Page 1 of 1
Besprekings punte vir herlaai kurses
Posted: Tue Aug 13, 2013 4:58 pm
by Cobus(Cobb)
Sit by volgens jou behoeftes
1) Basies besprekings aspekte oor die herlaai prosedures. Hierdie sal besprekings insluit oor hoekom ons sekere aspekte doen. Hierdie is vir my van groot belang sodat mense wegstap as ingeligtes en nie na-apers nie.
2) Die praktiese gebruik van QL en die nodeprogram.
3) Lading bepalings en komponent keuses.
4) Gevorderde ladings tegnieke.
5) Toerusting bespreking en gebruik daarvan.
Re: Besprekings punte vir herlaai kurses
Posted: Tue Aug 13, 2013 6:57 pm
by MONTIE
Hallo Cobus, Hoe gemaak met die van ons wat nog nie Quick Load het nie?
Groete
MONTIE
Re: Besprekings punte vir herlaai kurses
Posted: Tue Aug 13, 2013 7:33 pm
by Cobus(Cobb)
Monte, bring net jou laptop...daar sal ander manne wees met laptops en QL...
Re: Besprekings punte vir herlaai kurses
Posted: Tue Aug 13, 2013 7:53 pm
by James Wilson
Nee manne daar is mos nou reeds n topic vir navrae, hoekom nou nog een wat Wout se vrae copy?
Re: Besprekings punte vir herlaai kurses
Posted: Tue Aug 13, 2013 8:31 pm
by MONTIE
James Ek dink dit val onder besprekings punte. Nie heeldag tyd om alles te loer nie.
Groete
Montie
Re: Besprekings punte vir herlaai kurses
Posted: Tue Aug 13, 2013 9:15 pm
by Cobus(Cobb)
6) Bespreking tov die belangrikheid van diepte seating, as weksprinkblok vir die projektiel...niesoseer vir TPL bepaling nie
Re: Besprekings punte vir herlaai kurses
Posted: Tue Aug 13, 2013 9:18 pm
by Pvdw
Veiligheid, veiligheid, veiligheid en dan wat se die wet oor herlaai.
Peet
Re: Besprekings punte vir herlaai kurses
Posted: Tue Aug 13, 2013 9:26 pm
by James Wilson
Peet, A Sqaure se herlaai handleiding se jou safety sit tussen jou ore! Dit is noggal my motto!!
Re: Besprekings punte vir herlaai kurses
Posted: Tue Aug 13, 2013 9:30 pm
by Pvdw
Stem saam James!!! Party manne moet net hoor dat dit goeie praktyk is om slegs EEN blik kruit en EEN soort slagdop op die tafel te hê terwyl jy herlaai. Logika kom nie saam met alle herlaaiers nie??
Peet
Re: Besprekings punte vir herlaai kurses
Posted: Tue Aug 13, 2013 9:34 pm
by James Wilson
Pvdw wrote:Stem saam James!!! Party manne moet net hoor dat dit goeie praktyk is om slegs EEN blik kruit en EEN soort slagdop op die tafel te hê terwyl jy herlaai. Logika kom nie saam met alle herlaaiers nie??
Peet
Peet dit wat jy hier se is so waar. Maar ek moet erken eers toe ek dit in n herlaai handleiding lees toe besef ek ek moet dit toepas! Stupid maar waar!
Re: Besprekings punte vir herlaai kurses
Posted: Wed Aug 14, 2013 7:02 am
by BRNO (Pierre)
Ek sou graag wou weet wanneer is jy werklik oor maks druk. Net wanneer QL se? Hoe presies lyk die tekens op n dop? Wat kan gebeur en op watter stadium as jy maks druk oorskry. Hoeveel druk kan n geweer se loop/ kamer regtig hanteer?
Re: Besprekings punte vir herlaai kurses
Posted: Wed Aug 14, 2013 6:51 pm
by tripodmvr
As ek nou sit en dink oor vrae wat opgeduik het dan kom die volgende redelik gereeld voor :-
1. TPL om te gebruik.
2. Tipe dryfmiddel en aanpassing vir verskillende gewigte koeëls
3. Nek of FL matryse
4. Slagdoptipes - verskillende make en sterkte - indruk van slagdop sodat diepte reg is.
5. Bed van geweer??????
6. Groefdraai en koeëlkeuse
7. Saamgeperste ladings
8. Dopvoorbereiding - nek sny of nie
9. Doplengte om na te sny en moet lengte uniform wees vir al die doppe gebruik
10. Dopkeuses - tipe make - voor en nadele
11. Gedeeltelike terugdruk van dopnek met FL matrys
12. Bump die
13. Sagmaak van dopnekke met hittebehandeling
14. Moly op koeëls
15. Skoonmaak van loop
16. Trajek van koeëls weens plat of bootstert
Ek besef dat alles nie spesifiek herlaai prosedures is nie, maar hulle het tog groot effek op akkuraatheid en sal ons skietpogings beinvloed.
Re: Besprekings punte vir herlaai kurses
Posted: Thu Aug 15, 2013 7:50 am
by Eugene
Dis goeie punte daai Oom Driepoot, dis basies alles wat ek meer oor wil weet!