Howa hout kolf free float
- Leroi
- Full Member

- Posts: 238
- Joined: Mon Jun 11, 2012 6:59 am
Howa hout kolf free float
Hi Almal,
Ek het n nuwe Howa 7mm rem mag met n hout kolf.
Die aksie pas lekker in die kolf en die loop is heeltemal vry van die kolf, behalwe net so aan die einde van die voorlaai. (sien foto)
Dink julle ek moet dit verwyder of eers kyk wat die geweer maak met die "rus" nog in plek.
Groete

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
243 Win Remington 700 SPS DM 30-06 SPRG CZ550 222 Rem Savage Mod 3407mm Rem Mag Howa 1500 22LR Savage Mod II
- Smous v.d. Vyver
- Hero Member

- Posts: 662
- Joined: Thu Nov 08, 2012 10:54 am
Re: Howa hout kolf free float
Hi Leroi,
My voorstel sal wees om dit te verwyder,daar is bitter min gewere wat ek van weet wat hou van 'n "pressure point" soos wat hulle dit noem.My Remington standaard houtkolf het presies dieselfde gehad.Dit is 'n verhewe hout gedeelte aan die voorkant van die kolf sodat die swivel stud wat van onder af ingedraai word nie die loop raak en beskadig nie wat indirek veroorsaak dat die loop nie meer free float nie.
Dink jy kan dit maar met 'n goeie gemoed verwyder,volgens my natuurlik.
Vriendelike Groete,
Corné

- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3528
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Howa hout kolf free float
Ek sou dit ook maar verwyder het....
Groetnis
Groetnis
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Howa hout kolf free float
Die normale sal wees om die drukpunt te verwyder. Onthou dat 'n mens nie goed moet heelmaak wat nie stukkend is nie. Skiet eers en kyk of die geweer nie bevredigende groeperings skiet net soos dit tans is nie.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Howa hout kolf free float
Hier is goeie raad!!!wlm wrote:Die normale sal wees om die drukpunt te verwyder. Onthou dat 'n mens nie goed moet heelmaak wat nie stukkend is nie. Skiet eers en kyk of die geweer nie bevredigende groeperings skiet net soos dit tans is nie.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Howa hout kolf free float
Ek het nie 'n Howa nie, maar my 308 het ook so 'n drukpunt gehad en lekker groeperings geskiet. Ek het egter die drukpunt verwyder, omdat dit 'n groter invloed gehad het as die loop warm is en kan glad nie kla oor die groeperings na ek dit verwyder het nie.
Ek sou dit doen as ek jy is, maar WLM gee goeie raad, moenie iets regmaak wat nie gebreek is nie...
Ek sou dit doen as ek jy is, maar WLM gee goeie raad, moenie iets regmaak wat nie gebreek is nie...
Aim small, miss small
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3528
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Howa hout kolf free float
Wat wlm se n waar, maar onthou met n hout drukpunt gaan daar heel moontlik n verskil in jou POI wees as jy se bv in Durban bly en jy gan jag in die Kaleharie. Die hout krimp en sit uit soos die lug se fog inhoud verander.
Groetnis
Groetnis
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3125
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Howa hout kolf free float
Ek het weer gelees dat sporter profiel lope meer voordeel trek uit n drukpunt en diklope beter is om te freefloat. Maar skiet eers met drukpunt en begin dan krap.
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Howa hout kolf free float
Dit is al wat my ook pla. Weet egter nie hoe Leroi se bewegings is nie.Armand Steenkamp wrote:Wat wlm se n waar, maar onthou met n hout drukpunt gaan daar heel moontlik n verskil in jou POI wees as jy se bv in Durban bly en jy gan jag in die Kaleharie. Die hout krimp en sit uit soos die lug se fog inhoud verander.
Groetnis
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Howa hout kolf free float
Ek het die drukpunt op my vrou se 270 howa houtkolf afgehaal. Die geweer skiet baie kein groeppe sonder die drukpunt. Agv omstandighede kon ek nooit die geweer met die drukpunt toets nie. Kyk dus eers hoe skiet die wapen met die druk punt. Daar sal tog seker n rede wees waarom Howa die drukpunt ingesit het. Iets wat nie ongewoon is by produksie wapens nie. Musgrave het dit ook op hul std gewere gedoen
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Leroi
- Full Member

- Posts: 238
- Joined: Mon Jun 11, 2012 6:59 am
Re: Howa hout kolf free float
Dankie almal vir julle terugvoering,
Ek bly in die Kaap en gaan jag hoofsaaklik in die Karoo en Noord-Kaap, so ek dink die lug se voginhoud kan nogal n issue raak. Die ander kwel punt is; ek is tans besig om die loop in te breek (kon net 3 skote skiet voordat die skape die skietbaan oorgevat het) maar wil graag 160gr Nosler accubonds skiet waarvoor ek die ladder test (Audette) metode van lading ontwikkeling wil gebruik. As ek die lading ontwikkeling doen en vind dat dit nie werk met die druk punt nie is daar al klaar so R600 verkwis, so ek oorweeg dit sterk om die drukpunt te verwyder.
Ek bly in die Kaap en gaan jag hoofsaaklik in die Karoo en Noord-Kaap, so ek dink die lug se voginhoud kan nogal n issue raak. Die ander kwel punt is; ek is tans besig om die loop in te breek (kon net 3 skote skiet voordat die skape die skietbaan oorgevat het) maar wil graag 160gr Nosler accubonds skiet waarvoor ek die ladder test (Audette) metode van lading ontwikkeling wil gebruik. As ek die lading ontwikkeling doen en vind dat dit nie werk met die druk punt nie is daar al klaar so R600 verkwis, so ek oorweeg dit sterk om die drukpunt te verwyder.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
- Smous v.d. Vyver
- Hero Member

- Posts: 662
- Joined: Thu Nov 08, 2012 10:54 am
Re: Howa hout kolf free float
Leroi,
Jy neem die regte besluit.
As jy die volgende inligting verskaf kan ek en ek is seker 'n paar ander manne,jou help om jou geld te
bespaar d.m.v quickload te gebruik om jou naby jou sweetspot te bring.
Die inligting wat benodig word :
Kaliber
Koeëlpunt
OAL (Overall Length)
Dop volume (H20 waarde)
Loop Lengte
Hoop jy kan die inligting benut.
Vriendelike Groete,
Corné
Jy neem die regte besluit.
As jy die volgende inligting verskaf kan ek en ek is seker 'n paar ander manne,jou help om jou geld te
bespaar d.m.v quickload te gebruik om jou naby jou sweetspot te bring.
Die inligting wat benodig word :
Kaliber
Koeëlpunt
OAL (Overall Length)
Dop volume (H20 waarde)
Loop Lengte
Hoop jy kan die inligting benut.
Vriendelike Groete,
Corné
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3528
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Howa hout kolf free float
Haai die bleddie ding uit man, hy hoort nie daar nie. Jy geweer sal nie selgter skiet nie,kan net beter.
Groetnis
Groetnis
- 375fanatic
- Hero Member

- Posts: 1213
- Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am
Re: Howa hout kolf free float
my 6.5 howa het houtkolf en ek het nou die dag die spasie gemeet tussen loop en kolf die gaping was tussen 4 en 6mm as jy die pressure punt heeltemal weg vat gaan jou loop en kolf bietjie ver uitmekaar wees .
ek sal hom eers skiet dan as nodig net 1-2mm van die pressure punt weg vat. ek dink daar aan om myne te laat bed maar hy skiet reeds 14mm groepe en die pressure punt pla nie
ek sal hom eers skiet dan as nodig net 1-2mm van die pressure punt weg vat. ek dink daar aan om myne te laat bed maar hy skiet reeds 14mm groepe en die pressure punt pla nie
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm