Page 1 of 1
Toevoeging tot famiele
Posted: Mon Aug 26, 2013 10:22 am
by Tinusvrey
Ek het laas week vri my n Glock 23 gekoop, het so bietjie van ‘n probleem gehaad op ‘n vriend se plot laas naweek.
Net gou bietjie by die slim manne hoor wat die beste is om te doen.
Ek het net competency op ‘n jag geweer gehaad en my toets gaan doen en Vrydag die byvoeging van handwapen se competency by ons DFO ingehandig.
Is dit beter om te wag dat die competency eers goedgekeur is en die sertifikaat saam die nuwe aansoek intehanig, of kan ek nou al maar die aansoek ingee?
Is dit die moeite werd om aansoek te doen vir ‘n tydelike lisensie?
Vat die byvoeging net so lank soos ‘n nuwe aansoek vir competency?
Luister graag.
Re: Toevoeging tot famiele
Posted: Mon Aug 26, 2013 10:57 am
by Eugene
Thinus, ons DFO weier dat jy jou lisensieaansoek ingee, sonder dat daar nie 'n afskrif van jou Bevoegdheid aangeheg is nie. In my opinie, neem dit in elk geval langer as jy beide saam indien, want klaarblyklik word die onderskeie aansoeke nie deur dieselfde mense hanteer nie en moet die een afdeling dus wag tot die ander afdeling die bevoegdheid gefinaliseer het. In ander dele kan jy egter beide gelyktydig doen! Hoor maar by jou DFO hoe hulle dit doen.
Re: Toevoeging tot famiele
Posted: Mon Aug 26, 2013 11:01 am
by Tinusvrey
hulle se ek kan dit ingee, maar ek is bang omdat die compatancy nie by is nie, dit op iemand se tafel gaan le en hulle vergeet om op dit te werk.
Re: Toevoeging tot famiele
Posted: Mon Aug 26, 2013 11:07 am
by Eugene
Tinusvrey wrote:hulle se ek kan dit ingee, maar ek is bang omdat die compatancy nie by is nie, dit op iemand se tafel gaan le en hulle vergeet om op dit te werk.
Dit kan natuur gebeur en is maar die kans wat jy gaan vat as jy beide gelyk ingee. Ek sou eerder wag vir die bevoegdheid en dan lisensieaansoek ingee...

Re: Toevoeging tot famiele
Posted: Mon Aug 26, 2013 7:25 pm
by zipp
Handig albei saam in en doen kruis verwysings sodat daar nie probleeme is as die roetes skei nie.
Re: Toevoeging tot famiele
Posted: Mon Aug 26, 2013 10:32 pm
by JAGTERSREG-JRM
Dagse
Die vinnigste roete is om albei gelyk ingegee word en kan n 2 maande verskil maak op die lisensie in jou sak.Daar is altyd n kans dat dinge verkeerd loop maar dit kan selfs ook gebeur as jy die 2 apart ingee.Ek maak altyd die voorstel aan my kliente om beide in te dien.Sover nog geen probleme ondervind nie
Groete
Kobus
Re: Toevoeging tot famiele
Posted: Mon Sep 02, 2013 11:38 am
by 375fanatic
JAGTERS REG MOTIVERING wrote:Dagse
Die vinnigste roete is om albei gelyk ingegee word en kan n 2 maande verskil maak op die lisensie in jou sak.Daar is altyd n kans dat dinge verkeerd loop maar dit kan selfs ook gebeur as jy die 2 apart ingee.Ek maak altyd die voorstel aan my kliente om beide in te dien.Sover nog geen probleme ondervind nie
Groete
Kobus
ek het gewien hulle moet nou vorderings verslae doen op die aansoeke ek het die dfo so elke 2 weke gebel ek sal hulle ook saam indien