Page 1 of 2

Brakpan

Posted: Wed Nov 10, 2010 9:22 am
by Pieter101
'n Nuwe Brakpan wet is sopas goedgekeur. As 2 persone skei bly hulle steeds neef en niggie... ::)

Re: Brakpan

Posted: Wed Nov 10, 2010 9:26 am
by Pieter101
Daar is twee redes hoekom dit so moeilik is om 'n Brakpan moord op te los:
1)Die DNA is alles dieselfde;
2)Daar is geen 'dental records' nie.

Re: Brakpan

Posted: Wed Nov 10, 2010 10:04 am
by Boertjie
Dit lyk my Brakpan is maar n rowwe plek. ;D Sal 2 keer dink voor ek soontoe gaan!!!

Re: Brakpan

Posted: Wed Nov 10, 2010 10:06 am
by Geno
Boertjie wrote: Dit lyk my Brakpan is maar n rowwe plek. ;D Sal 2 keer dink voor ek soontoe gaan!!!
Dit is, die honde loop daar in troppe want hulle is bang dat die kinders hulle sal byt!

Re: Brakpan

Posted: Wed Nov 10, 2010 10:11 am
by Boertjie
Daar is seker nie iemand op die forum van Brakpan af nie? Hier is mos darem nie sulke mense tussen ons nie?

Re: Brakpan

Posted: Wed Nov 10, 2010 10:17 am
by GREYHOUND
HOWZIT
Albei my ouers woon al die jare in Brakpan, dis seker hoekom ek so n (undershot jawbone) het.

Greyhound

Re: Brakpan

Posted: Wed Nov 10, 2010 10:24 am
by baboonstalker
dis seker hoekom ek so n (undershot jawbone) het
Is dit nou van honde byt?  ;D

Re: Brakpan

Posted: Wed Nov 10, 2010 10:37 am
by Yalair
16 Maniere om te weet jy is kommin:


1 Die Halloween pampoen op jou stoep het meer tande as jou girlfriend.

2 Jou twaalf jarige dogter mag rook by die tafel voor haar kinders.

3 Jy is al drie keer getroud maar jou skoonouers bly dieselfde.

4 Jy dink chicks wat nie in jou belangstel nie, bestaan nie.

5 Jack Daniels is op jou lys van mense wat jy graag wil ontmoet.

6 Jy dink Dom Perignon is 'n Mafia baas.

7 Jou vrou se hare het al vasgesit in die ceiling fan.

8 Jy dink Johnny Walker het die comrades gewen.

9 Jy het al 'n vuurhoutjie gestrike in jou huis en net die wiele het oorgebly na die ontploffing.

10 Jy kan nie met jou sweetheart trou nie omdat die wet dit verbied.

11 Jou toilet papier het bladsy nommers.

12 Jy het een volledige stel koppies en almal s? Wimpy

13 Die grootste dorp wat jy al in was, was Boys Town .

14 Jou werkende TV sit Bo op jou gebreekte TV.




15 Jy vertel vir almal jy bly in Johannesburg maar dis eintlik Brakpan,


16 Jou bure dink jy is 'n speurder want die polisie bring jou altyd huis toe
17  Jy skree vir die Bulle!

Re: Brakpan

Posted: Wed Nov 10, 2010 10:50 am
by Francois Marais
Benna
17  Jy skree vir die Bulle!
Nu raak jy persoonlik. ;)

Mooi loop
Francois

Re: Brakpan

Posted: Wed Nov 10, 2010 11:09 am
by Louis102
18.  Jy glo 'n .270 is die beste en skreeu vir almal wat teen die bulle speel.



(net 'n grappie, ons bul-ondersteuner het ook gevoelens, julle moenie so op ons trap nie ;). We'll be back!)

Re: Brakpan

Posted: Wed Nov 10, 2010 11:43 am
by BLOK
Ou van brakpan & en van sandton hardloop resies deur tonnel wie kom eerste anderkant uit?

Die ou van sandton, brakpan man moes eers sy naam teen muur met spuitverf skryf.

Blok.

Re: Brakpan

Posted: Wed Nov 10, 2010 11:48 am
by Yalair
Louis
Die een net vir jou  ;D

Pietie wil TV koop en soek n remote.

Agent se geen remote, jy noem net die stasie en hy skakel self oor.

Pietie se ?CNN? en wragtig dis op die skerm. Hy se ?e-tv? en dis op die skerm.

Hy vra die agent wat kos die tv. Agent se ?R 120 000.00?.

Pietie se ?K@@@@@@@k? en highlights van die  Bulle  se laaste 4 wedstryde kom op!

Re: Brakpan

Posted: Wed Nov 10, 2010 12:21 pm
by Wouter Roets
Wat slaan aan die onderkant van die begrafnisbrief van die persoon wat in Brakpan begrawe word?
Moet asseblief nie in die stoet dice nie!

O-ja, wat is die moelikste kompetisie, Super14 of Curriebeker?

Re: Brakpan

Posted: Wed Nov 10, 2010 12:36 pm
by rudi
Hier is nog:

Wat noem jy `n vrou met `n wit sweetpak in Brakpan  -  Die Bruid
Wat noem jy `n man met `n swart pak in Brakpan  -  Die Beskuldigde

Re: Brakpan

Posted: Wed Nov 10, 2010 1:18 pm
by Louis102
wouter wrote: O-ja, wat is die moelikste kompetisie, Super14 of Curriebeker?
Wouter

Uiters goeie punt!

Re: Brakpan

Posted: Wed Nov 10, 2010 11:03 pm
by Doepie01
Dit is nou die lekkerste en hardste wat ek nog gelag het. Ek dink my baba is nou wakker.

SKERP, BAIE SKERP

Re: Brakpan

Posted: Thu Nov 11, 2010 8:18 am
by BLOK
Pasop wat ons praat van die brakpan manne

Blok.

http://www.beeld.com/Streekkoerante/Nuu ... n-20101109

Re: Brakpan

Posted: Thu Nov 11, 2010 8:33 am
by Raven
Blok,
Nou bly ek liewers doodstil en s? niks, daai manne moet bietjie die amerikaners gaan wys hoe dit gedoen word.

Raven

Re: Brakpan

Posted: Thu Nov 11, 2010 9:17 am
by Stefan764
Ja nee bloody hel!!  :o :o :o :o :o

Gan nou ok 2 keer dink voor ek weer n Brakpangrappie vertel of selfs net vir een lag!

Stef

Re: Brakpan

Posted: Fri Nov 12, 2010 9:37 am
by Wouter Roets
Soos daai een ou gese het, hy ken weer n boilermaker van Boksburg wat daai ouens sal drop! Daardie twee is seker met hulle Suzuki Katanna's daar weg veears toe.

Re: Brakpan

Posted: Fri Nov 12, 2010 8:34 pm
by Agentkoos
Wat se die predekant vir sy vrou as hulle ry en hy sien hier kom n ongeluk?
Vrou bid hier is moeilkheid

Wat se die javel van Brakpan vir sy aster as hy sien hier kom n ongeluk?
Check hierdie move!!!

Re: Brakpan

Posted: Sat Nov 13, 2010 11:50 am
by Wouter Roets
Ha ;D Ha ;D Ha ;D
Hou my kap vas en tjek hierdie move!
Daai plek is mos met Brandewyn en Panteis aanmekaar gesit!

Re: Brakpan

Posted: Sun Nov 14, 2010 9:42 am
by Gerard
Jy sny jou gras en kry 'n motorkar wat jy vergeet het dat jy hom nog het.

Re: Brakpan

Posted: Sun Nov 14, 2010 8:45 pm
by Hein M.
Gerard wrote: Jy sny jou gras en kry 'n motorkar wat jy vergeet het dat jy hom nog het.
???

Re: Brakpan

Posted: Sun Nov 14, 2010 9:19 pm
by Gerard
Hoe weet jy jy woon in Brakpan?  Jy sny .................