Page 1 of 1

Hunt Buddy op .30-06

Posted: Sat Aug 03, 2013 1:08 pm
by BRNO (Pierre)
Ek wonder al lank of ek n knaldemper op my .243 en .308 moet sit, en besluit toe, na n paar gesprekke en emails met Henk, dat ek net een gaan koop, aangesien die skroefdraad vir beide die twee gewere dieselfde sal wees. Henk se egter vooraf dat die geluid nie soveel gedemp dal word op die .243, aangesien die gat by die tromp dan nou effe groter sal wees, as wat hy dit gewoonlik sal maak.

Dinsdag laat kry ek n email van Henk wat vra wat is die skroefdraad wat op die kroon van my .30-06 gesny is vir die terminator. Op my gebrekkige manier meet ek dit, en dit is toevallig dieselfde as wat die ander twee gewere s'n sal wees. Bakgat dink ek, ek kan die hunt buddy nou sommer op die nil kwes ook gebruik. Henk verras my toe met n oproep waarin hy my meedeel dat hy vir my een vir die nil kwes stuur, sodat ek dit vir hom moet toets. Natuurlik voel dit soos kersfees.

Toe ek gister die sakkie by die poskantoor optel, sak my opgewondenheid so effe, want die sakkie is te lig vir twee dempers :( . Wonder bo wonder is albei die dempers in die sak. by die huis gekom skroef ek sommer albei op die nil kwes om die gevoel te kry. Die onmiddelike verskil is natuurlik die gewig, en dan die grootte. Die terminator weeg in die omgewing van 800gr, en is 220mm lank. Die nil kwes hunt buddy weeg slegs 400gr, en is 145mm lank, en die heel kleinste wat vir die .243 en .308 bedoel is, weeg net oor die 300gr, en is slegs 115mm lank.

Ek wil dit graag net duidelik stel dat hierdie nie n "play off" tussen die terminator en die hunt buddy is nie, maar ek gaan slegs die terminator as my eie verwysings raamwerk gebruik. Henk het ook gese dat in sy opinie die terminator sagter sal wees indie sin dat hy meer klank sal demp as die hunt buddy.

Hier is n foto van die dempers. Heel links is n foto van die terminator. tweede van links die demper vir die nil kwes. Derde van links die demper vir die .243 en .308, en dan regs is die demper wat op my .22 kom. Hy is wel langer as die hunt buddy, maar weeg slegs 120gr.
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/Knaldempers.jpg

Re: Hunt Buddy op .30-06

Posted: Sat Aug 03, 2013 1:58 pm
by BRNO (Pierre)
Oom Pine, dankie vir oom se terugvoer. Myeen draw back van die terminator is ook maar dat hy bloot net te swaar is. Ek is baie opgewonde om die hunt buddy aan die toets te kry.

Re: Hunt Buddy op .30-06

Posted: Sun Aug 04, 2013 7:21 pm
by Silent Hunting
Oom Pine,

Hehehe, geluk met jou aankoop. Geniet hom.

Op oom se laaste skrywe slaan oom die spyker op die kop. Man koop mos maar wat vir hom werk en pas. Alaml het nie dieselfde applikasie nie.

Groete,

Henk

Re: Hunt Buddy op .30-06

Posted: Sun Aug 04, 2013 7:26 pm
by Chevvy SS
My bestellings gaan hierdie week in....

Re: Hunt Buddy op .30-06

Posted: Sun Aug 04, 2013 7:36 pm
by PWV
Ek het nou twee van Henk se produkte op my gewere - een op die 7mm Tombi en een op my Howa .308. Wat 'n plesier om met die gewere te skiet!!!
Ek is bly Pine geaam dit. Hy is 'n man met baie meer kennis as ek en as selfs ek kan vasstel dat dit 'n goeie produk is, sĂȘ dit baie.
Pine, ek het al baie ouens aanbeveel om die hunt buddy te koop. Waarom R3000+ betaal vir 'n ding wat net so goed of beter werk?

Groetnis

P.W.V.

Re: Hunt Buddy op .30-06

Posted: Mon Aug 05, 2013 3:56 pm
by Griffel Fourie
En ek het vir my .303 ook toe sommer 2 gekoop - die gewone een en die Hunt Buddy - sal my verslaggie instuur as ek daai bosvarke einde Sept in Noord Natal gaan om kikker ;D

Re: Hunt Buddy op .30-06

Posted: Mon Aug 05, 2013 4:19 pm
by Carl
Toets verslag op my 243 na die naweek.

Re: Hunt Buddy op .30-06

Posted: Sun Aug 11, 2013 1:08 pm
by BRNO (Pierre)
Ek het verlede Woensdag reeds my .243 van Thinus van Wyk terug gekry, met die skroefdraad vir die hunt buddy gesny, en sommer weer die loop geblue. Ek was natuurlik soos n stout kind, en sommer reeds die middag na Blue Gum, om te gaan kyk wat maak hy.

Eerstens kan ek se dat die demper baie mooi afgewerk is, en sommer windgat lyk voor op die Brno se loop. Dan, die grootste plus punt, is dat hy werklik so lig is, dat daar feilik nie n verskil aan die geweer gevoel kan word nie. Skoot vir skoot kon ek 100% op die teiken bly, en elke keer sien waar die koeel die papier punch. My .243 kan ek werklik vergelyk met die terugskop van n .22 met n HV patroon in die kamer. Ek het die demper met n effe groter gat gevat, sodat dit op my vrou/my .308 ook kan diens doen, en selfs met dit, klink die knal nie veel meer as n oordentlike sweepslag nie. My laaste 10 skote het ek myself aangejaag, en kon gemaklik op 150m sien hoe ek elke keer n blesbok teiken in die oog tref. Donderdag is dit die blesbokke op Douglas se beurt.

Toe kom die nil kwes. Onthou asb, dat ek nie die Hunt buddy teen die terminator afspeel nie, maar dit is al verwysings raamwerk wat ek het. Die verskil in gewig voor aan die geweer se loop. is n baie groot plus punt vir my. Ek sal verseker die Brno heeldag in die veld kan dra met die hunt buddy op. Wat bakkie jag aanbetref, sal dit my nie pla watter een nie, eengesien albei die terugskop so verminder, dat die geweer met n 165gr Nosler Accubond teen 2840ft/s steeds op die teiken bly, en kan die inpak van die koeel oor 150m gemaklik gesien word. Henk het vooraf gese, en was reg, die hunt buddy is nie so sag soos die terminator nie, maar steeds kan daar gemaklik sonder oor mowwe geskiet word, sonder dat die knal pla.

Ek sal verseker die hunt buddy met die grootste gemak aanbeveel, as jy prys in gedagte hou, sowel as die feit dat Henk die demper binne drie dae in jou hande kan he, uit Bloem uit, en as jy bereid is om jou geweer na hom te neem, sny hy sommer die skroefdraad ook vir jou.

Wat ek wel nog sal doen, is om die verskil in impak met en sonder die hunt buddy te gaan toets. Ek sal weer hier kom verslag gee.

Re: Hunt Buddy op .30-06

Posted: Sun Aug 11, 2013 7:06 pm
by LUAN
Ons het die naweek met Bazil hier op die forum se nuwe Howa 30-06 gaan lading ontwikkeling doen. Hy het reeds n huntbuddy bestel en opgesit gehad nog voordat hy met die geweer gaan skiet het. Ek is beindruk hoe aangenaam die 06 skop en ons het saamgestem dis glad nie nodig om n ander recoil pad op die boyds kolf te sit. Ek het n skoot laat klap sonder die oormowwe maar dis nog te hard vir my en sal nie sommer sonder mowwe skiet nie. Hierdie is n lekker praktiese jaggeweer wat nie te swaar is of ongebalanseerd met die silincer. Die huntbuddy het 4 baffles in en klink glad nie harder as bv n piet jacobs demper met 10 baffles in. Hy is mooi afgewerk vir n goeie prys. Daar was ook nie n spoed verskil met of sonder die huntbuddy op.

Re: Hunt Buddy op .30-06

Posted: Mon Aug 12, 2013 4:20 pm
by BRNO (Pierre)
Ek het vandag die lekkerste toets nog met die HB gedoen. Uit my .30-06 met 180gr Hornady IB's teen 2650ft/s, is daar geen verskil in POI, en kan ek net op, of afskroef en skiet. Ongelukkig uit my .243 het my nuwe primers my rond geneuk, en sal ek dit op n ander dag eers kan bevestig.

Donderdag, gaan ek n paar blesbokke aan my nuwe Hunt Buddy voorstel >:D

Re: Hunt Buddy op .30-06

Posted: Mon Aug 12, 2013 4:28 pm
by LUAN
Bazil se 06 het die hele teiken mis geskiet toe ons die silincer afskroef!

Re: Hunt Buddy op .30-06

Posted: Mon Aug 12, 2013 4:41 pm
by BRNO (Pierre)
.303 wrote:Bazil se 06 het die hele teiken mis geskiet toe ons die silincer afskroef!
Met my terminator was dit ook die geval. Gelukkig nie met dei HB nie.

Re: Hunt Buddy op .30-06

Posted: Tue Sep 03, 2013 10:41 am
by tau
Manne op my 7mm is die klank baie af, maar die beste ding is die recoil wat amper weg is. Ek kyk nou deur my scope tot die skoot op 400m stof maak. Wat 'n plesier.

Waar in die Kaap kan ek laat draad sny way my nie R1200 gaan kos nie??? My .222 kort ook 'n Sb en wil net eers seker maak van draad voor ek bestel.

Re: Hunt Buddy op .30-06

Posted: Tue Sep 03, 2013 10:55 am
by Arnold
Tau, eintlik laat sny mens jou draad om by die kd te pas. Natuurlik kan jy nie 16x1mm draad op 'n 15mm dik loop sny nie.
Die ouens hier vra nogal 'n aardige bedraggie vir draadsny, maar in meeste gevalle verstaan ek hoekom as hulle dit verduidelik.

Re: Hunt Buddy op .30-06

Posted: Tue Sep 03, 2013 11:00 am
by LUAN
Nee dis te veel. Piet Jacobs was R700 vir silincer en draad sny.

Re: Hunt Buddy op .30-06

Posted: Tue Sep 03, 2013 11:03 am
by Carl
.303 maar Tau gaan mos meer aan petrol spandeer om Aliwal toe te ry ;) R700 is bitter goedkoop vir albei.

Re: Hunt Buddy op .30-06

Posted: Tue Sep 03, 2013 11:04 am
by tau
Arnold wrote:Tau, eintlik laat sny mens jou draad om by die kd te pas. Natuurlik kan jy nie 16x1mm draad op 'n 15mm dik loop sny nie.
Die ouens hier vra nogal 'n aardige bedraggie vir draadsny, maar in meeste gevalle verstaan ek hoekom as hulle dit verduidelik.
Ek kla glad nie oor die diens wat ek gekry het nie, maar ek moet scope, mounts, silencer koop en laat pillar bed en draad sny op die .222 Rem.

Oom Erwee in Vredendal se pryse is goed, maar om daar te kom en brandstof verander die som bietjie baie.

Harrison het geweier om draad te sny voor hulle die kneldemper het, en my demper pas beter as die doppie wat jy opsit as jy sonder demper skiet. So ek is baie tevrede met die kwaliteit van hulle werk.

Re: Hunt Buddy op .30-06

Posted: Tue Sep 03, 2013 11:06 am
by VdWalt
EK het my HB vandag terug gestuur na Henk - Henk gaan nou vir my 'n blank
KD stuur wat die geweersmit dan vir my gaan sny om op die geweer te pas.

Re: Hunt Buddy op .30-06

Posted: Tue Sep 03, 2013 3:31 pm
by Danie01
Ek het ook my HB die naweek getoets:

Klank is baie sagter as sonder silencer maar harder as Terminator.
HB vat ook baie van recoil weg
HB is helfte van terminater se gewig en ook korter soos gesien in vorige posts

Waqt ek hou van HB is dat dit baie gemaklik dra en ook nie geweer ongeballenseerd laat voel nie. Ek voel die HB is vir walk en stalk en geweer baie op skouer dra, vat heelwat recoil weg en is sag genoeg op die ore.

Terminator is nou weer swaarder en maak geweer lomp, maar is sagter op die oor en recoil om en by dieselfde as met HB. Terminator is meer vir ou uit voorsit skietstoel en op baan.

Ek is nie spyt oor HB nie en sal dit ook aanbeveel, teen R650 en lekker ligte gewig is dit die beter opsie vir my waar daar koedoes en varke van voet of bakkie af gejag word.

My HB draai net baie swaar vas daardie laaste entjie, maar ek sal vir henk kontak en vra wat rede kan wees, want die eerste keer het hy lekker opgedraai en ander silencer draai nogsteeds reg op.

Groete
Danie

Re: Hunt Buddy op .30-06

Posted: Tue Sep 03, 2013 5:13 pm
by BRNO (Pierre)
Danie01 wrote:Ek het ook my HB die naweek getoets:

Klank is baie sagter as sonder silencer maar harder as Terminator.
HB vat ook baie van recoil weg
HB is helfte van terminater se gewig en ook korter soos gesien in vorige posts

Waqt ek hou van HB is dat dit baie gemaklik dra en ook nie geweer ongeballenseerd laat voel nie. Ek voel die HB is vir walk en stalk en geweer baie op skouer dra, vat heelwat recoil weg en is sag genoeg op die ore.

Terminator is nou weer swaarder en maak geweer lomp, maar is sagter op die oor en recoil om en by dieselfde as met HB. Terminator is meer vir ou uit voorsit skietstoel en op baan.

Ek is nie spyt oor HB nie en sal dit ook aanbeveel, teen R650 en lekker ligte gewig is dit die beter opsie vir my waar daar koedoes en varke van voet of bakkie af gejag word.

Groete
Danie
Danie, ek het dit ook hier probeer beskryf, maar voel verseker netso oor die twee knaldempers soos jy hier geskryf het.