Pas jou skiet plek op
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Pas jou skiet plek op
Manne
As jy n lekker skiet plek het soos ek bv waar ek my grondmanne skiet en jy pas die plek op maak nie n oorlas van jouself nie en jy hoor ander manne wil ook daar gaan skiet wat cowboys is wat se jy vir die boer. Die vorige keer moes ek hom smeek om weer daar te gaan skiet want ook deur cowboys gespoil was. Ek en n goeie vriend van my het n gentlemans agreement dat ek nie skiet wat hy van hou om te skiet nie soos bv varke ens op n boer se plaas en dit werk goed vir ons. Nou kry jy die cowboys wat nie omgee oor die volgende ou nie maak my goed NAAR?

- ruger
- Full Member

- Posts: 124
- Joined: Sat Aug 28, 2010 9:24 am
Re: Pas jou skiet plek op
Beretta
Ek stem saam,van die cowboys hier in ons wereld het agv Brandewyn hekpale afgery en hulle skiet als wat voorkom.Karkasse van tierboskat duikerlam en steenbok gekry op buurman se grond.Hy het hulle vertrou omdat die hoof induna 'n vriend van hom "was".Oral le lee bottels en blikke. Hulle sal beslis nie weer in hierdie geweste kan skiet nie!

- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Pas jou skiet plek op
Beretta, hierdie is darrem so waar. Ons het geleendheid op jagplaas gehad as ons daar gaan jag, om soveel grondmanne te skiet soos ons wil. Heelnag as ons wil. Toe kom n groep jong manne en kwes n koedoe in die agterbeen met n .22. En nou is die sport ook maar verby.
Veiligheid eerste manne!
- molopohunter
- Sr. Member

- Posts: 476
- Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm
Re: Pas jou skiet plek op
Ai, dis baie waar daai en gebeur BAIE.
Het daai ondervinding waar ek lank voor die tyd met die boer reel, toe ons daar kom is daar manne van n vorige keer wat dink dis sy REG om daar te wees.
Groete,
Peet

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13531
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Pas jou skiet plek op
ruger wrote:Beretta
Ek stem saam,van die cowboys hier in ons wereld het agv Brandewyn hekpale afgery en hulle skiet als wat voorkom.Karkasse van tierboskat duikerlam en steenbok gekry op buurman se grond.Hy het hulle vertrou omdat die hoof induna 'n vriend van hom "was".Oral le lee bottels en blikke. Hulle sal beslis nie weer in hierdie geweste kan skiet nie!
Is dam iets die wat ek nie kan verstaan nie.Kyk ek hou van n dop ma ek kan mos by die huis langs die swembad net so lekke sit en drink.
Tyd in die veld of selfs skietbaan is vir my so kosbaar dat ek nie n min wil mis nie
Het so ruk terug op n jag saam met 2 "genooide" kerels selfde ding gesien.Toe die stap te erg word en die boer se vir hul da word nie van die bakkie af geskiet nie toe wil hul ma by die kamp bly en bq ontspan.
Kon nie glo iemand wil eerder op n stoel sit en bier drink as om in die berg agter koedoes aan te loop nie.Het lekke uit gewerk want ek moes toe ma vir hulle ook skiet
Is seker ma hoe my pa dit in my in gemoer het
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: Pas jou skiet plek op
Beretta, jy raak nou 'n teer puntjie aan. Ek het geleer om my smoel te hou en vir niemand meer te rep waar ek jag nie - die manne het eenvouding nie meer respek en waardes nie.
Goeie "kennisse" het al gemaak dat ek jagplekke verloor(lees nie meer welkom is nie) oor hul droogmaak.
Ander manne nooi jy saam om hulle te "treat" op een van jou jagplekke wat jy oppas, help ontwikkel en opgebou het. Volgende wat jy hoor dan het die manne agteraf self met die boer gereël en dan jag die manne en hul pelle elke naweek, soveel so dat jy nie meer daar kan gaan skiet nie want als is wild of uitgeskiet.
So ja, op die stadium is ek suinig met my jagplekke.

FanieVenter
- Newbie

- Posts: 43
- Joined: Tue Jul 23, 2013 12:40 pm
Re: Pas jou skiet plek op
Ja manne. Die einste stories ken ek baie goed.
My eie bloedneef het gemaak dat ek nie meer by my bure mag jag nie. Die klein wetter het vir hom gaan staan en slim hou, en 'n kursus geloop oor jakkalse by 'n ene Gary Laubser. Nou glo my bure dat hy als weet en ek niks. Nou mag ek nie meer jakkalse jag daarso nie.

Laat hy val waar hy wil!
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: Pas jou skiet plek op
julle kan enige tyd by my kom skiet
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Pas jou skiet plek op
Dis soos n goeie wors resep, hou dit vir jouself! As jy n man werklik kan trust, laat hy sy vleis bring, en maak vir hom die wors, maar nie die resep nie, hahaha.
Ek sien dit so, ek verwys baie manne na van die plase waar ek jag, maar die boere weet almal dis net n verwysing, as dit bekendes is waarmee ek al saam gejag het, bel ek self die boer en reel met hom vir die pelle.
Ek dink nie n plaas eienaar wat jou ken, waar jy al jare jag, gaan jou oor dieslefde kam skeer as n kerneels wat vir die 1ste keer daar gekom, en toe klomp strond aangejaag het nie. As dit wel gebeur, sal ek met die boer persoonlik om die tafel sit en daaroor gesels.

- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Pas jou skiet plek op
So waar Oom, dis juis hoekom ek nie te veel sê oor waar en waneer ek skiet nie. Dis dalk self sugtug van my, maar ek doen dit juis vir presies hierdie rede. Ek wil graag volgende maand weer daar gaan draai maak sonder dat een of ander idioot dinge vir my kom omkrap het 
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- Herman Huyser
- Sr. Member

- Posts: 268
- Joined: Tue Sep 25, 2012 6:19 pm
Re: Pas jou skiet plek op
Ons jag geselskap het 'n leuse vir 'n mooi, goed ingerigte plaas met wild in goeie kondisie en 'n ferm maar akkomoderende boer:
ons wil weer op sy plaas gaan jag
ons wil weer op sy plaas gaan jag
Work To Hunt, Hunt To Live