Page 1 of 1
Knaldemper hulp.
Posted: Sun Jul 28, 2013 10:39 pm
by Dweetster
Ek wil net graag weet wat in n knaldemper kan veroorsaak dat my 308 bont skiet? Als lyk tog mooi en in lyn. Kan dit wees dat die 1ste kamer dalk te klein is?Die kd kom van die Kaap af en is kleiner as my bestaande een. Ek skiet n 5duim groep op n 100 mtr as ek hom af haal is die groep reg. wat kan dit wees. Die kd was n blank een wat ek die draad self van gesny het. Opgestel in n 4 jaw en pervek getap. Of so dink ek ( met n center agter in die tap). Wat nou?
Re: Knaldemper hulp.
Posted: Sun Jul 28, 2013 10:44 pm
by Flip Nel
Kyk of die gaatjies mooi oop is in die knaldemper en dat die koeels nie erens die knaldemper net net raak nie. Gooi 'n koeel deur die knaldemper en kyk of hy nie erens vassit nie.
Re: Knaldemper hulp.
Posted: Mon Jul 29, 2013 2:05 am
by stan man
my opinie ook.
Re: Knaldemper hulp.
Posted: Mon Jul 29, 2013 6:19 am
by tripodmvr
Gehoor dat die brame van die snywerk nie altyd mooi verwyder word nie. Gebruik 'n boor om die belyning te toets en sommer bitjie skoon te maak. Druk hom met die hand deur om te voel vir skeefgeid of haakplekke.
Re: Knaldemper hulp.
Posted: Mon Jul 29, 2013 8:42 am
by Dweetster
Die koeel meet 7.83 en my gat op die kd meet 8.7 so ek het .5 m/m speling elke kant. Dit lyk nie of die koeel raak nie. Volgens die gasmerke op die kroon van die kd lyk dit tog of hy eweredig uitkom. Ek moet dalk ander ladings probeer, ek weet nie.
Re: Knaldemper hulp.
Posted: Mon Jul 29, 2013 10:56 pm
by Dweetster
Het kd toe gaan toets, dit is drek van die willehond. Op 303 skiet hy net so bond. Gaan maar weggooi.
Dankie vir die hulp.