Page 1 of 1
Gemsbok prys?
Posted: Wed Aug 07, 2013 12:16 pm
by sako 30-06
Wat kos dit deesdae om gemsbok te skiet?
Sal graag wil hoor hoe verskil die verskillende streke se pryse.
Plan is om volgende jaar weer gemsbok te skiet,het 3 jaar terug in boshoff geskiet en ek mis nogsteeds die smaak.Dis fantastiese vleis.
Re: Gemsbok prys?
Posted: Wed Aug 07, 2013 12:21 pm
by Kallie Fernhout
is beste vleis het vanjaar geskiet in Nam R18/kg
Re: Gemsbok prys?
Posted: Wed Aug 07, 2013 12:25 pm
by sako 30-06
Kallie wrote:is beste vleis het vanjaar geskiet in Nam R18/kg
Dis na bie goeie prys,as namibie nie so ver was nie so ek more gery het

Re: Gemsbok prys?
Posted: Wed Aug 07, 2013 12:31 pm
by stan man
in my omgewing het gemsbokke hierdie jaar gegaan vir R3500-R4000
weste kant van die vrystaat ,teen die vaal rivier.
Re: Gemsbok prys?
Posted: Wed Aug 07, 2013 12:33 pm
by sako 30-06
stan man wrote:in my omgewing het gemsbokke hierdie jaar gegaan vir R3500-R4000
weste kant van die vrystaat ,teen die vaal rivier.
Stan man hoe ver is jy van boksburg af?
Re: Gemsbok prys?
Posted: Wed Aug 07, 2013 12:49 pm
by stan man
ek skat so 350km
Re: Gemsbok prys?
Posted: Wed Aug 07, 2013 2:07 pm
by Philip De Bruyn(MFWIC)
Jy kan maar gerus da by Frans(stanman) vir jou 'n gemsie loop soek hulle is baie mooi daar en ek het so 3 weke terug vir my 'n mooi bul raak bekruip
Re: Gemsbok prys?
Posted: Wed Aug 07, 2013 2:37 pm
by stan man
http://i1157.photobucket.com/albums/p582/stanman10/IMG_1608_zps953735ec.jpghttp://i1157.photobucket.com/albums/p582/stanman10/IMG_1565_zps41d4d6ee.jpg
Re: Gemsbok prys?
Posted: Wed Aug 07, 2013 2:39 pm
by FHM
stan man wrote:in my omgewing het gemsbokke hierdie jaar gegaan vir R3500-R4000
weste kant van die vrystaat ,teen die vaal rivier.
LIEWWE OUERS !!!
Hoe sluk ek en bly is ek nou gelykertyd dat ek hierdiekant van die draad sit jag.
Ek jag Gemsies wat uitslag 110 = 125 Kg vir R 1800 oppi hoef. Die pryse hierbo is feitlik meer as dubbeld wat ek hulle voor jag.
Ok ek moet ook se dat ek al op plase gejag het diekant waar die Gemsies R 2500 loop - so ek reken jy kan diekant van die draad werk op n Gemsie biltongjag tussen 1800 - 2500 per bok.
Re: Gemsbok prys?
Posted: Wed Aug 07, 2013 2:46 pm
by sako 30-06
jou so verskil die pryse maar,ek weet hier in ons omgewing(bosveld) kan jy tot R6000 betaal vir n gemsbok.
My gemsbok in boshoff het my R2500 gekos,maar dit was 3 jaar terug.
so die vraag is dan wat is die prys vir eland?
Julle manne maak my nou sommer lus vir gemsbok skiet.
Stanman ons sal verseker nog gesels.
Stuur sommer vir my details met hoe die opset werk as ek saam jou bespreek.
Re: Gemsbok prys?
Posted: Wed Aug 07, 2013 2:48 pm
by Eugene
Ek het laasjaar in die Boshoff area R4000 betaal en hierdie jaar in Vorstershoop R3000. In die Bosveld streke kan jy maklik tot R6000 betaal.
Re: Gemsbok prys?
Posted: Wed Aug 07, 2013 2:51 pm
by stan man
francois!!!!!!!!!
jy maak nie reg nie. vir daardie prys skiet ons hierdie land se gemsbokke almal uit.
gooi n ou uitnodiging kie kie kie. ag toe mooi asseblief!!!!
Re: Gemsbok prys?
Posted: Wed Aug 07, 2013 2:52 pm
by Eugene
stan man wrote:francois!!!!!!!!!
jy maak nie reg nie. vir daardie prys skiet ons hierdie land se gemsbokke almal uit.
gooi n ou uitnodiging kie kie kie. ag toe mooi asseblief!!!!
Ek sal sekretaresses EN spinnekoppe saambring!

Re: Gemsbok prys?
Posted: Wed Aug 07, 2013 3:45 pm
by Jakkie 321
Sako 3006 jy kan op ibookdirect kyk vand die verskilende streeke en pryse.
Re: Gemsbok prys?
Posted: Wed Aug 07, 2013 4:56 pm
by FHM
Eugene wrote:stan man wrote:francois!!!!!!!!!
jy maak nie reg nie. vir daardie prys skiet ons hierdie land se gemsbokke almal uit.
gooi n ou uitnodiging kie kie kie. ag toe mooi asseblief!!!!
Ek sal sekretaresses EN spinnekoppe saambring!


Bwhaaaaahaha fkn snaaksgat !

Re: Gemsbok prys?
Posted: Wed Aug 07, 2013 5:05 pm
by FHM
stan man wrote:francois!!!!!!!!!
jy maak nie reg nie. vir daardie prys skiet ons hierdie land se gemsbokke almal uit.
gooi n ou uitnodiging kie kie kie. ag toe mooi asseblief!!!!
PM gestuur
Re: Gemsbok prys?
Posted: Wed Aug 07, 2013 5:23 pm
by Johan Reyneke
Ek het hierdie jaar vir R3200 vir bulle gejag. Geen koeie kon geskiet word nie.
Re: Gemsbok prys?
Posted: Wed Aug 07, 2013 5:27 pm
by sako 30-06
Johan Reyneke wrote:Ek het hierdie jaar vir R3200 vir bulle gejag. Geen koeie kon geskiet word nie.
Johan kan jy asb vir my besonderhede pm of is dit n privaat plaas?
Re: Gemsbok prys?
Posted: Wed Aug 07, 2013 5:28 pm
by Herman Huyser
Boshof R3500-R4000, 2013 se pryse.
Re: Gemsbok prys?
Posted: Wed Aug 07, 2013 6:03 pm
by Johan Reyneke
Sako
Hier is die lodge
PM Gestuur