Page 1 of 1
berg van geweer aangekoop
Posted: Wed Jun 26, 2013 8:45 pm
by douw
Goeie naand manne
Ek het 'n geweer by 'n oom gekoop. Ek het alreeds 4 gewere op my naam, so gaan eers moet toegewyde status kry. Ek het egter met my DFO gepraat en sy sê sy sal sommer dadelik bergingspermit uitreik as ek al die getekende dokumente na haar toe vat.
Ek reel toe met die verkoper en alles is reg. Toe ek met hom tyd reel is hy ewe skielik baie bekommerd. Iemand het hom vertel dat dit 'n baie onveilige opsie is. Hy reken dat indien die wapen gesteel word uit my kluis, hy vertantwoordelik gehou gaan word daarvoor?
Nou wil hy nie die wapen meer laat stoor by my nie, hy wil eers die wapen oorgee sodra ek my lisensie gekry het.
Is daar enige konkrete bewyse wat ek vir hom kan aanstuur om hom te laat onstpan?
Lekker aand
Douw
Re: berg van geweer aangekoop
Posted: Thu Jun 27, 2013 7:35 am
by tripodmvr
Hy het dokumentere bewys dat die wapen wettiglik by jou gestoor word. Indien dit dan gesteel word is hy nie verantwoordelik nie - dit was in jou besit. Dieselfde probleem duik ook maar op as jy betaal het en die wapen word by hom gesteel. Jou aansoek is in en sal geprosesseer moet word. Kyk of die skriftelike bewyse nie sy kop sal swaai nie. Jy kan selfs die koopooreenkoms op skrif stel en dupliseer sodat dit ook as bewys kan dien.
Re: berg van geweer aangekoop
Posted: Thu Jun 27, 2013 10:54 am
by douw
Die oom het nou te veel stories gehoor van mense wie se wapens gesteel is en toe verantwoordelik gehou is. Hy het egter 'n hele paar weergawes van die waarheid.
Ek sal moet iets konkreets vir hom stuur sodat hy kan sien dit is veilig. As ek hom kan oortuig, dan eers sal hy na die polisie gaan om dit te doen.
Groete
Douw
Re: berg van geweer aangekoop
Posted: Thu Jun 27, 2013 6:33 pm
by douw
Iemand met 'n persverklaring deur polisie uitgereik? Of 'n sekere wet miskien?
Groete
Douw
Re: berg van geweer aangekoop
Posted: Thu Jun 27, 2013 7:26 pm
by cassie_calvinia
kan jy 'n bergings sertifikaat kry vir 'n nuwe wapen ook?
Re: berg van geweer aangekoop
Posted: Thu Jun 27, 2013 8:18 pm
by douw
Hallo Cassie
Sover ek weet, kan jy nie.
Groete
Douw
Re: berg van geweer aangekoop
Posted: Fri Jun 28, 2013 6:17 am
by ANDRIES
Jy kan slegs 'n bergingsert kry op 'n wapen wat privaat aangekoop word.Indien by 'n handelaar gekoop bly die wapen by die handelaar totdat jy jou lisensie toon.Onthou net dat 'n wapen op bergingsert nie gebruik mag word nie.
Re: berg van geweer aangekoop
Posted: Fri Jun 28, 2013 8:07 am
by Hein22
douw wrote:Goeie naand manne
Iemand het hom vertel dat dit 'n baie onveilige opsie is. Hy reken dat indien die wapen gesteel word uit my kluis, hy vertantwoordelik gehou gaan word daarvoor?
Douw
My DFO het my dieselfde gewaarsku toe ek een van my wapens verkoop het en ons gaan reel het vir 'n stoor permit vir die koper. Sover ek dit dus het is die oom korrek.
Re: berg van geweer aangekoop
Posted: Fri Jun 28, 2013 10:08 pm
by james 303
Douw as dit die oom gaan gelukkig maak kan jy altyd die wapen gunshop toe vat en uitboek op hulle stock en so kom die wapen dan daar en dan van die oom se naam af .Dit is as jy dit so wil doen.As dit die oom gelukkig gaan maak is dit n goeie opsie.
Re: berg van geweer aangekoop
Posted: Sat Jun 29, 2013 8:22 am
by douw
Hallo Louis
Hoe sal so iets werk. Bly die geweer dan by die handelaar? Watse kostes is verbonde aan so iets?
Groete
Douw
Re: berg van geweer aangekoop
Posted: Wed Jul 02, 2014 1:44 pm
by Philip J
Hallo manne en dames.
Ek wil 'n .22 oordra van my Pa se naam af na myne toe. Het reeds die vorms by die Polisiestasie gekry vir die nuwe aansoek. Kan iemand my dalk sê of ek 'n bergingspermit kan bekom sodat ek die geweer by my kan stoor totdat die lisensie aansoek afgehandel is. My Pa woon in die Suid Vrystaat en ek in Gauteng, en ek sal graag die geweer wil saamvat wanneer ek huis toe gaan. Is dit moontlik/wettig en wat moet ek by wie kry om dit te kan doen?
Re: berg van geweer aangekoop
Posted: Wed Jul 02, 2014 2:00 pm
by douw
Het jy alreeds gewere op jou naam?
Re: berg van geweer aangekoop
Posted: Wed Jul 02, 2014 2:14 pm
by Philip J
Hallo Douw.
Ja ek het twee jaggewere en 'n handwapen op my naam.
Re: berg van geweer aangekoop
Posted: Wed Jul 02, 2014 2:34 pm
by Dawie Malan
'n Bergingspermit laat die nuwe koper nie toe om die wapen van die perseel waar hy geberg word af weg te neem nie. Die koper kan dus nie gaan skiet met die wapen of ammunisie koop totdat hy op die naam van die koper geregistreer is nie. Die koper kan wel die wapen skoonmaak en seker na hom kyk.
Indien die koper se lisensieaansoek nie goedgekeur is nie of die aansoek hang vir 'n lang tyd het die verkoper 'n probleem. Hy stoor sy wapen by iemand wat hy tien teen een nie ken nie en nie weet of die nuwe koper dalk nie 'n geskil gaan probeer oplos met die verkoper se wapen nie. Die verkoper weet ook nie of die kluis wat die koper het voldoende is nie. Al is die verkoper nie verantwoordelik vir 'n diefstal of misbruik van so 'n wapen nie, moet hy steeds op enige nuwe aansoek invul dat een van sy gewere gesteel is met 'n volle verduideliking daarvan. Dit wil geen wapeneienaar doen nie. Die idee van 'n bergingspermit het tot stand gekom by wapeneienaars wat wapens op ander eiendomme wat hulle besit, te berg soos bv naweekboere, kantore en vakansiehuise. Die oplossing is 'n Permit om Tydelik 'n wapen te besit. Dit kan 'n nuwe aansoek vergesél en ek het een in 5 werksdae gekry.
Groete
Dawie Malan
Re: berg van geweer aangekoop
Posted: Wed Jul 02, 2014 4:35 pm
by boogman
PhilipJordaan wrote:
My Pa woon in die Suid Vrystaat en ek in Gauteng, en ek sal graag die geweer wil saamvat wanneer ek huis toe gaan.
As jy bestaande lisensie en kompetensie het is dit 'n vorm invul by jou DFO wat jou Pa ook moet teken, hy gee ander vorm met stempel - dan is hy daar. Het dieselfde gedoen en dit het omtrent uur gevat.
Bergings permit sluit net die stoor van wapen in. Jy mag hom nie vervoer nie... Jou Pa sal hom moet bring.