ladings

Post Reply
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

ladings

Post by JACQUES BOTHA »

Wouter.
Ek het geen wetenskaplike of rekenaar bewyse van wat ek nou se nie, die uit eie ondervinding en ervaring en ek is skugter om dit te se omdat ek nog nooit druk kon of gemeet het nie, ek gaan suiwer op oogwaarneming op die primer,..
Hoogste druk is in die lands volgens dit wat ek in die primer lees.. minder druk as ek weg beweeg van die lands.
Nou ek kon dalk al die jare verkeerd gewees het maar dit is maar my ervaring. As die druk en spoed toeneem as jy weg beweeg van die langs,leer ek weer iets nuuts. Ek sal bietjie met cronie speel ek ook terugvoer gee.
Dankie vir jou insette. Sien jy is passievol oor die dinge..''
Groete
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
Gerard

Re: ladings

Post by Gerard »

Jacques,
Jy is reg.  Met konvensionele (gladde of gegroefde koe?ls) is die druk vir 'n gegewe stel komponente die hoogste teen die groewe en riwwe. 

Daar is twee oorsake vir drukverskille wanneer die lading konstant bly.  Afstand vanaf groewe en riwwe (sprong) en dopkapasiteit.

Neem die situasie waar die tpl so lank as moontlik is:  Die koe?l se wrywingskoefissient en graveerdruk neem af namate dit spoed optel. Teen die groewe en riwwe gelaai met min sprong, is die spoed die laagste en wrywing en graveerdruk is hoog.  Dopkapasiteit is ook die grootste.  Sprong is die dominante drukfaktor.

Soos wat die tpl afneem en sprong vergroot, neem die druk af as gevolg van die verlaging in wrywing en graveerdruk namate die koe?l al viniger beweeg wanneer dit gestuit word deur die groewe en riwwe. Aan die ander kant verhoog die druk namate die koe?l dieper in die dop gesit word en dopvolume dus afneem.  Die balans tussen die twee gee egter 'n algehele verlaging in druk.

Soos wat die koe?l dieper ingedruk word en tpl verminder, neem die effek van groter sprong (en die drukvermindering wat dit gee) af en neem die drukverhoging, as gevolg van verminderde dopkapasiteit, toe.

Daar kom dan 'n draaipunt waar die druk aanvanklik verminder soos wat tpl afneem en dan weer begin toeneem soos wat dopkapasitiet as die dominante drukfaktor oorneem by sprong as dominante drukfaktor.   

So, beide baie lang tpl en en baie kort tpl sal druk verhoog met 'n trog van drukverlaging tussenin.
Post Reply