Page 1 of 2

303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Posted: Sat Jun 22, 2013 11:06 am
by vlakvark1
Het gestraand so 9uur uitgegaan en na 2ure se loop en luister en wag en NATUURLIK koud
kry het ek die 3 kon laat bakkie ry



Vir die mense wat nie bloed op foto wil sien nie moet nie vêrder lees nie.

Fotos volg......................

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Posted: Sat Jun 22, 2013 11:10 am
by vlakvark1
Die is my wen resep

https://dl.dropboxusercontent.com/u/148410933/DSCN1811.JPG

Drie drie varke

https://dl.dropboxusercontent.com/u/148410933/DSCN1808.JPG

So lyk hulle afgeslag lekker vet :): :):


Varke van links uitgeslag gewigte

1. 55 kg
2. 57 kg
3. 68 kg



https://dl.dropboxusercontent.com/u/148410933/DSCN1810.JPG

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Posted: Sat Jun 22, 2013 11:23 am
by Gerhard
Mooi,

Hoe ver het jy hulle geskiet?

Hulle is spek vet!!!

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Posted: Sat Jun 22, 2013 11:35 am
by Ockert1992
Mooi man! Goed gedoen.

Dit lyk vir my na 'n baie lekker patent daardie van Led Lenser. Ek het ook al na hulle gekyk.

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Posted: Sat Jun 22, 2013 11:47 am
by vlakvark1
Gerhard wrote:Mooi,

Hoe ver het jy hulle geskiet?

Hulle is spek vet!!!
Vêrste skoot was so 40m en naaste skoot was so 15m

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Posted: Sat Jun 22, 2013 11:50 am
by Piet Pille
Baie netjies gedoen!!!
Daai LED-lensor patent lyk na 'n wenner. Ek het juis ook 'n NO4 MKI wat bietjie afgeskeep word deesdae. Lyk my jyt nou die wenresep daar beet!

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Posted: Sat Jun 22, 2013 11:51 am
by Smiley
Mintag, mooi gedoen daar, hulle is lekker vet....

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Posted: Sat Jun 22, 2013 11:53 am
by vlakvark1
Ja hulle is ordentlik VET
Hulle moet so lyk as jy die skade sien in die mielielande

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Posted: Sat Jun 22, 2013 12:29 pm
by tau
Ek soek so setup. Ons het weer ons probleem vark area gekry na so bietjie politiek.

Baie mooi

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Posted: Sat Jun 22, 2013 1:07 pm
by Giepie
Watter ammo het jy gebruik? As ek kans kry wil ek volgende week een saam terugbring.

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Posted: Sat Jun 22, 2013 1:28 pm
by vlakvark1
Giepie wrote:Watter ammo het jy gebruik? As ek kans kry wil ek volgende week een saam terugbring.
Ek gebruik Remington 180gr Core-Lokt
Het voorheen 215gr gebruik maar dit het n skaars ding geword

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Posted: Sat Jun 22, 2013 2:30 pm
by LUAN
Mooi gedoen man! Ek wil ook nog varke gaan skiet met my kettie. Wat se die wet? Mag jy in die aand vark jag met flits solank dit vark is? Sal 150gr bonded koeel soos claw genoeg wees vir die varke?

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Posted: Sat Jun 22, 2013 2:58 pm
by JAGTERSREG-JRM
Hoe raak ek nou lus vir bosvark jag, seker 4 jaar laas so n geleentheid gehaat.Deesdae sukkel mens maar op jagplase


:(

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Posted: Sat Jun 22, 2013 3:05 pm
by jacojrdn
Vlakvark

Het ook die selfde setup op my .303. Ek het net die lig se skakelaar by my voorste hand gesit dat jy nie nodig het om die skakelaar te los as jy vinnig oor haal nie.

Mooi gegooi, ek is skoon jaloers. ++>:

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Posted: Sat Jun 22, 2013 6:03 pm
by Frederik
Vlakvark,

Lyk of jy die wenresep mooi gevang het.
Jy maak my net so jaloers dit is een van die goed wat ek bitter graag nog wil skiet het so paar omgedop saam met kleinte maar nog nooit self een geskite nie. Die kere wat ek gesit en wag het vir hulle was my geluk teen my.

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Posted: Sat Jun 22, 2013 6:16 pm
by Johan Nel
Mooi gedoen Vlakvark1,
Hulle is vrek vet en sommer uitgevreet groot, maar nou wil ek graag die stap vir stap weergawe van die jag hoor, nie net die bree trekke nie. Ons wil saam met jou die ding beleef... :): :): :):
Groete,
JHN

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Posted: Mon Jun 24, 2013 8:47 am
by Alvar
Baie mooi, daai bosvarke is blinkvet!

Skies as ek die thread hijack, maar hoe werk die skakelaar wat jy op die kolf het?

Dankie

Alvar.

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Posted: Mon Jun 24, 2013 8:49 am
by DWB
Alvar, dis 'n tapeswitch van LED Lensor, die battery cradle skroef uit en jy skroef 'n nuwe een met die tape switch in.

Dan plak jy die tape switch iewers op jou kolf vas, solank jy druk op die switch plaas met jou vinger sal hy skyn.

Werk baie lekker, baie lig om te druk en tjoepstil

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Posted: Mon Jun 24, 2013 8:54 am
by Alvar
Baie dankie!! Dit lyk of daai opset baie lekker werk, gaan dit definitief ook probeer!

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Posted: Mon Jun 24, 2013 9:03 am
by Rasmus
Ek het presies dieselfde setup werk bitter lekker.

Ons kon darem self Vrydag aand twee varke laat bakkie ry.

.303 Bosvarke word gewoonlik nie as wild gesien nie. Maw jy kan hom in die nag jag met toestemming van die grond eienaar.

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Posted: Mon Jun 24, 2013 9:08 am
by BRNO (Pierre)
Hoe ver sou julle se kan mens skiet met die P7 in die nag?

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Posted: Mon Jun 24, 2013 9:19 am
by Gerhard
BRNO .06 (Pierre) wrote:Hoe ver sou julle se kan mens skiet met die P7 in die nag?
So amper 100m

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Posted: Mon Jun 24, 2013 9:21 am
by vlakvark1
Alvar wrote:Baie mooi, daai bosvarke is blinkvet!

Skies as ek die thread hijack, maar hoe werk die skakelaar wat jy op die kolf het?

Dankie

Alvar.
Ek kon dit nie oor my hart kry om die skakelaar op my kolf vas te plak nie en het toe in my vrou
se naaldwerk kas rond gesniffel en met die plan vorendag gekom om die skakelaar op die
kolf te kry
Nou as ek klaar is met hom dan kom hy af
Weet nie wat noem mens die goed nie

https://dl.dropboxusercontent.com/u/148410933/DSCN1815.JPG

https://dl.dropboxusercontent.com/u/148410933/DSCN1816.JPG

https://dl.dropboxusercontent.com/u/148410933/DSCN1817.JPG

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Posted: Mon Jun 24, 2013 9:57 am
by vossie1
Lyk my die wolf het toe die drie varkies uitoorle.Mooi geskiet ek het so setup op my 30.06 gehad

Re: 303 + P7 led lenser Teen die bosvarke

Posted: Sun Jun 30, 2013 7:24 pm
by Dweetster
Baie mooi varke daai. Ek het self n paar varkies kon kry weer met die selfde setup, behalwe dat ek die nexttorch gebruik. Die liggie is nie heeltemal so skerp soos die ledlencer nie maar werk weer vir my beter as dit mistig begin raak. Dbw het vir my die ledlencer houer saam gebring wat baie mooi saam die liggie werk. Ek het gevind dat jy elkgevan nie sommer n vark verder as 50mtr ver kan sien nie, die goed het die vermoee om die lig te apsorbeer en vir jou geen revleksie te gee nie. Hulle verdwyn in jou lig soos mis voor die son.