Page 1 of 1

Bevoegdheid kaart of nie

Posted: Mon Jul 15, 2013 9:34 am
by musgrave270
Môre almal

Verskoon asb. my onkunde. Ek het so jaar of wat gelede aansoek gedoen vir my bevoegdheid en lisensie. Die beampte by die stasie het my laat weet my bevoegdheid is goedgekeur en vir my 'n papier gegee wat verklaar dat ek bevoeg is. 'n Ruk later het ek my lisensie ook gekry.

Dilema waarmee ek nou sit (as dit 'n dilema is) is, ek het nooit die bevoegdheid kaartjie gekry nie? Ek het nooit veel aandag daaraan gegee nie want toe ek my lisensie kaart kry kon ek met die geweer jag.

Moet ek of moes ek 'n kaart gekry het as bewys van my bevoegdheid?

Groete

Re: Bevoegdheid kaart of nie

Posted: Mon Jul 15, 2013 9:38 am
by Riaan Beeslaar
More

Sover ek verstaan ryk hulle nie meer die kaart uit soos in die verlede nie en is die papier jou bevoegdheid sertifikaat.

Groete

Re: Bevoegdheid kaart of nie

Posted: Mon Jul 15, 2013 10:14 am
by Philip De Bruyn(MFWIC)
Jou geweer lisensie dien as jou bevoegdheids kaartjie,jy kan nie die lisensie kry sonder bevoegdheid nie,hulle hou die rekords elektronies op hulle sisteem

Re: Bevoegdheid kaart of nie

Posted: Mon Jul 15, 2013 10:52 am
by kwagga_1
More,

jy kry net 'n papier wat jou plaaslike vuurwapen kantoor print vir jou bevoegdheid, en soos Philip se, jou vuurwapen lisensie is dan genoeg bewyse dat jy bevoeg is.

Goed gaan!

Re: Bevoegdheid kaart of nie

Posted: Mon Jul 15, 2013 11:21 am
by musgrave270
Dankie vir almal se terugvoer.

Gaan ek die papier moet wys die dag as ek aansoek doen om hernuwing van my bevoegdheid? Of as die papier op een of ander onverklaarbare wyse vermis raak, gaan ek die "papier" moet vervang?

Re: Bevoegdheid kaart of nie

Posted: Mon Jul 15, 2013 11:59 am
by JTM
Jy hoef nie meer die bevoegdheid op sy eie te hernu nie. Dit verval nou blykbaar saam met die laaste uitgereikte lisensie wat jy het vir daardie tipe bevoegdheid sertifikaat. Jy sal sien die papier bevoegdheid het ook nie meer 'n verval datum op nie.

Jy kan altyd by jou plaaslike polisie stasie se vuurwapen beampte net weer 'n afskrif laat druk van jou bevoegdheid indien jy die papier verloor. Pas dit maar op , want nie alle beamptes is ewe vriendlik en behulpsaam of bekwaam nie.