Page 1 of 1

Volksrust bosvark jag?

Posted: Wed Jul 10, 2013 9:54 pm
by James Wilson
Manne, my seun se o/11 rugby span wil netnie verloor nie. Ek se dit met groot deernis. Ons moet nou al Volksrus toe ry vir die volgende span om teen kragte te meet. Dit is 650km. Nou ek moes n jag cancel vir dit. Ek gee nie om nie, maar nou wonder ek maar net so by myself, ek sien Volksrus is naby Natal in die o-tvl, is daar nie n geleentheid vir bosvark jag nie?

Ek het letterlik al honderde vlakvarke gejag maar nog nooit n bosvark nie. As ek so voor op die wa kan wees sal ek graag die 18de of 19de se aande wil bespreek vir een of indien twee jagters. Ek en nog n ouer. Ek besef dit is bietjie voor op die wa, maar ek sal dit regtig geniet en wardeer!

Re: Volksrust bosvark jag?

Posted: Thu Jul 11, 2013 6:05 am
by DWB
James! Jy is dan 100km van my af.

Hier is een of twee ouens vanaf Volksrust op die forum maar ek kan nie onthou wie nie.

Probeer die sportwinkel in Standerton vir raad?

Re: Volksrust bosvark jag?

Posted: Tue Jul 16, 2013 3:53 pm
by FCLoretz
Deon,

Dit sport winkel is PRO Sport 017 719 2276.

Moet asb net nie kruit, koeels, primers of kruit by hulle koop nie. Daar word jy ge%$&^#%, sonder vaseline.