Page 1 of 1

Pappa kan ook Mis !

Posted: Sun Aug 04, 2013 7:52 pm
by Frederik
Donderdag aand hoor ek van geleentheid om vinnig 'n jagie in te werk saam met my seun.
Pak alles Vrydag oggend werk toe tot 1 uur gaan haal my seun op by die skool ry terug huistoe pak die bakkie en daar vat ons die lang pad Swartwater toe. Ons kom eers 3 uur op die pad maar nou ja of ons nou 6 uur of 8 uur daar aankom dit maak nie saak nie want Saterdag jag ons.
Die GPS in die voertuig is 'n ou model met nog baie ou kaarte op en die kordonasies stuur my 15km van die plaas af en gesukkel met sien om uiteindelik 9 uur die aand daar uit te kom. Ons pak uit kry lekker kamer eet en gaan slaap.
So begin die dag toe die volgende dag.

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/100_1824_zpsb79fd72d.jpg

Ek sien die koue front het ingekom deur die aand en dit was koelerig die oggend maar darem beter as Gauteng en die wind het ook lekker gewaai wat sou help met die stap in die veld. Aaron was al saam op 'n stalk laasjaar so 400 meter en toe skiet ek 'n wildebees op 150 meter. Maar hy was nog nooit die heeldag saam met my uit op die voete in die veld nie so hy moes baie leer en soos dit met enige kind is raak hulle vinnig verveeld. So toe maak ek hom die ofisiele kameraman met die klein digitaal.

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/100_1828_zps8f14b577.jpg

Hier is hy reg om die veld in te vaar dit was koel en die diere ek maar weggekruip.

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/100_1832_zps277f8a05.jpg
Hier is wat ons opsoek is wat die gemors gemaak het rooibok en vark was op die menu.
Ek het laat hy mis en spore afneem hy het ook sy eie soogdier boekie saamgebring.

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/100_1829_zpsc0db4e16.jpg
Die erdvark gat was ook nie te oud nie nogal vars seker dag of twee terug.

Ons het seker meer as 'n uur geloop toe stop ek die gids en se vir hom hy moet stilstaan en daar was toe 'n hele trop sebras wat rustig aan ons aangeloop kom maar Aaron was bietjie te stadig om mooi foto te neem waar die hings mooi 40 meter van ons af staan en na ons kyk. Die gids was nie sleg nie maar hy het meer tyd in die veld nodig omdat ek meeste van die tyd die wild voor om gesien het. Miskien kort hy net brille en omdat Aaron saam was het ek ook nie laat hy agter my stap nie sodat ek rustig ogie oor hom kan hou. Hy moes maar leer om mooi te kyk waar hy loop om nie gekrap te word deur die dorings nie en te veel geraas te maak nie.

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/100_1840_zpsce1849cf.jpg
Manne hier is buffels ook wonder of die 140gr SST die buffel net kwaaier sou maak met 'n kopskoot.

In elk geval so uur of wat later stop ek weer die gids en wyus om rooibokke so 200 meter verder weg in ruie bos maar die wind is nou na hulle so ons loop so halfsirkel na hulle toe maar die trop is toe baie groter as wat ons dink en paar van hulle kry ons reuk. Gelukkig vir ons met die dat ons die halfsirkel geloop het begin die trop toe stadig na ons rigting beweeg. Ek sit plat op my boude en kyk hoe hulle deur die bos beweeg geen skoot wat oop is nie so 80-90 meter van ons af is daar 'n opening en 'n mooi Rooibok ooi staan plankdrwars en kyk na ons waar ons sit maar sy weet nie wat ons is nie. Elmboog op my knieg ek le aan haal die safety af en mik vir die blad toe ek die skoot laat gaan voel ek hoe ek die skoot trek en heel links verby haar skiet. Daar gaan hulle almal en daar was my eerste kans na meer as twee ure se stap verbrou deur my. Die gids vat sy tyd en ek gee om kans om seker te maak dit was mis hy het ook gese hy het takkies links van haar gesien beweeg links van haar met die skoot.

Ek se toe vir Aaron "Sien Pappa kan ook mis!" hy lag maar net en ons gaan toe aan. Nie ver van die rooibokke af nie kry ons die mooi groot vlakvark gat en Aaron klim somer half in hom en neem toe 'n foto.
http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/100_1844_zps99426dc5.jpg

Ek se toe vir hom hoe weet jy mnr vark is nie nog binne nie ? En hy klim toe maar vinnig uit en op die uitklomslag hoor ons toe elande wat vir ons weghardloop so 100 meter van ons af maar kan hulle nie sien nie. Ons gaan toe aan en stap toe oor 'n pad en daar kom toe twee jong varke wat ook oor die pad kom die gids sit die stokke op so half skeef maar daar was nie tyd om dit beter op te sit nie. Hy kyk vir die vark aan die regterkant en ek kies toe die vark aan die linker kant wat mooier staan vir 'n kopskoot.
Boom ! Loop die skoot en die vark val en begin skop aftsand is so 50 meter die gids se eers dit is mis. En ek kan sommer dink wat in sy kop aangaan "Ag nee die baas hy kannie skiet nie!" maar toe kom hy agter ek het vir die vark aan die linker kant geskiet.
Die SST het mooi gewerk vir die skoot.

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/100_1851_zps1a330696.jpg

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/100_1848_zpsd19e3b96.jpg
Die gaatjie met baie bloed net bo en links van die linker oog.

Dit was toe net voor 11 en die ouens het gereel om tot 12 te jag maar Aaron was op en ons roep toe die bakkie om ons te kom optel.
Die bakkie kom toe en ek laai my rugsak en Aaron klim toe op ek druk toe die knip onder die magasyn plaat oop en maak die geweer heeltemaal veilig voor ek op die bakkie klim. Ek probeer toe die plaat toemaak en hy wil nie, hy bly oop kom ek kyk toe mooi toe sien ek die knip het gebreek >:(

Met die dat dit net 'n eendag jag was het ek nie my 375 of 303 ingepak nie maar gelukkig was daar toe 'n spaar Musgarve 308 in die kamp. Die was ingestel op 100 meter en was gelaai met 165gr Scirocco teen net oor 2400fps nie te vinnig nie maar dodelik het al gesien wat die koele verrig.

Terug by die kamp lekker bruch/lunch gehad so lekker sirlion steakie op die kole en 2 uur was ons toe weer uit. Die keer het Aaron toe langbroek aan teen die dorings maar ek kon sien na die eerste half uur dat hy moeg gestap was van die oggend.

Paar fotos van die kamp van die meeester fotograaf.
http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/100_1855_zpsa8821490.jpg

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/100_1856_zpse7d8ff0c.jpg

Ons was so uur uit toe kry ons die mannetjie se spoor hy is bietjie blurry maar jy kan sien wie het die spoor gegooi.

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/100_1873_zps063c9920.jpg

Die deel van die plaas was verskriklik ruig maar die gids het gese hier is baie rooibokke so halfuur later na die hiena spoor sien hy toe 'n rooibok in verskriklike ruig bos. Die ram het binne die bos gaan staan en rus ek was seker 10 minute op die stokke en gewag dat hy moes uitkom hopelik links van die bos regs sou die bos nog erger wees. Maak nie saak wat nie ek kon net nie gaping kry deur die takke nie en dit was 25 meter van ons af. Met die dat ons so staan sien ek nog 'n ram maar ook in ruie bos en ook geen skoot kans nie. Toe dwarrel die wind en daar gaan hulle daar was toe 3 van hulle en die verste seker 30 meter van ons af maar geen skoot nie. :(

So 20 minute later kruis ons 'n pad en sien so 400 meter verder af hoe trop rooibokee oor die pad loop. Kom reg hoor hulle die wind is reg en ons het almal mooi stil geloop afstand is weer so 30 meter maar die bos is alweer te ruig kry nie skoot nie sien net die diere beweeg deur die bosse. Wind dwarrel weer daar spander hulle weer. Teen die tyd is Aaron klaar hy kan nie meer nie en hy is moeg geloop.

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/100_1875_zps0fbd4891.jpg
Die ruie bos.

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/100_1879_zpsf41fdf2c.jpg
Pappa hier is baie doringbosse hoe kom ek hier deur. ;D

Ons besluit toe om reguit land toe te loop daar is altyd varke in die middag se die gids. Ons sien toe koedoe koeie wat weghardloop in die ruigtes ook maar geen meer rooibokke nie. Oppad na die land toe neem hy toe nog lekker fotos.

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/100_1901_zpsb49c1826.jpg

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/100_1903_zpsb958ff25.jpg

Kom by die land en daar is so 8 varke in die land en een steenbok ons bekruip tot die rand en die gids se ek moet skiet die afstand is nie sover nie. Ek kry toe die range finder 180 meter toe nie so naby nie :o
Ek het ook die skietstokke geruil vir die middag en die twee been stokke gehad nie die 3 been soos die oggend nie. So dit was nie so stabile soos wat ek dit wou he nie. By x6 deur die 3200 Bushnell lyk die varkies maar baie klein en draai om toe op na x9 die kruishaar is ook nie so dun soos met my Leupold nie maar nou ja hier is my geleentheid vir die middag en daar is geen wind nie.

Ek mik en vat toe amper die skoot op die grootse van die klomp in die land maar los net voor die skoot loop. Ek mik toe weer sit my agtervoet dieper in die sand en staan toe meer stewiger kyk my asemhaling mik so 4" hoer en laat loop die "thump" kom mooi terug en die vark val net daar en skop. Ek dog toe ek het te hoog geskiet en die rug gevang die dat die vark toe net daar geval het. Aaron hardloop toe saam met die gids na die vark want hy wil eerste sien en ek range toe weer net om seker te maak 180 meter op die kop.

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/100_1905_zps1c77b572.jpg

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/100_1909_zpsf50c841b.jpg

Kom toe by die vark aan en die was perfekte hartskoot ek kon nie beter geskiet het nie en die koel het toe 4" geval. Dit was nou dalk nie oor 300 meter nie maar dit was nie 'n langafstand patroon nie geleende geweer en net van twee been skiet stokke af nie. So ek is baie chuffed met myself en my Aaron kon darem sien sy Pa kan mis maar het darem die skoot geroep en soos wat ek hom gese het as jy nog nooit gemis het nie het jy nog nooit gejag nie.

Dit was 'n vooreg om my seun vir die eendag so in die bos te kan laat stap en leer. Hy het honderde dinge geleer te veel vra gevra terwyl ons loop wanner ons stil moet wees maar ek sal dit vir niks ruil nie. Hy kan net volgende keer verbeter maar hy het 'n whale of a time gehad en al was dit net twee speenvarke hulle is lekker vet darem en behoort lekker te eet.

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/100_1915_zps3087072e.jpg

Re: Pappa kan ook Mis !

Posted: Sun Aug 04, 2013 8:05 pm
by NEGE3
Dankie vir die deel. Wat 'n voorreg om die volgende geslag jagters in aksie te sien. Ek glo hy is in goeie hande. Jammer vir die mis, maar jag is nie net raakskiet nie. Dit hou ons maar nederig.
Groete.

Re: Pappa kan ook Mis !

Posted: Sun Aug 04, 2013 8:40 pm
by DWB
Lekker man! Mooi gedoen

Re: Pappa kan ook Mis !

Posted: Sun Aug 04, 2013 8:45 pm
by vlakvark1
Frederik jy kan n storie baie mooi vertel en die fotos lyk baie goed saam die storie ;)

Re: Pappa kan ook Mis !

Posted: Sun Aug 04, 2013 8:58 pm
by grumpy
Baie mooi Frederik en dankie vir die deel.

Ek gaan einde van die maand varke skiet by familie. Ook my eerste vark jag!

Re: Pappa kan ook Mis !

Posted: Mon Aug 05, 2013 6:13 am
by Frederik
Dankie Manne, ek hoop ek kan my 270 uitsorteer voor die einde van die maand wil hom saamvat na Ellisras Vuurwapen fees en die eerste keer probeer om in die PMP skiet kompetisie deel te neem.

Re: Pappa kan ook Mis !

Posted: Mon Aug 05, 2013 6:17 am
by Wismit
Lekker man,
Ek onthou my pa het my ook eers met 'n kamera laat begin jag. My eie gids gehad, kamera met tellefoto lens en als.

Dan het ons in die aande lekker om die kampvuur gesit en die dag se jagstories vertel.

Lekker man

WS

Re: Pappa kan ook Mis !

Posted: Mon Aug 05, 2013 9:12 am
by Jakkie 321
Dankie vir die strorie. Is dit nie n voreg wat ons het in hierdie land om sulke wonderlikke natuur lewe te he nie??

Groette

Re: Pappa kan ook Mis !

Posted: Mon Aug 05, 2013 9:47 am
by ROBBIE1
Mooi vertel daar, en die fotos maak dit nog mooier!

Re: Pappa kan ook Mis !

Posted: Mon Aug 05, 2013 10:00 am
by Doppies
Dit is nou lekker om so iets met jou seun te deel . Jy is baie bevooreg. Wel gedaan.

Re: Pappa kan ook Mis !

Posted: Mon Aug 05, 2013 10:11 am
by Marc
Welkom terug maat

Bly julle het goed geskiet en mooi gereis :)

Ek kan nie meer wag om my laaitie ook saam te laat loop nie, ons is voorwaar bevooreg !

Mooi loop
Marc

Re: Pappa kan ook Mis !

Posted: Mon Aug 05, 2013 10:30 am
by FHM
Netjies ou Frederik - lekker storie met bypassende fotos ook.
Kan sommer sien op die gesiggie op die fotos daai knaap geniet homself.
Dis puik herinneringe wat julle bou mater ;)

Re: Pappa kan ook Mis !

Posted: Mon Aug 05, 2013 12:48 pm
by Langes
Frederik, eks bly jy kon hierdie spesiale tydjie met jou seun deel!!

Ek kan nie wag dat my klein terroris bietjie groter is nie!!!

Groete

Re: Pappa kan ook Mis !

Posted: Mon Aug 05, 2013 6:47 pm
by Frederik
Dankie aan almal.

Robbie jy het klaar amper die heel storie gister gehoor toe ek die vleis aflaai.
Moet nie vergeet om die lys te stuur wat ek met die varkeis als kan doen nie.

Re: Pappa kan ook Mis !

Posted: Mon Aug 05, 2013 8:10 pm
by Carl
Mooi storie Frederik, 'n voorreg om die tyd saam te kan beleef!