.375 H&H 250gr TTSX Lading?
-
Alphamale
- Newbie

- Posts: 26
- Joined: Thu Jul 04, 2013 10:54 pm
.375 H&H 250gr TTSX Lading?
Dag Manne.
Ek weet nie of hierdie al bespreek is nie, so as dit is, verwys my asb soontoe.
Ek kry nie laai data op die 250gr TTSX vir die .375 nie. Ek wil graag die koeel teen ongeveer 2500 fps skiet. Kan iemand wat weet asb vir my 'n aanbeveling maak. Die geweer is 'n CZ550.

CZ 30-06, Burris E1 Fullfield Ballistic Plex
CZ .375 H&H Magnum
CZ 75 P-07 9mm
CZ .375 H&H Magnum
CZ 75 P-07 9mm
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: .375 H&H 250gr TTSX Lading?
lyk my jy kan 355 gebruik. van so 65gr, en laai stadig op.
of 341, by dieselfde begin punt. dopvulling lyk beter met die 355.
wees maar net altyd versigtig.
hoor maar wat die ander manne ook se
of 341, by dieselfde begin punt. dopvulling lyk beter met die 355.
wees maar net altyd versigtig.
hoor maar wat die ander manne ook se
HOU HOM DAAI DIKTE
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: .375 H&H 250gr TTSX Lading?
Hallo Alphamale,
Die inligting soos Cassie hierbo noem, sal die manne met QL help om vir jou die verskillende nodespoede te kan uitwerk.
Ek dink 2500fps is dalk so bietjie aan die stadige kant vir 250gr TTSX'e. Soos Wouter altyd noem, moet jy probeer om premium mono koeels tot hulle maks potensiaal te benut soos deur die vervaardiger voorgeskryf. Hier onder 1800fps (onder korreksie) inpaksnelheid begin hulle al hoe meer soos solids op te tree, veral as jy nie groot bene tref nie, met gevolglik 'n klein wondkanaal.
Ek het sopas vir myself klompie proewe met Spartan 250gr gelaai wat ek more sal gaan toets. Dit is ook 'n monolitiese koeel baie soortgelyk aan die Barnes TSX'e. Die node spoede in my .375 (met 26" loop) was onder skeidelik 2835fps by die boonste node (net onder maks druk) en 2640fps by die laer node met S355. Dit is onderskeidelik met +- 65gr en 70gr. Let wel, dit is in my geweer en sal nie noodwendig dieselfde in joune wees nie! As jy so paar proewe laai by ongeveer 65gr S355 en die gem. spoed van hulle kry, sal dit die manne met QL help om die program verder te kalibreer en vir jou beter voorspellings te kan gee.

Hahaha.
Cassie, daar post ek en jy dieselfde inligting gelyk.
Cassie, daar post ek en jy dieselfde inligting gelyk.
-
ZKK
- Hero Member

- Posts: 624
- Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm
Re: .375 H&H 250gr TTSX Lading?
Ek sal dit waardeer as een van die meer ervare manne my berekeninge kan check
Cartridge : .375 H.& H. Mag.
Bullet : .375, 250, Barnes 'TTSX' BT 37542
Useable Case Capaci: 76.396 grain H2O = 4.960 cm³
Cartridge O.A.L. L6: 3.600 inch = 91.44 mm
Barrel Length : 25.0 inch = 635.0 mm
Predicted Data for Indicated Charges of the Following Powders.
Matching Barrel Time: 1.279 milliseconds
These calculations refer to your specified settings in QuickLOAD 'Cartridge Dimensions' window.
C A U T I O N : any load listed can result in a powder charge that falls below minimum suggested
loads or exceeds maximum suggested loads as presented in current handloading manuals. Understand
that all of the listed powders can be unsuitable for the given combination of cartridge, bullet
and gun. Actual load order can vary, depending upon lot-to-lot powder and component variations.
USE ONLY FOR COMPARISON !
Powder type --- Filling/Ratio --- Charge --- Charge --- Vel. --- Prop.Burnt --- P max --- P muzz --- B_Time
------------ % ----------- Grains ----- Gramm ----- fps ---------- % ------- psi ------- psi ------- ms
--------------------------------- -----------------------------------------------------------------
Somchem S365 --- 104.5% --- 73.2 gr --- 4.75 --- 2686 fps --- 99.5% 45546 7972 --- 1.279 milliseconds
Somchem S355 --- 97.2% --- 67.0 gr --- 4.34 --- 2636 fps --- 98.9% 48907 7411 --- 1.279 milliseconds
Somchem S385 --- 107.8% --- 76.8 gr --- 4.97 --- 2633 fps --- 92.9% 47412 7841 --- 1.279 milliseconds
Somchem S361 --- 102.5% --- 76.9 gr --- 4.98 --- 2571 fps --- 88.4% 48202 7331 --- 1.279 milliseconds
So dit lyk of S365 die aangewese outjie is.
Die stelsel moet nou net gekalibreer word met ware snelhede
(PS raadpleeg eers jou Somchem boekie voor enige van hierdie ladings gebruik word)

Last edited by ZKK on Mon Aug 12, 2013 5:41 pm, edited 4 times in total.
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: .375 H&H 250gr TTSX Lading?
Is jy seker oor die die dopvolume? Ek verbeel my die dopvolume vir my .375 H&H was 93.7gr H20?
-
ZKK
- Hero Member

- Posts: 624
- Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm
Re: .375 H&H 250gr TTSX Lading?
Ek het die "default" waarde gebruik wat Quickload gee nl. 95.3gr H20?
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: .375 H&H 250gr TTSX Lading?
ZKK wrote:Ek het die "default" waarde gebruik wat Quickload gee nl. 95.3gr H20?
Cartridge : .375 H.& H. Mag.
Bullet : .375, 250, Barnes 'TTSX' BT 37542
Useable Case Capaci: 76.396 grain H2O = 4.960 cm³
Cartridge O.A.L. L6: 3.600 inch = 91.44 mm
Barrel Length : 25.0 inch = 635.0 mm
Sorry ZZK, ek het nie quickload nie. Ek het maar net verwys na die data wat jy onder 'Useable Case Capacity" nl. 76.396 gesit het. Gedog dis die selfde waarde, maar neem aan dit is slegs die dopvolume beskikbaar nadat die koeel geseat is. My Bad
-
ZKK
- Hero Member

- Posts: 624
- Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm
Re: .375 H&H 250gr TTSX Lading?
Nee geen probleem ek leer op hierdie stadium eers die robes
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: .375 H&H 250gr TTSX Lading?
Met S355 is daar moontlik 'n hoër node wat by maks druk is en 2850vps gee. Dop sal 105% vol wees. Kyk as jy 73.8gr gooi.
-
Alphamale
- Newbie

- Posts: 26
- Joined: Thu Jul 04, 2013 10:54 pm
Re: .375 H&H 250gr TTSX Lading?
Dankie vir die terugvoering so ver, maar verduidelik asb vir my wat "node" spoed beteken. Ek is maar nog 'n roekie in die game, so julle hulp sal waardeer word.
CZ 30-06, Burris E1 Fullfield Ballistic Plex
CZ .375 H&H Magnum
CZ 75 P-07 9mm
CZ .375 H&H Magnum
CZ 75 P-07 9mm
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: .375 H&H 250gr TTSX Lading?
n "node spoed" spoed is waar jou geweer in "haarmony" is en behoort jy daar naby 'n beter groepering te kry.Alphamale wrote:Dankie vir die terugvoering so ver, maar verduidelik asb vir my wat "node" spoed beteken. Ek is maar nog 'n roekie in die game, so julle hulp sal waardeer word.
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: .375 H&H 250gr TTSX Lading?
Dit is die spoed waar die vibrasies in jou loop tydens die skoot stabiel is en dus 'n akkurater, herhaalbare resultaat gee. Dis daardie spoed (lading) waar jou geweer optimaal groepeer. Daar is gewoonlik 2 of 3 sulke "nodes" tussen minimum en max lading. Gaan doen gerus 'n forum search vir "optimal barrel time" of "OBT"- daar is dit al baie breedvoerig bespreek. Op die internet is daar ook baie daaroor geskryf.Alphamale wrote:Dankie vir die terugvoering so ver, maar verduidelik asb vir my wat "node" spoed beteken. Ek is maar nog 'n roekie in die game, so julle hulp sal waardeer word.
Basies gebruik die Quick Load Program hierdie beginsel van "optimum barrel time" om 'n sekere spoed (genoem node of node-spoed) teoreties volgens jou geweer se spesifikasies te voorspel. Dit spaar jou baie tyd en geld omdat jy dan nie die hele spektrum van min-max lading te ondersoek nie, maar slegs rondom die "node-spoed" volgens Q-L rond te speel, om 'n goeie groepering vir jou geweer te kry.
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: .375 H&H 250gr TTSX Lading?
jjulle sal nie verstaan waste werelde maak QL en OBT viri jouu oop nie
HOU HOM DAAI DIKTE
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: .375 H&H 250gr TTSX Lading?
ZKK wrote:Ek sal dit waardeer as een van die meer ervare manne my berekeninge kan check
Cartridge : .375 H.& H. Mag.
Bullet : .375, 250, Barnes 'TTSX' BT 37542
Useable Case Capaci: 76.396 grain H2O = 4.960 cm³
Cartridge O.A.L. L6: 3.600 inch = 91.44 mm
Barrel Length : 25.0 inch = 635.0 mm
Predicted Data for Indicated Charges of the Following Powders.
Matching Barrel Time: 1.279 milliseconds
These calculations refer to your specified settings in QuickLOAD 'Cartridge Dimensions' window.
C A U T I O N : any load listed can result in a powder charge that falls below minimum suggested
loads or exceeds maximum suggested loads as presented in current handloading manuals. Understand
that all of the listed powders can be unsuitable for the given combination of cartridge, bullet
and gun. Actual load order can vary, depending upon lot-to-lot powder and component variations.
USE ONLY FOR COMPARISON !
Powder type --- Filling/Ratio --- Charge --- Charge --- Vel. --- Prop.Burnt --- P max --- P muzz --- B_Time
------------ % ----------- Grains ----- Gramm ----- fps ---------- % ------- psi ------- psi ------- ms
--------------------------------- -----------------------------------------------------------------
Somchem S365 --- 104.5% --- 73.2 gr --- 4.75 --- 2686 fps --- 99.5% 45546 7972 --- 1.279 milliseconds
Somchem S355 --- 97.2% --- 67.0 gr --- 4.34 --- 2636 fps --- 98.9% 48907 7411 --- 1.279 milliseconds
Somchem S385 --- 107.8% --- 76.8 gr --- 4.97 --- 2633 fps --- 92.9% 47412 7841 --- 1.279 milliseconds
Somchem S361 --- 102.5% --- 76.9 gr --- 4.98 --- 2571 fps --- 88.4% 48202 7331 --- 1.279 milliseconds
So dit lyk of S365 die aangewese outjie is.
Die stelsel moet nou net gekalibreer word met ware snelhede
Kom ek verduidelik verder vir jou aan die lig van bog voorbeeld soos ZZK vir jou teoreties mbv Q-L bereken het...
Neem die boonste lyntjie inligting in bog tabel mbt S365 as voorbeeld:
Volgens Q-L se berekening hier is daar 'n "node-spoed" met S365 by 'n spoed van 2686fps. Dit is omtrent 73.2gr kruit. Die dop sal baie vol wees met hierdie lading (104.5% vol) wat gaan beteken dat die kruit bietjie gekompakteer sal word as jy die koeel seat tot op 'n TPL van 91.44mm. Verder voorspel Q-L dat 99.5% van die kruit sal ontbrand (en dus 0.5% kruit voor by die loop sal uitblaas sonder dat dit ontbrand het). Die drukking in jou kamer sal 45546psi wees by hierdie spesifieke lading. Die tyd wat dit koeel sal neem om die loop te verlaat vandat jy die sneller druk is 1.279 millisekondes. Ideaal wil jy altyd mik na so na as moontlik aan 100% dopvulling sowel as 100% ontbranding.
Dit beteken dus dat Q-L bereken het dat vir optimum vibrasie-stabiliteit van die loop, die koeel die loop moet verlaat op presies 1.279milisek (die optimum barrel time). Om dit te bewerkstellig moet die koeel beweeg teen 2686fps by die loop (genoem die node-spoed).
Hierdie waardes hierbo is natuurlik aanpasbaar van .375 h&H geweer tot geweer. Nie almal se lope is ewe lank, kamers ewe groot, S365 van dieselfde batch (en dus brandspoed), ens nie.
Om nou hierdie program te kan "fine-tune" en kalibreer spesifiek volgens jou geweer, het Q-L die volgende veranderlikes van JOU GEWEER nodig:
Kal: .375 H&H
Koeel: Barnes TTSX 250gr
Geweer se looplengte: ?
Kamergrootte: Neem 'n dop wat in jou geweer gevuur is en weeg hom. Vul hom met water tot gelyk bo op die rand van die dop en weeg hom weer. Bepaal nou die hoeveelheid water in daardie dop in Grein.
TPL: Hoe lank jy graag jou patrone wil laai. Met mono koeels is so tussen 1 en 2mm vanaf die groewe gewoonlik 'n goeie wegtrekpunt. neem egter jou magasynkaslengte ook in ag- help nie jy kry 'n goeie kombinasie en die koeels wil nie in die magasyn pas nie.
As jy dan verder die gemediddelde spoed van daar die koeels met die kruit wat jy wil gebruik kan gee, kan Q-L die brandspoed van jou spesifieke batch kruit ook kalibreer. Daarom dat ek in my vorige post genoem het dat jy 3 patrone moet laai met die kruit van jou keuse by 'n sekere lading en dan moet gaan skiet oor 'n chrony. Dan word jou lading vs spoed ingevoer in QL vir die finale kalibrering om vir jou korrekte nodespoed te voorspel.
Hoop dit maak sin
Groete
Pieter
-
Alphamale
- Newbie

- Posts: 26
- Joined: Thu Jul 04, 2013 10:54 pm
Re: .375 H&H 250gr TTSX Lading?
Thanks Pieter, nou verstaan ek sommer baie beter. Duidelik 'n baie nice program om te he, die QL.
Sal defnitief vir my een moet aanskaf. Baie dankie vir almal se terugvoering, ek waardeer dit.
Sal defnitief vir my een moet aanskaf. Baie dankie vir almal se terugvoering, ek waardeer dit.
CZ 30-06, Burris E1 Fullfield Ballistic Plex
CZ .375 H&H Magnum
CZ 75 P-07 9mm
CZ .375 H&H Magnum
CZ 75 P-07 9mm
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: .375 H&H 250gr TTSX Lading?
Hier is paar manne op die forum met QL wat graag help om vir jou nodes uit te werk. Gee net die gegewens van jou geweer soos benodig hier deur.Alphamale wrote:Thanks Pieter, nou verstaan ek sommer baie beter. Duidelik 'n baie nice program om te he, die QL.
Sal defnitief vir my een moet aanskaf. Baie dankie vir almal se terugvoering, ek waardeer dit.
Koedoejagplek, biltong en 'n mooi suster bespoedig natuurlik die bereidwilligheid drasties....
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: .375 H&H 250gr TTSX Lading?
My vrou sal beswaar maak teen die mooi suster, maar die ander twee is goeie betaling.
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: .375 H&H 250gr TTSX Lading?
chrony ook net so belangrik. sonder dit, help QL nie veel
HOU HOM DAAI DIKTE
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: .375 H&H 250gr TTSX Lading?
die program is maar duur. maar nie duurder as 'n skaal, of 'n press nie. defnitief 'n groot aanwins vir enige ernstige herlaaier.Duidelik 'n baie nice program om te he, die QL.
Sal defnitief vir my een moet aanskaf
HOU HOM DAAI DIKTE