Page 1 of 2
Doppe wat vassit!!!
Posted: Mon Nov 15, 2010 5:49 pm
by Vasvat
Re: Doppe wat vassit!!!
Posted: Mon Nov 15, 2010 6:15 pm
by Stefan764
Hallo Willie
Ek het nie raad soos die ander slim manne hier op die forum nie, maar ek kan ook beaam dat PMP se ProAmm ammunisie in my geweer vassit. Ek het nog nie n punt getrek en getoets nie, maar ek is seker die batch wat ek het (150gr) is baie hoog gelaai. Ek skiet amper n duim hoer met hulle op 100m as met 50.2gr S365 agter 139gr Hornadys!
So ek het nie veel raad nie, al wat ek kan dink is dat die dop te veel uitsit agv te hoe druk, my raaiskoot... Laai Lapua doppe dalk?
Groete
Stefan
Re: Doppe wat vassit!!!
Posted: Mon Nov 15, 2010 6:17 pm
by jmb
Willie maak die geweer se grendel swaar toe as jy laai?
Re: Doppe wat vassit!!!
Posted: Mon Nov 15, 2010 8:23 pm
by Hein M.
jmb wrote:
Willie maak die geweer se grendel swaar toe as jy laai?
Hierdie vraag is 'n goeie beginpunt,want dit sal bepaal of die doppe/patrone die oorsaak is (eintlik is dit logies, jammer...)
Daar is heelwat ander moontlikhede:
As die patrone - in die bak - in die son was, kan dit groter druk veroorsaak
'n Vuil kamer is meestal die oorsaak - maar jy se dit is gepolitoer?
Die extractor kan foutief wees - maar die geweer is nog nuut?
Hierdie probleme kom dikwels by Sako en Tikka's voor, omdat hulle kamertoleransies knap is. Dalk die Howa s'n ook? Snaaks dat hierdie probleem by die 223 voorkom. Gewoonlik is dit die kalibers wat effens overbore is wat soms sulke probleme gee. Ek het my 223 al tot op maks + gelaai en die dop het nog nooit vasgesit nie. Hoor graag wat ander ouens se!
FM sal heel moontlik 'n goeie idee he
Groetnis!
Hein M.
Re: Doppe wat vassit!!!
Posted: Mon Nov 15, 2010 8:50 pm
by Stefan764
Hein
Skiet self n Tikka. Moet byvoeg dat dit net met hierdie spesefieke batch gekoopte patrone gebeur, nog nooit voorheen????
Geen probleme met gelaaide patrone, PMP of Norma doppe...
Stef
Re: Doppe wat vassit!!!
Posted: Mon Nov 15, 2010 9:00 pm
by afriventure
Willie
Soos Hein se, is dit soms 'n vuil kamer - olie en cleaning middels daar veroorsaak probleme as hy warm word, gebruik maar 'n "bore guide" vir skoonmaak slag.
Maar bygese ek het 'n 22-250 op Rsa aksie wat ook glad nie hou van PmP doppe nie, nog erger as dit "reloads" is, maar hy loop soos seep op remmington doppe!
Dink sy kamer is te styf gesny vir die effens dikker PmP's
Ek het nie pmp's maak werk nie, na 'n paar pakke het ek die doppe sommer weggegooi!
Johan
Re: Doppe wat vassit!!!
Posted: Mon Nov 15, 2010 9:15 pm
by Hein M.
Stefan764 wrote:
Hein
Skiet self n Tikka. Moet byvoeg dat dit net met hierdie spesefieke batch gekoopte patrone gebeur, nog nooit voorheen????
Geen probleme met gelaaide patrone, PMP of Norma doppe...
Stef
Stef,
Jy kan nie dalk een van daardie patrone se punte trek en die kruit weeg nie? Is nogal nuuskierig.
Hein M.
Re: Doppe wat vassit!!!
Posted: Mon Nov 15, 2010 9:43 pm
by Stefan764
Hein,
geen probleem, sal more middag as ek laai gou die hamertjie uit die kas haal. Weet jy dalk watse kruit hulle in 7x64 patrone gooi?
Nag nou vir die laaste keer! Haha!
Stef
Re: Doppe wat vassit!!!
Posted: Mon Nov 15, 2010 10:16 pm
by Hein M.
Stef,
Dit sal een van 3 poeiers wees (S365; S335 of S355). Vergelyk die tekstuur maar met die kruit wat jy het.
Die kans dat dit S365 is, is baie goed. Met 150gr. punte behoort die lading dan nie veel meer as 55gr. te wees nie
Moet byse. Die kans dat PMP so 'n fout maak met 'n batch is bitter skraal. Die kwaliteitbeheer op gekoopte patrone is baie goed.
Laat weet asb. Sal baie graag wil weet.
Groetnis!
Hein M.
Re: Doppe wat vassit!!!
Posted: Mon Nov 15, 2010 10:58 pm
by Francois Marais
Vasvat
Daai is ongelukkig n HOWA probleem, broer se 223 varminter, en die laaitie se 22-250 varminter het selle probeem gehad. My 204 het nog nooit geneuk nie.
Gee ma jou roer vir n goeie smith dat hy jou kamer polish en hopenlik is jou moeielikheid op n end.
Gee ma terugvoer wat die oplossing was op die ou end.
Mooi loop
Francois
Re: Doppe wat vassit!!!
Posted: Tue Nov 16, 2010 8:27 am
by namhunt
Vasvat
Ek het ook so probleem gehad. By my het daar 'n stukkie koper of iets tussen die "ecstractor claw" (hoop dis die regte woord) en die slot ingegaan en gemaak dat hy die doppe nie mooi vang nie.
Groete
Daan
Re: Doppe wat vassit!!!
Posted: Tue Nov 16, 2010 5:53 pm
by Vasvat
Jis manne , ek kon nie agterkom dat die slot swaar toemaak nie, die slot het egter na so 300 skote baie styf oopgemaak, toe het ek en Jeff Cilliers die oopgemaak, goed skoongemaak en die loop en kamer ook, toe gaan dit goed vir so 600-700 skote toe toe is dit weer so, wat ek ook agterkom is dat jy nie moet haastig raak as jy die volgende patroon voer nie, hy druk hom soms teen die kamer se rand vas, as jy dan die slot terugtrek spring die volgende rondte op en siedaar, 'n lekker fokapie

;)Enige man se nagmerrie!!!!
Willie
Re: Doppe wat vassit!!!
Posted: Wed Nov 17, 2010 12:08 am
by Jagtersdok
Ek het nie self 'n Howa nie, maar hier is wat ek gehoor het.
Die reamer wat hulle gebruik om die kamer van die Howa's te sny is baie "tight" by die nek en om die skouer area. PMP doppe sit nogals redelik uit maar sy elastisiteit vir "springback" is baie minder as Remington of Winchester doppe. Dis hoekom mens hulle ook meer gereeld moet anneal.
As jou kamer so styf gesny is sal ho?r drukke van warm/hitte rondtes en vuiligheid baie maklik die oorsaak wees, veral oor jy ges?het na julle skoon gemaak het, het dit beter gegaan. Gaan meet bietjie die nek, skouer en skag van 'n nuwe rondte, een wat klaar geskiet is en een van daai wat vassit. mens kan 'n idee kry van jou kamer se dimensies.
Kyk ook vir druk tekens, plat primer ens op die doppe wat vas gesit het om te sien of die bang nie bietjie groot was met daardie spesifieke rondte nie.
Re: Doppe wat vassit!!!
Posted: Wed Nov 17, 2010 7:18 am
by jmb
Jagtersdok as dit die nek areas van die Howa is sal dit nie help om die doppe se nekke bietjie dunner te sny nie? 'n Stywe skouer area behoort nie die dop te laat vassit nie. Ek het nie geweet dat PMP doppe minder elasties is as die ander nie. Mens leer ook konstant hier.
Re: Doppe wat vassit!!!
Posted: Wed Nov 17, 2010 7:28 am
by Stefan764
Ek se jou Johan, sonder die forum gan n man lank vat en baie velle uitgee voor hy self jou antwoorde agterkom. En 8uit 10 keer gaan jy nooit by die antw uitkom nie, gan ma net aanhou sukkel.....
Re: Doppe wat vassit!!!
Posted: Wed Nov 17, 2010 8:21 am
by Vasvat
Ek het gou 'n paar doppe gemeet en gekyk, niks noemenswaardige verskille tussen hulle nie, wel die volgende opgelet: Die primers is effens platter(Druk) en die "gaatjie" wat die slagpen slaan se randjies is of dit opgehewe na buite is, jou vingernael hak daaraan vas. So of die slagpen slaan te hard of iets anders is fout, ek gaan defnitief weer die kamer laat polish en met daai liggie/kamera laat kyk. Dalk moet ek maar die dimensies van die kamer laat meet ook! Willie
Re: Doppe wat vassit!!!
Posted: Wed Nov 17, 2010 8:44 am
by jmb
Vasvat daardie is na my mening tekens van druk. Ek weet nie of hierdie self gelaaide patrone is nie of gekoopte ammo nie. As dit gekoopte ammo is en jy kry druk het jy probleme. Dit kan dan wees dat jou kamer te kort is en die punt voor vasdruk. As jy self laai sal jy bietjie moet afkom met die lading. Oormatige druk sal jou doppe laat vassit.
Re: Doppe wat vassit!!!
Posted: Wed Nov 17, 2010 9:21 am
by Stefan764
Presies die probleem wat ek met ProAmm ammo gkry het.... Sal vamiddag kruit weeg soos belowe en hier kom post...
Re: Doppe wat vassit!!!
Posted: Wed Nov 17, 2010 10:42 am
by KSV
Manne koop die boek?
Handloading for Competition. Making the Target Bigger deur Glenn D Zediker.
Dis die herlaaier se Bybel.
Julle kan Hendrik se boek ook kry. Die Akkurate Ketting.
Groete
Hein
Re: Doppe wat vassit!!!
Posted: Wed Nov 17, 2010 10:56 am
by jmb
Het albei. :DMoet egter erken Zediker se boek maak my bietjie moedeloos. As ek als moet doen wat hy doen gaan ek eerstens bankrot wees en tweedens nooit by skiet uitkom nie want ek gaan nog besig wees om te laai.
Re: Doppe wat vassit!!!
Posted: Wed Nov 17, 2010 12:21 pm
by Jagtersdok
JMB
As die dop te erg uitsit op die skouer waar die skouer en die skag van die dop bymekaar kom maak hy amper so boepenserigheid daar wat nie maklik met die oog gesien word nie, dan sit die dop lekker vas. Jy sal dan ook agter kom as jy fullsize hy gaan hel styf toe en sit sommer in jou dies ook vas. Het dit met my broer se 243 agter gekom met PMP pro Amms wat geskiet is en toe ek dit in Hornady Custom die druk toe sit die bitch.
Okay ook 'n ander ding oor die meting van die doppe. 2 goed.
Eerstens wat vir een ou nie noemenswaardig is nie, is vir iemand anders dalk totaal significant. Onthou hoe stywer jou kamer, hoe minder is die tolleransies en hoe makliker kan jy druk kry. En jy moet verkieslik met micrometer meter anders tenminste elektroniese vernier.0.01mm te groot en jou dop se nek skeur. 0.001mm te klein en jou dop sit vas.
Daai klink ook na druk. Laat meet ook sommer hoe ver jou slagpen uitsteek as dit te lank is druk hy ook soms die primer so lekker bubble ring om
Re: Doppe wat vassit!!!
Posted: Wed Nov 17, 2010 3:28 pm
by jmb
Hi Jagtersdok stem saam. Ek wonder of ou Vasvat se geweer se kamer nie baie knap is in die nek nie. Dit sal mos vinnig druk gee en moontlik die dop laat vassit. Die punt knyp dan mos as ware vas in die nek en laat die druk onnodig klim voor die punt die dop verlaat.
Re: Doppe wat vassit!!!
Posted: Wed Nov 17, 2010 3:49 pm
by Jagtersdok
Jmb jys 100% reg. As die nek te styf sit kry jy pressure spike net soos wanneer daar doughnut vorm
Re: Doppe wat vassit!!!
Posted: Thu Nov 18, 2010 7:37 am
by Stefan764
Sal dit help om ligter te laai? Minder kruit? Dalk n dom vraag...
Re: Doppe wat vassit!!!
Posted: Thu Nov 18, 2010 7:52 am
by Stefan764
hein wrote:
Stefan764 wrote:
Hein
Skiet self n Tikka. Moet byvoeg dat dit net met hierdie spesefieke batch gekoopte patrone gebeur, nog nooit voorheen????
Geen probleme met gelaaide patrone, PMP of Norma doppe...
Stef
Stef,
Jy kan nie dalk een van daardie patrone se punte trek en die kruit weeg nie? Is nogal nuuskierig.
Hein M.
Hallo Hein
Ek het gistraand een van die punte uitgeslaan. Die kruit het 53,7gn geweeg....
Stefan