Page 1 of 1

Niemand se speel maatjie nie.

Posted: Fri Jul 26, 2013 8:55 pm
by Skiet
Naand manne,

Ek sien hier is nie inligting oor die Airforce gewere nie, so ek sal so bietjie info gee. Soos die hoofskrif se, die gewere is nie speelgoed nie. Dis wel die mees 'veel doelige' gewere in die pcp mark. Hy kan vir so te se enigiets aangewend word.
Die geweer kom std met n LW 'match grade' loop wat hom die akuraatheid gee wat mens van n pcp verwag. Lope kan ook binne n paar minute geruil word vir n ander kaliber, as jy bv n .177 loop in het maar die dag is bietjie winderig, kan jy jou 5,5mm loop insit om sodoende swaarder ammo te gebruik.

Krag is verstelbaar deur middel van n eksterne verstelbare klep wat op enige 'power level' gestel kan word. Dan is daar ook die 'power wheel' aan die linker kant van die geweer waar jy die 'pre-load' op die hammer veer kan verstel-as jy bv buite skiet maar vir een of ander rede binneshuis wil skiet kan jy die krag af bring.
Die gewere kom in 2 modelle, die Talon/SS en die Condor/SS. SS beteken die geweer het n ingeboude knal demper. Die Talon is n lieflikke geweer vir ons toestande hier in SA. Ons het nie n groot verskeidenheid ammo soos wat die Amerikaners het nie, ons sn is relatief lig so ons het nie vreeslik baie krag nodig nie. Die Talon kan n 13,7gr Jsb teen 1100fps stoot maar selfs dit is te vinnig. Ek hou my MV op 920fps, die gee vir my genoeg krag met maksimum akuraatheid.

Die Condor is moeilikheid, hy kan op sy hoogste verstelling meer krag lewer as n .22 met std ammo. Op die verstelling het hy n helse blaf aan hom, baie harder as n .22 sn.
Maar hy kan ook verstel word dat hy dat jy rustig in jou agter jard skiet sonder dat jou buurman iets hoor-met n knaldemper op natuurlik.

Hier is my Condor met die 5,5mm loop, ek gebruik hom vir lang afstand skiet, ens. Jsb pellets is nou skaars so ek kan tussen lope rond speel soos wat pellets beskikbaar is.
Airforce%20Condor.jpg
Die ander foto wys n 100m groepering wat in n redelikke sterk wind gedoen is.
100m%20group.jpg
http://www.google.com/url?q=http://www. ... uIYbvnktpw
http://www.google.com/url?q=http://www. ... o7dDG16-Ww



Hier wys Cedric, die man wat my al baie gehelp het toe ek met die Airforce gewere begin het hoe mens koeldrank blikkies op n 1/4 myl skiet-ongeveer 400m

http://www.google.com/url?q=http://www. ... Pmyq5w1ADw.

Daar is hopeloos te veel inligting om alles te noem, as iemand iets wil weet-vra gerus.


Groete Nick

Re: Niemand se speel maatjie nie.

Posted: Fri Jul 26, 2013 9:02 pm
by alecjohnson
En wat prys so 'n gedoente, vind nie op die web op nie bykans als is geblok by di lodge :(

Re: Niemand se speel maatjie nie.

Posted: Fri Jul 26, 2013 9:06 pm
by Skiet
Alec, die Condors gaan vir rofweg R8500 en die Talon so R7500. Helber International in Boksburg voer hulle in.

Re: Niemand se speel maatjie nie.

Posted: Sat Jul 27, 2013 7:25 pm
by Johan Nel
Die 5.5 lope moet mens dus 'n lisensie voor aansoek doen?

Re: Niemand se speel maatjie nie.

Posted: Sat Jul 27, 2013 7:34 pm
by Skiet
Johan, nee. 5,5 is nog nie .22 nie. Ons pellets is 5,52mm en .22 is 5,56mm(?). Dis n baie klein verskil maar jys veilig as jy n 5,5mm windbuks of pcp koop. Daar is bitter min van die ou .22 windbukse oor.

Re: Niemand se speel maatjie nie.

Posted: Fri Aug 23, 2013 11:20 am
by Toppie201
Sumatra gewere sien ek is net so powerful en akuraat.