Page 1 of 1

Lank lank gelede, of is dit?

Posted: Sat Aug 03, 2013 12:10 pm
by Doppies
So kry ek nou die dag ammunisie vir my nuut gewonde liefde weer vir n 303 en die verpakking van die ammunisie het my laat terug dink, watter jaar was die en waar was ek.

Ek dog toe maar om dit te deel met die manne wat dit nog goed sal onthou en die jagtogte wat saam met dit gegaan het en die stories agter dit . Die vepakking met die koedoe op wys nog R17.80.

Hoe het die lewe maar nie verander nie.

Re: Lank lank gelede, of is dit?

Posted: Sat Aug 03, 2013 12:32 pm
by vlakvark1
Jy moet die boksies mooi bêre. Dit is ''antiek'' ;) ;)

Re: Lank lank gelede, of is dit?

Posted: Sat Aug 03, 2013 12:49 pm
by BRNO (Pierre)
Ek het die boksie verlede jaar saam met my .243 gekry. Dit is in 1985 gekoop, en het slegs R12-31 vir die pakkie gekos. Kyk bo op die bokdie se flappie staan daar lot005. Die gewig van die koeel word ook nog hier aangedui in gram.
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/SDC10753Small.jpg

Ek moet darrem se Doppies. Daai boksies van jou lyk sommer vrek oud, asof hulle uit die ou Vrystaat se dae kom.

Re: Lank lank gelede, of is dit?

Posted: Sat Aug 03, 2013 4:24 pm
by TOKELOS
Die koedoekop pakkies kan ek nog onthou van my skooldae af. Rondom 1974.
Ek kan onthou dat ek in daardie tye SOMS ook nog van die kalahari boere met die oranje-blanje- blou pakkies gesien het maar ek sal nie kan se of dit op daardie stadium nog in die winkels beskikbaar was nie.

Re: Lank lank gelede, of is dit?

Posted: Sat Aug 03, 2013 7:17 pm
by mariusr
Pakkie 30 06 musgrave nog vol ook van die 70'5 prys R8.50 by veld @ vlei gekoop!

Re: Lank lank gelede, of is dit?

Posted: Sat Aug 03, 2013 7:22 pm
by mariusr
Goeie ou dae!

Re: Lank lank gelede, of is dit?

Posted: Sat Aug 03, 2013 7:27 pm
by mariusr
IMG00044-20130803-1916.jpg

Re: Lank lank gelede, of is dit?

Posted: Sat Aug 03, 2013 8:43 pm
by Christo
Moet hulle nie probeer skiet. So 2 weke terugkom skiet 'n vriend sy 270 hier by my in. Bring boxie Sako solids ook saam. Hy weet nie hoe oud is hulle. Ek skiet eerste skoot en alles lyk reg behalwe dat die POI ver af is van ander koeels, PMP, wat hy geskiet het. Tweede skoot gaan af en my hele gesig brand soos wanner jy deur sand getref word op spoed. En klomp kruit rook om die slot. Skoot onder op papier op 100m.

Met ondersoek is daar gat langs die slagdop in die dop deurgebrand. Gelukkig is daar nie skade aan my of geweer nie. Net groot geskrik.

Ek sal in die vervolg met brille op skiet as ek oor patrone twyfel, dalk nie weer so gelukkig volgende keer nie.

Re: Lank lank gelede, of is dit?

Posted: Mon Aug 05, 2013 9:57 am
by Doppies
Christo ongelukkig of sal ek se gelukkig vir my het ek hulle geskiet nadat ek dit goed na gegaan het en het nie n probleem ondervind maar kon anders gewees het. Jy het n punt beet is nie n goeie idee om sulke ou ammo te skiet nie.