nie. Ek wil weer foto's copy om op die forum te sit, maar wanneer ek oor die foto gaan en regs kliek op die IMG code dan word hy nie bloy nie en kan nie copy nie.
Kan iemand my dalk help asb.?
Groetnis
SJ
Re: Foto Plasing "Tutorial"
Posted: Thu Dec 09, 2010 1:17 pm
by Monrique (SJ)
Ludwig
Thanks mater. Hulle is op.
Groetnis
SJ
Re: Foto Plasing "Tutorial"
Posted: Sat Jan 29, 2011 6:01 pm
by DawieKotze
Myne wil nie werk nie. Ek maak so en dan kry ek die boodskap...
ERROR!! Internet Explorer cannot read this webpage format.
HTTP 406 Not Acceptable!
Wat nou???
Re: Foto Plasing "Tutorial"
Posted: Sat Jan 29, 2011 6:44 pm
by Francois Marais
Madako
Daar is n fout iewers, krap al van gisteraand af, het vir Photobucket en die forum se ouens mail gestuur, moet maar wag vir n antwoord, kry op die oomblik ook nie vir Jaracal in die hande om te hoor of hy dalk n setting of twee verander het. Kan maar net vra, wees aub geduldig, gaan dit probeer uitsort.
Sien selfs as jy n link wil post wat na iets op die forum verwys, kry jy selle ERROR.
Mooi loop
Francois
Re: Foto Plasing "Tutorial"
Posted: Sat Jan 29, 2011 6:52 pm
by DawieKotze
Dankie ou maat - maak so
Re: Foto Plasing "Tutorial"
Posted: Wed Feb 02, 2011 7:47 am
by Louis102
Manne
Kan iemand hierdie nuwe foto-plasing ding vir Louis ook verduidelik? Asseblief? Ek sien geen van die foto's wat julle plaas nie, verstaan ook nie die plasing proses lekker nie.
Louis
Re: Foto Plasing "Tutorial"
Posted: Wed Feb 02, 2011 7:57 am
by DawieKotze
Louis
Net onder die "post" blokkie waarin jy tik, is 'n opsie vir "Additional Options". As jy daarop klik, sal jy sien dat daar: Attach ...........(spasie).......... en Browse staan.
Kliek op browse en selekteer op jou rekenaar die dokument of foro wat jy wil laai.
Indien die foto te groot is, moet jy dit eers "edit" en "compress" na laer pixels.
Hoop dit help!
Re: Foto Plasing "Tutorial"
Posted: Wed Feb 02, 2011 8:46 am
by Rooies
MK
Verduidelik nou vir my daai edit en compress want ek kry daai image is to big of so boodskap
dankie
r
Re: Foto Plasing "Tutorial"
Posted: Wed Feb 02, 2011 10:48 am
by DawieKotze
Rooies
Jy moet die foto eers "downsize" deur die volgende te doen:
Regs klik op die foto en selekteer "edit"
Microsoft Office Picture Manager behoort oop te maak (as jy op MS werk)
Regs van die foto is 'n klomp opsies en die heel onderste een is "Compress Picture" Klik daarop.
Daar maak dan bo-aan 'n paar opsies oop onder die opskrif "Compress for:" Klik op die "Web pages"
Klik "OK" weer onder aan blad en save die verandering.
As jy nou weer by jou post kom en deur die additional options proses gaan, behoort die foto te laai.
Om meer as een te laai, klik net "(more attachments)", maar let op die maks wat jy mag laai.
Hierdie proses vat pixels weg uit fotos en jy kan nie lekker vergroot nie (dit begin "blur") Maar tot tyd en wyl die emmer uitgesort is, help dit darem
Hoop dit help!!
Re: Foto Plasing "Tutorial"
Posted: Wed Feb 02, 2011 7:09 pm
by Louis102
madako wrote:
Net onder die "post" blokkie waarin jy tik, is 'n opsie vir "Additional Options". As jy daarop klik, sal jy sien dat daar: Attach ...........(spasie).......... en Browse staan.
Nee, Madako/iemand anders, by my staan net "notify me of repllies", "return to this topic", "Don't use smilleys" ens. Geen "attach" -opsie onder "additional options" nie, wonder af daar nie by my settings perongeluk verander is nie? As iemand my kan help. Ek kan ook nie die foto's wat julle pos (soos Cois se kruishare bv.) sien nie. Help asb!!!
Re: Foto Plasing "Tutorial"
Posted: Wed Feb 02, 2011 7:32 pm
by JOHANNIC
Louis
Ek dink dis jou settings

Is jy dalk nog op die "ou" jaracal "look"kan dalk dit wees

Re: Foto Plasing "Tutorial"
Posted: Wed Feb 02, 2011 8:27 pm
by Louis102
Francois
Was op die "ou look", maar het reeds verander na "Jaracal Default Look" en dit help ook niks. Het ook deur die setting op my profile gekyk, maar sien nie regtig wat verkeerd kan wees nie. Kan "Rooisweis" van admin nie by my profile settings gaan loer nie, of is dit nie moontlik nie?
Louis
Re: Foto Plasing "Tutorial"
Posted: Wed Feb 02, 2011 9:03 pm
by Francois Marais
Louis
Ek sien photobucket werk nu weer, weet nie wat die fout by jou is nie, probeer dalk net weer om seker te maak.......
Mooi loop
Francois
Re: Foto Plasing "Tutorial"
Posted: Sat Feb 05, 2011 6:20 pm
by Francois Marais
Manne
Aangesien Photobucket nu weer werk, het ek die ATTACHMENT opsie nou weer disable. Na samesprekings met die baas homself, JARACAL, was dit goed gedink om nie met die attachments voort te gaan nie.........
Die moontlikheid dat wurms en derglike goete direk op die forum gelaai word is goed en die fotos wat attached word gebruik forum spasie en kan die forum oor die lange duur stadig maak en ook tot gevolg he dat ons gouer n groter spasie moet aanskaf om de forum op die lug te hou.......
SO, gebruik AUB maar weer die langpad van PHOTOBUCKET........
Mooi loop
Francois
Re: Foto Plasing "Tutorial"
Posted: Sun Apr 03, 2011 9:46 pm
by erx
Dankie Jarracal, kom nou mooi reg met die fotos na die tutorial!
Groete
erx
Re: Foto Plasing "Tutorial"
Posted: Fri Apr 29, 2011 10:47 pm
by Jeff
Dankie Heinrich
Ek sal nog my bes probeer,dalk kry ek dit nog reg,nog agter die klip hier
Groete Jeff
Re: Foto Plasing "Tutorial"
Posted: Sat May 07, 2011 10:41 am
by tripodmvr
Maak rekening oop by photobucket en laai foto op na 'n album. Jy moet nou die verwysing (adres) kry van die foto wat jy wil plaas. Dit gebeur wanneer jy jou muis op die foto hou. Kliek op die regterkant van die IMG kode en hy sal wys dat dit gekopieer is. Gan nou na die post wat jy wil skryf en regskliek daar en paste die foto. 'n Kode sal nou as een lyn verskyn wat die verwysing na die posisie van die foto is. Daarna kan jy jou boodskap skryf. Hoop dit is duidelik genoeg.
Let net dat dit makliker is om die fotos kleiner te maak en dan op photobucket te plaas. Vinniger oplaai en gee dan nie foutboodskap dat die beeld te groot is nie.
Tripod