Spekskietstories van die veld

Post Reply
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Spekskietstories van die veld

Post by vlakvark1 »

1. Nou loop ek vandag in die veld en dink so aan n ou wat my vertel van die MASIEWE koedoe
wat hy geskiet het
Hy sê my die koedoebul het 400kg uitgeslag( vel af en binnegoed uit en kop af)

Nou vra ek hom, is dit nie n Eland gewees nie toe antwoord hy my '' hy weet die verskil
tussen n eland en n koedoe en hy weet hoeveel het die dier uitgeslag


2. Ander vriend vertel my van n bobbejaan wat hy geskiet het ............. 1000m vêr met 303
en die geweer is oop versier

3. Ander ou het gaan blouwildebeeste jag....... 3 x BWB met 1 skoot uit n 30-06 en dit nogal
met PMP Proamm 180gr

Nou dink ek is daar nie nog manne wat al van ''spekskieters'' gehoor het nie. Wil vra dat ons die stories hou by jag .

Elke keer as ek aan die stories dink dan lag ek so lekker by my self
Die manne dink seker ek ken nie van jag nie


Nou kom vertel bietjie wat se ''spekskiet stories'' het julle al gehoor
Last edited by vlakvark1 on Sun Jul 21, 2013 7:44 pm, edited 2 times in total.
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Spekskietstories van die veld

Post by Cobus(Cobb) »

"Oom Henk" hier naby my het 20jaar laas aan 'n geweer gevat en skiet nie meer nie sê hy want hy het al genoeg dood gemaak...koedoes. elande, noem maar op...alles oopvesier natuurlik en ook net nek en kop skote....
Het ook mooi te vertel dat scope op 'n geweer is nie jag nie dis moord want jy kan nooi ooit mis nie....

Dit help nie om die oom te stry nie of jou kant te vertel nie....oop visiere en kop skote....of bly stil!!

Ek gesêls nie eers meer met die oom nie.. :( :(

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Spekskietstories van die veld

Post by mariusr »

Ek soek ook nog na daai ses draai koedoe bulle wat een ou my vertel het hy al paar van geskiet het!?Beste wat ek nog gehoor het is van ou oom wat heelwat koedoes al gejag het dit weet ek vir my se dat die 30 06 die beste buffel kaliber is en ek lief my nil kwes! Vra toe maar oom wat van die 375 H@H is hy nie beter vir buffel nie! Nee se die oom die 30 06 het baie meer buffels geskiet! Stry toe nie verder nie!!
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: Spekskietstories van die veld

Post by LongWolf »

Manne.

Ek hoop nie die Man van die storie behoort aan die forum nie.

Ene Meneer koop vir hom een van daai .44 Cowboy guns wat jy ini ou westerns altyd gesien het.

So 4 maande later het hy gaan draai horing skiet ini kalahari.
Terug gekom sit Meneer om die koffie taffel by die werk en vertel dat daai rookstok se patronne so duk is hy het die koedoe 4 voete gelyk van die grond af opgetel en hom plat op sy sy neer gegooi.

Ons het almal verstik aan ons koffie.

Later by die betrokke jagplek het oom waarheid sy verskeining kom maak.

Nadat die .44 se duk koeels op was het Meneer die .270 ook leeg gemaak op sy kwesbok toe red die eienaar die situasie maar met .308.

Ek het lanklaas so n bedonnerde plaas eienaar gesien oor n "Meneer Jagter"
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Spekskietstories van die veld

Post by NicoSmit »

"Ander ou het gaan blouwildebeeste jag....... 3 x BWB met 1 skoot uit n 30-06 en dit nogal
met PMP Proamm 180gr"
Is dit nie moontlik nie .................?
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Spekskietstories van die veld

Post by mariusr »

Seker drie kalwers van speen af geskiet !? Dit kan moonlik wees !!!!
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Spekskietstories van die veld

Post by vlakvark1 »

NicoSmit wrote:"Ander ou het gaan blouwildebeeste jag....... 3 x BWB met 1 skoot uit n 30-06 en dit nogal
met PMP Proamm 180gr"
Is dit nie moontlik nie .................?
Hy sê die 3 bwb het langsmekaar geloop in die pad reguit na sy rigting
So hy het hulle van voor geskiet en nie van die kant af nie :-\

Seker maar vandaar af dat hulle n 30-06 n 30-0KWES noem :-X
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Spekskietstories van die veld

Post by BRNO (Pierre) »

Daar is twee stories wat ek ook al lankal hoor, maar dit is meer soos "urbun ledgands"

1. Die klomp stop by die plaas se hek. Leier van die groep maak die manne stil, haal sy geweer uit, en skiet n perd wat daar naby staan. Die ander manne lag , en se dit is n lekker plaas die. toe die leier weer hoor, word daar nog twee perde voor die voet geskiet.

Die ander manne het nie geweet dat die leier en die boer vooraf gereel dat die ou perd as deel van n grap geskiet word wanneer die groep daar opdaag nie. :o :o :o

2. Die manne gaan skiet apies ens. in die nag. Een ou sien mooi paar oe. Sit die kruishaar daarop, en trek die sneller. Met baie groot paaiemente kom die val uiteindelik tot n einde. Toe het die man n kameelperd instede van n nag apie geskiet.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Spekskietstories van die veld

Post by Hilux01 »

Man kan partykeer nt jou kop skud en glimlag
Is dit nie wonderlik hoe party stories net altyd die rondte doen

Pierre ek ook al daai storie van kameelperd gehoor, maar verstaan die manne het n .22LR gebruik - kameelperd hom seker dood gelag :laugh:

Hoe sê hulle, hoekom wil jy nou n paar feite toe laat om n goeie storie op te foeter
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Spekskietstories van die veld

Post by LUAN »

Ook n storie gehoor van die "saloontjie" .22 wat die ou gebruik het om leeu mannetjie te skiet, koeel is glo tussen die ribbes deur in die hart in. Is glo ware verhaal.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Spekskietstories van die veld

Post by mariusr »

Blykbaar is die waar! Na lank beplande jagtog die een ou se eerste jagtog kom hulle op die plaas in zimbawe aan ! Die nuwe jagter is baie opgewonde en wil net jag en kan nie wag om sy nuwe 308 te probeer! Die manne se wees rustig maar die man wil nou stap hulle se toe ok stap net so vyftien min in die rigtig en draai dan om en volg jou spore terug in die kamp! Weg is die man die ander ouens sit nog so lekker met dop in hand daar klap die skoot! Opgewonde kom die man kamp ingehardloop ek het hom skreeu die ou ! Wat het jy geskiet vra die manne! Olifant skreeu hy kom kyk!! Almal hardloop en wragtig daar le olifant koei mors dood met mooi kop skoot met die 308!!daar was toe blykbaar maar probleme want hulle het nie permitte gehad vir ollie nie!? Kan ook nou nie onthou of die man verder gejag het of vir die res van die jag in kamp gebly het nie!!??
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: Spekskietstories van die veld

Post by Kruger »

Ook gehoor van iemand wat 'n koedoe op 200m geskiet het met 'n .22, maar dit was nie 'n gewone .22 nie, dit was 'n Mauser .22 en hulle kan mos.
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Spekskietstories van die veld

Post by Hilux01 »

Kruger

Dis goed om te weet - daai .22LR Obendorf Mauser van my se ammo is sommer baie goedkoper as die 9.3
Sal onthou volgende jaar om saam te vat :laugh:
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Spekskietstories van die veld

Post by FHM »

Het n mannetjie in my troep in die saw gehad - hy en sy pa jag gedurig kudus op hulle plaas met n 22 Hornet op 1000 m - so in die aand die jagstories geluister as hy ander troepe vertel. Hy het nie eers ons skietspan gehaal wat valplate op 100 - 300 meter raak moet skiet met n R1 nie. Hy het daarna darem saamgegaan om teikens op te stel. Hom eendag so in die verbyloop gese hy moet regtig oorweeg om meer tips by sy pa te kry oor skiet...
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Re: Spekskietstories van die veld

Post by HennieC »

Ek het gehoor van iemand wat 'n oliefant iewers in Botswana dood gery het met 'n ou Dutsun 1200 bakkie.

Hy het 'n angle iron op die bak gehad wat blykbaar die oliefant agter die oor in gesteek het wat ver oorsaak het dat die oliefant dood is.
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Spekskietstories van die veld

Post by vlakvark1 »

HennieC
Ek het nou lekker gelag :laugh: :laugh:
vlakvark en bosvark Bvk
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Spekskietstories van die veld

Post by Smirre »

Die beste is altyd die 3 en 'n half draaai koedoe wat geskiet is
Die fotos van die bokke is maar altyd 'n problem

Smirre
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Spekskietstories van die veld

Post by grumpy »

Jare terug staan ek in n geweer winkel en wag om gehelp te word. Die jong windgat mannetjie vertel die ou agter die toonbank dat hulle gaan luiperd jag wat n probleem was op die plaas. Dis baie laat aand en hy sien net die kolle, trek los en daar bly hy le in die boom. Toe hulle nader kom het hy n kameelperd geskiet wat teen die boom geval het.Hulle het tot 4 uur daai oggend geslag aan daai perd.

Net my kop geskud en gesmile. Logies was sy oe moer swak gewees om te kan onderskei tussen groot en klein kolle.
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Spekskietstories van die veld

Post by 375fanatic »

die ou jag elke naweek en sy vrou raak redelik gvol dat hy nooit in die winter by die huis is nie. Sy besef dat sy ook nie die argument gaan wen nie . Sy koop toe maar vir haar ook al die nodige kit en n 308 . toe hy weer ry om te jag klim sy links voor .

kom by die plaas en hy laat haar toe links van die rivier loop en hy regs na km se stap klap die skote aan haar kant hy hardloop toe al die pad terug en oor die rivier .soos hy nader kom hoor hy een groot argument is is nie ,is is nie .toe hy by haar kom is daar n man by haar waarmee sy stry en dhy se toe OK MEVROU DIT IS JOU KUDU MAAR KAN EK NET SY SAAL EN TOOM AFHAAL ASB

Wat kan n man dan nou se
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Spekskietstories van die veld

Post by Geno »

Daar is 'n geweersmid op Facebook (hy is in die wes transvaal) wat gereeld vertel hoe hulle bokke in die nag op 500m+ skiet.

Sal like om daai moves te sien!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
PaulM
Hero Member
Hero Member
Posts: 881
Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm

Re: Spekskietstories van die veld

Post by PaulM »

Ek het die storie gehoor van die ou wat 'n koedoebul met 6 draaie in die horings (genuine!) langs die pad gekry het. Die koedoe
se agterpote ??? het in die draad vasgehaak toe hy wou oorspring. Die koedoe lê toe al vir 3 dae daar (koedoe het hom seker
self vertel?). Hy en 'n handlanger laai toe die koedoe agterin 'n stasiewa Landy in, en vat hom huis toe. Daar gekom, sit hy die
koedoebul saam met die perde in die perdekamp. Drie weke later is daai koedoe so mak dat dit uit sy hand uit vreet.

Regtig! Die ou het vir my die storie persoonlik vertel. ;D
PaulM

Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.
User avatar
PaulM
Hero Member
Hero Member
Posts: 881
Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm

Re: Spekskietstories van die veld

Post by PaulM »

O ja, nog 'n ware verhaal ;)

Die ou (selfde ou wat die koedoe in die Landy gelaai het) se vriend het na 'n jagtog sy 30-06 skoongemaak. Die skoot gaan
toe af, en die koeël tref hom reg voor die kop, skram weg teen die skedel en hardloop reg oor sy kop, tussen die been en die
vel, tot agter waar dit toe sy nek afskiet.

En hy word toe smoorkwaad toe ons vir hom lag.....
PaulM

Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Spekskietstories van die veld

Post by BRNO (Pierre) »

PaulM wrote:Regtig! Die ou het vir my die storie persoonlik vertel. ;D
Baie mooie. Dankie!
Veiligheid eerste manne!
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Spekskietstories van die veld

Post by 375fanatic »

Geno wrote:vertel hoe hulle bokke in die nag op 500m+ skiet.
ou het eendag my vertel van 500m kopskote met oop vizier op springbokke . ek bel hom toe die volgende week en se dat ek vir ons n jag geboek het en dat ek vir alles sal betaal al sy bokke ingesluit . maar my voorwaarde is dat hy een so vir my moet skiet maar nie op 500m nie maar net 300m as hy nie dan betaal hy my hele rekening

ek wag nou nog dat ons moet gaan dis nou al 5 jaar die beste is daai ouens kry dit nie eers op die skietbaan reg nie :laugh: :laugh: :laugh: >:D
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Spekskietstories van die veld

Post by Eugene »

Geno wrote:Daar is 'n geweersmid op Facebook (hy is in die wes transvaal) wat gereeld vertel hoe hulle bokke in die nag op 500m+ skiet.

Sal like om daai moves te sien!
Daai man vertel baie stories... As hy sê dit reent, sal ek maar eers gaan kyk, voor ek 'n sambreel vat...
Aim small, miss small
Post Reply