SPAAR .303 - WAT MAAK EK VAN HOM

Post Reply
Griffel Fourie
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Mon May 13, 2013 3:34 pm

SPAAR .303 - WAT MAAK EK VAN HOM

Post by Griffel Fourie »

Dagsê aan die manne - kyk, ek skryf nie baie in die forums nie maar ek lees die web blad STUKKEND :) - self post tot so vêr terug as 2012 - ek ek leer (en lees) dat die spoeg so spat. Dankie vir
Ek sit met iets waarmee ek die kundige manne se raad benodig. Toe ek en my vrou in die SAW was (Staande Mag) het ons beide .303's gekoop
Myne het ek "sporting gemaak" en skiet lekker met die "ou" geweer - sal later ook 'n KD wil opsit maar sal eers raad vra by die manne. Mandie s'n is nog net so standaard. Ek versamel nie wapens nie, het dus geen "gewetensbeswaar" om die geweer aan te pas vir hom nie maar sal die geweer graag vir my jongste seun wil gee as hy 21 word - - wat stel julle voor doen ek met die geweer - maak hom ook "sporting" of verander die loop na 'n ander kaliber? Wat van 'n wapen wat net gebruik kan word vir Bosvark jag?
Scope - wat stel julle voor - en dan die KD - hou ek die loop standaard of sny ek dit af agter die voorste visier?
Daar sal nog vrae kom, maar vir nou sit ek in die Kongo en wag in spanning oor wat die manne sê. (Sodat ek meer kan leer en lees)
Groete uit Afrika. Griffel
Johan
Richardsbaai

Brno .22 LR Model 2
303Br No4 Mk2
CZ 550 Lux 6.5 x 55
Howa 30-06
Landy
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 254
Joined: Sat Jul 06, 2013 7:18 pm

Re: SPAAR .303 - WAT MAAK EK VAN HOM

Post by Landy »

Wat van n epps?
Hoeveel gewere is genoeg?
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: SPAAR .303 - WAT MAAK EK VAN HOM

Post by Johan Nel »

Griffel,
Wat se aksie is dit, 'n Lee Enfiield of P14?
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Griffel Fourie
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Mon May 13, 2013 3:34 pm

Re: SPAAR .303 - WAT MAAK EK VAN HOM

Post by Griffel Fourie »

Manne, dankie sovêr - ek sal moet hulp vra - wat is "epps"?
Johan
Richardsbaai

Brno .22 LR Model 2
303Br No4 Mk2
CZ 550 Lux 6.5 x 55
Howa 30-06
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: SPAAR .303 - WAT MAAK EK VAN HOM

Post by Flip Nel »

Griffel Fourie wrote:Manne, dankie sovêr - ek sal moet hulp vra - wat is "epps"?

Dis 'n "Improved" 303, doppie is uitgeblaas vir groter inhoud

Hierdie het ek op die internet gekry

The 303 British suffers from "droopy shoulders". Good in its day, the shallow angle was designed to help in loading and placement of the long stranded propellant "cordite", within the case. While good for factory production then, it's a real problem for the reloader today.

Any cartridge with shallow shoulders is more prone to case stretching, case wall thinning and thickening around the neck. Maximum loads fired from these cases accelerate the process.

Canadian gunsmith Ellwood Epps saw the problem and corrected it. He knew that steeply angled shoulders helped modern spherical and extruded powders burn more within the case and less up the barrel. His solution was to increase the shoulder angle to 35 degrees from 16. At the same time, he decreased the body taper by over 50 thou. The resulting improved cartridge showed a 15 % velocity enhancement over the standard 303 British when fired from the P-14.

After consulting with PO Ackley, Mr Epps reformed the cases with minimal body taper and sharply angled shoulders. Reduced body taper lessens the rearward pressure effects on the bolt and lugs (bolt thrust). Sharp shoulder angles inhibit forward brass flow, which reduces the need to trim cases as often.

Originally, the improvements were made to increase brass life, not to produce a higher velocity round. Mr Epps knew that reshaping the case into a more efficient design would yield this secondary benefit, but considered improved case life to be the most important factor.

A short review before we carry on.

With older case designs, lots of taper and shallow shoulders present problems for reloaders. They allow more case stretching and shorten case life.

The primary advantage to improved cases is increased case life. The secondary benefit is additional velocity. Normally, older designs benefit more from these enhancements.

When Mr Epps created his improved cartridge, he wanted it to be a simple chamber reaming with no other required alterations. He wanted to be able to fireform new cases using existing 303 British ammunition. He accomplished this handily, and began modifying rifles at his gun shop in Ontario, Canada.

At first, he "Eppsized" No 1s, No 4s and P-14s. He found however, that because the action strengths were different, loads developed in P-14s were dangerous to use in modified Lee Enfields. He preferred the P-14 action, and told anyone wanting their Lee Enfield reamed to 303 Epps not to expect the same velocities. Case life would still be vastly improved though.

He also warned customers not to use 303 Epps reloading recipes unless they could absolutely confirm that they were safe. He regularly gave owners of Lee Enfield conversions handouts for the proper load levels in their rifles. Since he talked with anyone getting this job done, Mr Epps was sure that the right reloading information was being distributed.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3528
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: SPAAR .303 - WAT MAAK EK VAN HOM

Post by Armand Steenkamp »

Doen eers die minste, sit n scope op en kyk of hy groepeer, dan gaan jy aan.
As hy gropeer sal ek hom n ander kolf opsit, oor blue as dit nodig is, loop afsny op 21duim en n lekker klein demper soos die Huntbuddy opsit. Dan skiet jy net 180gr koels , of nog beter 215gr vir die bosveld.

Groetnis
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: SPAAR .303 - WAT MAAK EK VAN HOM

Post by spekieries »

As dit 'n Enfield aksie is is dit nie die moeite werd om die Epps roete te gaan nie. P14 met die sterker aksie baat baie by die Epps aanpassing.

Ek sou hom gesport het met 'n Armtec kolf en 'n lekker 20 duim loop (Bakkie geweer, varkgeweer, bosgeweer).
Ek sou hom gekroon het met 'n Redfield 2-7 x 34 teleskoop.

Dokkie wat altyd gepost het in die verlede, het so kort Enfield .303 gehad wat 'n hond uit 'n bos geskiet het.
User avatar
Andrew Leigh
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Sat Jun 30, 2012 4:29 am

Re: SPAAR .303 - WAT MAAK EK VAN HOM

Post by Andrew Leigh »

I have seen one with a greatly shortened barrel and turned into a pistol for hunting. Barrel was about 14 /15" and they used a FN pistol grip. Was really lekker.
Landy
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 254
Joined: Sat Jul 06, 2013 7:18 pm

Re: SPAAR .303 - WAT MAAK EK VAN HOM

Post by Landy »

Manne ek wil gou iets hoor terwyl ons 303 praat, ek was so maand terug by n gunsmith en hy wys my toe n 303 met gewone lee-enfield aksie maar skiet met n 375 punt.
Is dit so gemaak of het jy hom so gekry?
En wat kan n mens betaal vir so n geweer?
Hoeveel gewere is genoeg?
Griffel Fourie
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Mon May 13, 2013 3:34 pm

Re: SPAAR .303 - WAT MAAK EK VAN HOM

Post by Griffel Fourie »

Manne, die kennis op die Forum laat my bek oophang - 'n groot dankie - ek het nou 'n paaer opsies - op my eie sou ek nie aan al die moontlikhede gedink het nie. Hopenlik maak ons nog van die ou strydos 'n lekker "allrounder" (binne perke) Net 'n vragie op die scope - jag meestal in Natal - wat van Leipold met 3.5x12x50mm scope? - Johan aka Griffel
Johan
Richardsbaai

Brno .22 LR Model 2
303Br No4 Mk2
CZ 550 Lux 6.5 x 55
Howa 30-06
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: SPAAR .303 - WAT MAAK EK VAN HOM

Post by BRNO (Pierre) »

spekieries wrote:As dit 'n Enfield aksie is is dit nie die moeite werd om die Epps roete te gaan nie. P14 met die sterker aksie baat baie by die Epps aanpassing.

Ek sou hom gesport het met 'n Armtec kolf en 'n lekker 20 duim loop (Bakkie geweer, varkgeweer, bosgeweer).
Ek sou hom gekroon het met 'n Redfield 2-7 x 34 teleskoop.

Dokkie wat altyd gepost het in die verlede, het so kort Enfield .303 gehad wat 'n hond uit 'n bos geskiet het.
Griffel Fourie wrote:Manne, die kennis op die Forum laat my bek oophang - 'n groot dankie - ek het nou 'n paaer opsies - op my eie sou ek nie aan al die moontlikhede gedink het nie. Hopenlik maak ons nog van die ou strydos 'n lekker "allrounder" (binne perke) Net 'n vragie op die scope - jag meestal in Natal - wat van Leipold met 3.5x12x50mm scope? - Johan aka Griffel
Ek het eindlik geen kennis van die geweer nie, maar dit klink sommer asof die "ombouing" sowel as Griffel se scope vir n man kan lang nagte wakker hou met die bakkie so om die spil punte. ;)
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Jacquesb
Hero Member
Hero Member
Posts: 1241
Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am

Re: SPAAR .303 - WAT MAAK EK VAN HOM

Post by Jacquesb »

Dit gaan nie goedkoop wees nie, maar jy kan hom 45-70 Gov ook maak vir 'n vark en kort afstand bosgeweer!

Groete

Jacques
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
H2O
Newbie
Newbie
Posts: 5
Joined: Thu Jun 20, 2013 9:56 pm

Re: SPAAR .303 - WAT MAAK EK VAN HOM

Post by H2O »

Ek het ook so Enfiled met 'n korter loop en Kd, lekker scope op.
Noem hom my Dertig Drie.
Hy gaar nie stof op tussen ander roere in jagseisoen nie.
Griffel Fourie
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Mon May 13, 2013 3:34 pm

Re: SPAAR .303 - WAT MAAK EK VAN HOM

Post by Griffel Fourie »

H2O - wat se maak KD het jy op jou 303? Ek hoor daar is manne in Bloem wat nogal hulle storie ken met die bou van KD's. As daar ander manne is wat kan raad gee - ek luister graag. Sien jy kry KD's wat baie groot is - ek dink dit sal die geweeer baie lomp maak in die bos?
Johan
Richardsbaai

Brno .22 LR Model 2
303Br No4 Mk2
CZ 550 Lux 6.5 x 55
Howa 30-06
User avatar
jack in the box
Newbie
Newbie
Posts: 38
Joined: Wed Oct 17, 2012 3:38 pm

Re: SPAAR .303 - WAT MAAK EK VAN HOM

Post by jack in the box »

Griffel as jy wil kyk na n Kd sal ek voorstel jy bel MH arms. Hulle is in pretoria en gee goeie raad. Jy kan selfs op hulle Web blad gaan kyk. Ek gaan self saterdag soentoe om te kyk wat hulle met my 303 kan maak..
User avatar
Hingsding
Full Member
Full Member
Posts: 163
Joined: Fri Mar 09, 2012 10:54 am

Re: SPAAR .303 - WAT MAAK EK VAN HOM

Post by Hingsding »

Goeie dag Griffel.

Kontak gerus vir Henk van "silent hunting" hier op die forum.

Ek kan jou verseker dat hy n uitstekende produk verskaf teen n baie goeie prys as jy n kd wil opsit.

Hy is in Bloemfontein.

Groete.
User avatar
PaulM
Hero Member
Hero Member
Posts: 881
Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm

Re: SPAAR .303 - WAT MAAK EK VAN HOM

Post by PaulM »

Ek wil asseblief so effens van die onderwerp af vra - word die Epps dop net gevuurvorm?
PaulM

Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: SPAAR .303 - WAT MAAK EK VAN HOM

Post by Johan Nel »

PaulM wrote:Ek wil asseblief so effens van die onderwerp af vra - word die Epps dop net gevuurvorm?
Dis reg ja. Jy kan standaard .303 ammo laai en vuurvorm in die kamer.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
PaulM
Hero Member
Hero Member
Posts: 881
Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm

Re: SPAAR .303 - WAT MAAK EK VAN HOM

Post by PaulM »

Dankie, Johan.
PaulM

Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.
User avatar
Dweetster
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 455
Joined: Mon May 07, 2012 5:34 pm

Re: SPAAR .303 - WAT MAAK EK VAN HOM

Post by Dweetster »

My varksnoet(303) kleilat is net 19.5" lank sonder die kd, hy skiet n 1" groepering op 100 mtr. Ek sou hom graag nog korter wou maak. Vir vark skiet tot op 200 mt is daar niks anders wat ek wil gebruik nie. Tussen my 308 en 303 is dit altyd my 303 wat saam ry. As die hilux staart is hy in.
Ek sou niks verander op jou 303 as ek jy was nie, net die lengte.
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: SPAAR .303 - WAT MAAK EK VAN HOM

Post by vriell »

Dweetster wrote:My varksnoet(303) kleilat is net 19.5" lank sonder die kd, hy skiet n 1" groepering op 100 mtr. Ek sou hom graag nog korter wou maak. Vir vark skiet tot op 200 mt is daar niks anders wat ek wil gebruik nie. Tussen my 308 en 303 is dit altyd my 303 wat saam ry. As die hilux staart is hy in.
Ek sou niks verander op jou 303 as ek jy was nie, net die lengte.

Ek stem !
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
Melckman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Mon Jun 03, 2013 3:23 pm

Re: SPAAR .303 - WAT MAAK EK VAN HOM

Post by Melckman »

Dagse kerels,

Verder tot die punt van wat om te maak met 'n .303. Ek kry binnekort my P14 wat nog 100% standaard is en wil graag 'n teleskoop opsit (en vir nou die res los). Enige voorstelle oor wie ek kan kontak vir 'n scope mount in die Pretoria-omgewing?

Groete,
Post Reply