Page 1 of 1

338 lapua hulp asb!!!

Posted: Mon Jul 01, 2013 6:51 pm
by vossie1
Ek hoop julle slim koppe kan raad gee asb,my neef het n Sako TRG 338 lapua en hy sukkel om groepe onder 20mm te kry op 100meter, dis nie sleg vir n jageweer nie maar vir daai tipe spesialis geweer is dit power.

TRG 338 lapua
Nosler doppe met 116gr H20 volume
Pmp primers???
Tpl teen lands is 92mm en as hy na 91.6mm gaan maak die groepe oop
Spoed is 2836 ft/s
Punte is 250 gr lapua scenar
Kruit is S385. 88gr
Barrel lengte is 26"
Twist. 1-10

Groete
Vossie

Re: 338 lapua hulp asb!!!

Posted: Mon Jul 01, 2013 8:59 pm
by tripodmvr
Dit wil voorkom of hy by die akkurate node is (2841vps) maar dit is teen maks druk. Julle kan die TPL nog korter maak en kyk of die groepe nie wil toemaak nie. Die laer node is by 2727vps en 84,1gr sal julle naby daaraan kry.

Re: 338 lapua hulp asb!!!

Posted: Mon Jul 01, 2013 10:15 pm
by vossie1
Thanks tripod

Re: 338 lapua hulp asb!!!

Posted: Tue Jul 02, 2013 4:04 am
by Marc
Vossie

Ek sou bietjie konstanter slagdoppies ook probeer. As mens kyk hoe ons manne sukkel om die dryfmiddels konstant te hou sou ek my geld op eerder op CCI of Federal sit. Veral as jy met so spesialis kaliber akuraatheid jaag. Net so akuraat as wat hulle is, kan hulle vol draadwerk ook wees ;)

Re: 338 lapua hulp asb!!!

Posted: Tue Jul 02, 2013 8:29 am
by Wouter Roets
Vossie

Is jy seker oor daai looplengte? Moet dit nie eerder 27 duim wees nie?

Groetnis
Wouter

Re: 338 lapua hulp asb!!!

Posted: Tue Jul 02, 2013 10:07 am
by kopskoot
Hi Vossie

Daai loop lengte moet 27" wees.

Ek is tans bietjie op n jag vakansie, en onthou nie al my gegewens uit my kop nie. Sal dit opsit sodra ek terug is by die huis, maar ek sou defenetief begin by daai primers.

Ek laai federal match primers en skiet eerder 250 gr Siera Match Kings.

Laat weet jou sodra ek by die huis kom.

Groete

Re: 338 lapua hulp asb!!!

Posted: Wed Jul 03, 2013 8:05 am
by vossie1
Julle is reg die loop is 27" en hy gaan nou met die seating depth speel en cci 250 primers gebruik. Dankie vir die raad.

Groete
Vossie