Page 1 of 1

H2O Volume vir QL

Posted: Tue Jul 16, 2013 10:44 am
by Kallie Fernhout
Dus nou n dom vraag maar wil net seker maak. As julle manne H2O Volume meet vir berekining van node spoed vir QL is dit met n klaar gevuurde dop nie na hy genecksize is nie as ek reg is? en volgende vraag as jy hom vul met water maak jy hom gelyk vol of so vol dat die drippel half so n bogie op die dop maak d.w.s oorlopend vol? die rede hoekom ek die vraag vra op n klein doppie maak die bogie nogal n verskil op die gn volume!

groete Kallie

Re: H2O Volume vir QL

Posted: Tue Jul 16, 2013 10:51 am
by BRNO (Pierre)
Hy moet net gelyk vol wees aan die bokant.

Re: H2O Volume vir QL

Posted: Tue Jul 16, 2013 10:56 am
by Kallie Fernhout
Dankie Brno.

Sommer gou n ander vraag ek het die selfde model 243 en 30-06 as jy 243 is ook 88 en 30-06 is 91 watter aksies het die 2 gewere op en weet jy dalk of boyds kolwe maak vir hulle

Re: H2O Volume vir QL

Posted: Tue Jul 16, 2013 10:59 am
by Carl
Gooi druppel sunlight in die water, dit verlig die oppervlak spanning dan lĂȘ die water sommer so mooi plat teen die nek se bek.

Re: H2O Volume vir QL

Posted: Tue Jul 16, 2013 11:09 am
by BRNO (Pierre)
Kallie wrote:Dankie Brno.

Sommer gou n ander vraag ek het die selfde model 243 en 30-06 as jy 243 is ook 88 en 30-06 is 91 watter aksies het die 2 gewere op en weet jy dalk of boyds kolwe maak vir hulle
Jy moet nou nie moeilike vrae kom vra nie ;D Ek dink my nil kwes het die Zkk600 en die .243 weet ek het die Zkk601 op. Ek wag vir die nil kwes se nuwe glase, dan wil ek verseker seker maak. Daar is sover ek weet nie reeds ge inlette Boyds vir die Brno's nie, maar sover ek verstaan kan jy n ge uninlette kolf bestel, en n geweer smt kan hom pasmaak. Ek praat regtig hier onder korreksie.

Het jy die standaard kolwe op jou gewere, of die classic met die donker punt ens.?

Re: H2O Volume vir QL

Posted: Tue Jul 16, 2013 11:37 am
by Kallie Fernhout
die kwes het standaard op en die 243 die een van daai mooi donker kolwe, wil nie kwes ander loop opsit so soek ander kolf dankie vir jou raad waardeer die inset

Re: H2O Volume vir QL

Posted: Wed Jul 24, 2013 2:57 pm
by BRNO (Pierre)
Kallie wrote:Dankie Brno.

Sommer gou n ander vraag ek het die selfde model 243 en 30-06 as jy 243 is ook 88 en 30-06 is 91 watter aksies het die 2 gewere op en weet jy dalk of boyds kolwe maak vir hulle
Kallie, ek kan nou bevestig dat my .30-06 op n Zkk600 aksie gebou is, en die .243 op die Zkk601.

Re: H2O Volume vir QL

Posted: Wed Jul 24, 2013 3:11 pm
by Kallie Fernhout
Dankie BRNO vir die terugvoer waardeer

Re: H2O Volume vir QL

Posted: Wed Jul 24, 2013 3:43 pm
by Johan Nel
Kan julle dalk 'n foto van die water in die dop plaas, want ek het al agtergekom dis nie so simplisties om die meniskus identies in al die doppe te kry nie.
Groete,
JHN

Re: H2O Volume vir QL

Posted: Wed Jul 24, 2013 4:03 pm
by Piet Pille
Hier is 'n foto van 'n dop met water. Dis is wel water in die gevrieste toestand.... ;)

Jy's heeltemal reg, dis nie so maklik om hulle die heeltyd dieselfde te gooi nie, veral nie later die aand nie..... "twee vingers" is relatief.

Re: H2O Volume vir QL

Posted: Wed Jul 24, 2013 4:08 pm
by Johan Nel
Pieter jou ou bogger,
Ek maak die post met verwagting oop vir die reaksie, net om agter te kom ek is met 'n slap riem gevang... :-[ :-[ :-[

Re: H2O Volume vir QL

Posted: Wed Jul 24, 2013 4:10 pm
by Piet Pille
Johan Nel wrote:Pieter jou ou bogger,
Ek maak die post met verwagting oop vir die reaksie, net om agter te kom ek is met 'n slap riem gevang... :-[ :-[ :-[
Skuus Johan, kon myself nie keer nie.....
gedog dit sal so bietjie kleur by die "klein Saterdag" voeg.
Jammer vir die hijack1 ;) :laugh:

Re: H2O Volume vir QL

Posted: Wed Jul 24, 2013 4:11 pm
by tripodmvr
Gelykvol beteken die water moet horisontaal tussen die rande van die bek wees. Dit is nie so maklik om dit so te kry nie - gebruik 'n spuitnaald om min op 'n slag by te voeg.