Page 1 of 1

Hulp met Competency Aansoek

Posted: Mon Aug 26, 2013 7:32 pm
by Romac
Naand Vriende.

Ek het tans my Competency asook jag lesensies vir my 2 jag gewere, maar ek wil graag n 12 Boor O/U koop. Nou moet ek weer aansoek doen vir my Competency vir die 12 Boor. Ek is nou nie seker of ek aansoek SAPS 517 moet invul vir "Áplication for Competency Certificate" of moet ek aansoek SAP 517(a) invul vir "Application for further Compentency Certificate".

Sal wardeer as iemand my kan reg help watter een om in te vul.

Groete

Francois

Re: Hulp met Competency Aansoek

Posted: Mon Aug 26, 2013 8:50 pm
by mariusr
Jy moes sommer jou bevoegheid doen in al drie klasse. Jaggeweer ,haelgeweer en handwapen dan hoef jy nie terug te gaan vir nuwe sertifikaat nie! Jy sal nou eers jou haelgeweer bevoedheid moet doen en saam met jou aansoek indien!

Re: Hulp met Competency Aansoek

Posted: Mon Aug 26, 2013 10:29 pm
by JAGTERSREG-JRM
Romac wrote:Naand Vriende.

Ek het tans my Competency asook jag lesensies vir my 2 jag gewere, maar ek wil graag n 12 Boor O/U koop. Nou moet ek weer aansoek doen vir my Competency vir die 12 Boor. Ek is nou nie seker of ek aansoek SAPS 517 moet invul vir "Áplication for Competency Certificate" of moet ek aansoek SAP 517(a) invul vir "Application for further Compentency Certificate".

Sal wardeer as iemand my kan reg help watter een om in te vul.

Groete

Francois
Dagse Francois

Jy sal die 517 moet invul, soos ek dit het is die 517a nie meer in gebruik nie, skree maar as ek verder van hulp kan wees

Groete
Kobus

Re: Hulp met Competency Aansoek

Posted: Tue Aug 27, 2013 9:20 am
by Jaco Naude
Verstaan ook so dat jy die 517 moet invul. Bly maar beter om sommer al drie saam te doen en dit agter die rug te kry, soos Maruis ook tereg uitwys.