Teleskoop verloor sy Zero

Post Reply
Andre Hepburn
Newbie
Newbie
Posts: 44
Joined: Fri May 25, 2012 1:23 pm

Teleskoop verloor sy Zero

Post by Andre Hepburn »

Dagse Manne ek het gou die ouens met kennis se hulp nodig.

Ek het lading ontwikkeling gedoen en op die uitgewerkte Node die volgende groep geskiet en daarna 2-3 baansessie nogsteeds dieselle groep gehandaf.
[image]http://i1296.photobucket.com/albums/ag4/Annas1609/image_zps7398b8b6.jpg[IMAGE]


Tot my skok het ek mt die inskiet van my geweer voor 2 jagte die volgende groep geskiet wat net nie wil verbeter nie.Ek skat dat dit rondom 30 skote na my lading ontwikkeling wat ek hierdie groepe begin skiet het
[image]http://i1296.photobucket.com/albums/ag4/Annas1609/image_zps448dbefe.jpg[IMAGE]






Al die veranderlikse is uitgeskakel. Gebruik dieselfde lot kruit, selle batch punte,primers,doppe en Loop is gefree float met net die aksie wat gebed is mt pillars. Daar is 4-5 min gewag tussen skote vir warm loop.


338-06 Mauser
Ferlach Loop 24 duim
Leupold VX2 3-9X40
Norma doppe
S355
Ek kan net aan drie ander veranderlikse dink en hoop van die ouens kan my help om op die regte plek te gaan soek.

1. Die Leupold Scope het gefaal (Leupold VX2 3-9X40)
2. Die loop is besig om te gan.
3 Of my Lynx ringe lat toe dat my teleskoop rondskuif.

Ander vraag wat ek het wat sal die ouens aanbeveel as die one Piece mount basis vir 'n Mauser aksie. Ek het aan 2 gedink die Leupold one Piece mount bracket of die Picantinny rail. Sal een van die twee veranderlikke drie voorkom indien dit wel die Lynx ringe is wat die probleem veroorsaak

Ek moet net noem dat die roer redelik lig is en hy byt nogals.

Hoop om gou van iemand te hoor met Kennis.

Groete
Last edited by Andre Hepburn on Tue Jul 02, 2013 9:53 pm, edited 4 times in total.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Teleskoop verloor sy Zero

Post by Cobus(Cobb) »

Chomma, edit gou jou post en daar waar [IMG] op jou foto link staan, tik jy die woord [image]...dan kan ons jou fotos sien

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Andre Hepburn
Newbie
Newbie
Posts: 44
Joined: Fri May 25, 2012 1:23 pm

Re: Teleskoop verloor sy Zero

Post by Andre Hepburn »

Dankie Cobus, loer so bietjie en lat weet my asb wat jy dink

Groete
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Teleskoop verloor sy Zero

Post by mariusr »

Glo nie dis die leupold!?hoeveel skote is al deur die loop? As die ringe mooi vas is kan ook nie dink dus dit ? Iets wat verander het as voorheen so baie klein goeters is maar moeilik!!
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3528
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Teleskoop verloor sy Zero

Post by Armand Steenkamp »

Kyk eers of alles vas is wat moet vas wees, ringe se skroewe;basisse en jou aksie skroewe.

Groetnis
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Teleskoop verloor sy Zero

Post by smitjs »

Uit slegte ondervindinge van oor tye kan ek vertel daar is 'n paar dinge wat jy oor die hoof sien, en jou kan tot in die grond frustreer.
Los skroewe is reeds genoem.
Leupold VXII is nie onbekend daarvoor nie. Vervang met enige ander teleskoop net vir 'n toets.
Jou loop het dalk koper opgetel. Maak goed skoon.
Die monterings is dalk Lynx tipe met die skroefies weerskante van die ronde studs. Die studs kraak en dan dieselfde frustrasie. Kry ander monterings wat tenminste sywaarts kan verstel.
Moenie monterings soos Thor tipe gebruik wat geen sywaartse verstelling het nie. Die teleskoop moet dan voorsiening maak om te sentreer, en dis te ver buite die middel van die teleskoop se verstelling. Dan is die veer te pap, en dieselfde frustrasie. Kry ander monterings wat tenminste sywaarts kan verstel, of ruil die voor en agterste een, of draai hulle 180 grade om so na aan middel te kom met die teleskoop in die middel van sy verstelling. :'(
Voorspoed!
Johan Smit
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Teleskoop verloor sy Zero

Post by BRNO (Pierre) »

http://i1296.photobucket.com/albums/ag4/Annas1609/image_zps7398b8b6.jpg
http://i1296.photobucket.com/albums/ag4/Annas1609/image_zps448dbefe.jpg
Veiligheid eerste manne!
Andre Hepburn
Newbie
Newbie
Posts: 44
Joined: Fri May 25, 2012 1:23 pm

Re: Teleskoop verloor sy Zero

Post by Andre Hepburn »

Dankie vir almal se hulp. Ht 'n vriend wie se VX11 ook gegaan ht so ons beplan om saterdag 'n backop scope saam te vat mt ander ringe ens om te sien of dit juis die teleskoop is. Oor die skroewe kan ek maar nt se dat ek die skroewe gekyk ht en hulle was vas. Ek sal vandag bietjie loer na daardie studs en die teleskoop oor monteer en ook kyk of die ringe gelap is.Die loop is ook skoon,een van die eerste veranderlikse wat ek probeer voorkom ht mt Boretech se Eliminator. Hoop maar nt ek kan die probleem so gou as moontlik kry. Ek glo glad nie die loop ht sy einde van sy lewe bereik mie. 338-06 was vroeer 'n moeilikke kaliber om voor te herlaai veral in Suid Afrika,dit staan maar bekend as 'n regte Wild cat so dink nie hy kon so baie geskiet ht nie maar ek sal tog daarna moet kyk indien sulke groepe gehandaf word mt die backup scope.
Dankie vir almal se insette.

Wardeer dit.

Groete
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Teleskoop verloor sy Zero

Post by LUAN »

Kyk tog dat die kolf skroewe vas is en dat die loop nog wel freefloat en nie iets onder hom is. Weet van iemand wat net n stukkie gras onder sy loop gehad het en dit het n geweldige effek op sy groepe gehad, ek kan dit ook nie glo maar dis hoe sensitief hierdie instrumente is.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Teleskoop verloor sy Zero

Post by tripodmvr »

Ek dink julle soek die fout op die verkeerde plekke. Gee idee wanneer jy die lading ontwikkeling gedoen het en die temperatuur toe dit gedoen is. Ek vermoed weens die kouer weer is jou spoed stadiger en jy is af van die node.
Andre Hepburn
Newbie
Newbie
Posts: 44
Joined: Fri May 25, 2012 1:23 pm

Re: Teleskoop verloor sy Zero

Post by Andre Hepburn »

Goeie punt Tripod. Lading ontwikkeling was gedoen aan die einde van die somer. Sal die chrony die nwk saam vat. Ek weet dat my ladings verskriklik sensitief was met 0.5gr verstellings (sien foto aangeheg) Dis 'n lading van 0.5Gr onder my node spoed. Moet ook bynoem dat hy twee en half duim hoog gegroep het op 100m maar op die oomblik zero hy op 'n 100m. Kan dit dalk iets te doen he met die teleskoop of ringe dan?

[IMAGE]http://i1296.photobucket.com/albums/ag4/Annas1609/image_zps1c55664d.jpg[IMAGE]
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Teleskoop verloor sy Zero

Post by tripodmvr »

Jy noem dat die ladings baie sensitief was vir verandering. Soek eers jou probleem hier. Kyk of jou spoed baie verander het.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Teleskoop verloor sy Zero

Post by Hercules Louw »

Hallo André

Hieronder is 'n aanhaling uit 'n artikel wat ek in 2006 oor die 30-06 geskryf het. http://www.sahunters.co.za/attachments/ ... 20Louw.pdf

Die feit dat jou geweer geweldig sensitief vir ladings is, dui vir my op 'n onstabiliteit. Ek sal die probleem gaan soek soos hieronder beskryf.

Daar is baie ou gewere in 30-06 in omloop wat op Mauser aksies gebou is. Die groot probleem met Mauser aksies is dat dit nie werklik ontwerp is vir die montering van ‘n teleskoop nie. Die metaal wat om die magasyn opening na die agterste skroef en sneller gaan is baie dun en slap, wat nog vererger word deur die hap wat aan die linkerkant uitgesny is. Verder is die oppervlak waar die agterste teleskoopmontering moet kom, ook nog skuins en nie baie eenvormig tussen verskillende aksies nie. ‘n Teleskoop monteer voor en agter die magasyn en nie op die loop soos by oop-visiere nie. Die gevolg van hierdie omstandighede is dat die agterste teleskoopmontering in 9 uit 10 gevalle nie perfek met die voorste montering oplyn nie, en dan ‘n spanning tussen die teleskoop en aksie veroorsaak wat glad nie bevorderlik vir akkutaatheid is nie. Dit is waarskynlik die rede waarom baie gewere met mauser aksies ‘n drukpunt onder die loop nodig het om akkuraat te wees. Die oplossing vir hierdie probleem is om ‘n eenstuk-basis vir die teleskoop te gebruik. Hierdie basis loop van voor na agter oor die aksie en verstewig die aksie dus in die proses. Verder sorteer dit die probleem met die skuins oppervlak by die agterkant ook uit en verskaf ‘n gelyk oppervlak vir die ringe. Thor en Lynx vervaardig sulke basisse. Die ringe van ‘n bestaande montering kan gerus nagegaan word om te sien of dit perfek oplyn. Dit kan gedoen word deur ‘n eenvoudige “lapping tool” met ‘n skuurmiddel daarop heen en weer deur die ringe te stoot.
Andre Hepburn
Newbie
Newbie
Posts: 44
Joined: Fri May 25, 2012 1:23 pm

Re: Teleskoop verloor sy Zero

Post by Andre Hepburn »

Dankie Hercules vir die inset. Ek ht al gehoor die ouens gebruik one piece mounts vir die Mauser aksies en ek is tans opsoek na een. Lynx maak nie meer 'n one piece mount nie,net die Picatinny rail wat redelik duur is en op die oomblik ht lynx geen stock nie.Het gekyk na die Leupold one piece mount maar dit lyk nie of dit juis van die "sterkste" is nie. Enige iemand 'n idee waar ek 'n Picatinny kan kry of enige ander "one piece" mount vir 'n Mauser wat die aksie sal versterk.

Dankie
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Teleskoop verloor sy Zero

Post by Cobus(Cobb) »

Kontak vir baboonstalker op die forum hy maak picantinny rail...R800
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Andre Hepburn
Newbie
Newbie
Posts: 44
Joined: Fri May 25, 2012 1:23 pm

Re: Teleskoop verloor sy Zero

Post by Andre Hepburn »

Dankie Cobus,sal kontak met hom maak. Ht jy 'n idee of die Picatinny rail wat hy vervaardig van staal of Aluminium is.

Baie dankie
Post Reply