Page 1 of 1

Grond tot mond..

Posted: Fri Jul 19, 2013 11:25 am
by Sarel
Die nuwe reeks programme op kykNET, Grond tot mond, behoort heerlike kykgenot vir elke boer in die land te wees. Die reeks bring die waardeketting in die landbou - van landbouskool tot boer tot verskaffer, in kykers se sitkamers in. Moet dit nie misloop op Dinsdagaande nie. Dis kos vir die boere-siel, en dit sal stadsjapies met ander oë na boerdery laat kyk.

Re: Grond tot mond..

Posted: Fri Jul 19, 2013 11:28 am
by Sarel
Enige iemand dit op Kyknet al gesien. ien ek het al paar episodes gemis!

Re: Grond tot mond..

Posted: Fri Jul 19, 2013 11:33 am
by Smiley
Dit begin 17h30 op 144. Het die een oor die aartappels baie geniet.

Re: Grond tot mond..

Posted: Fri Jul 19, 2013 11:50 am
by BRNO (Pierre)
Ja, die ander dag vir Johan Rossouw ook daarop gesien. Die vrou bied werklik n lekker insiggewende program aan.

Re: Grond tot mond..

Posted: Tue Jul 23, 2013 6:54 pm
by Spekboom
Het vanmiddag gesien, baie interesant en op feite gebaseer. Sal weer kyk.