Page 1 of 3
Range Finder
Posted: Wed Feb 25, 2009 9:33 pm
by charles
Reken julle PRO'S mens het n RF nodig om te Jag As mens so iets nodig het wat moet mens koop?
Charles
Re: Range Finder
Posted: Wed Feb 25, 2009 9:47 pm
by Yalair
Charles
Is nie 'n pro nie maar ek het 'n nikon 800 en hy werk lekker vir my, as ek als reg het dan range ek bakens om my, miershoop bos ens en dan bere ek hom, as jakals inkom dan meet jy tenoor baken en hoef jy nie te raai nie. afstand skat in die donker kan jou maklik flous en daar is nie tyd om jakals te range nie.
Groete
Re: Range Finder
Posted: Wed Feb 25, 2009 10:41 pm
by Dawie
Kry vijou een
Ek sien daar's 'n Nikon Monarch Gold 1200 ook by Safari&Outdoor vir R6000. Ek het ook die 800, werk vimy ook lekker, hulle is nou duur, blikkies, R4900. 'n Ander voordeel is jy kan brag oor lang skote sonder om te lieg.
Leopold maak ook rangefinders en die Leica smaak my, is of was, altyd die Rolls gewees. Opinies? Gaan kyk op Safari&Outdoor se webtuiste en b?l hulle.
Dawie
Ps. Ek gaan skiet nooit meer sonder rangefinder nie
Re: Range Finder
Posted: Thu Feb 26, 2009 8:32 am
by JACQUES BOTHA
ok ek besit nie n rangefinder nie...is daar enige nut om iets te range onder 200 meter behalwe omdat jy kan....en wil en omdat jy n rangefinder het?
Ek dink as jy met klient jag en hy betaal n prof. fooi , jy tog jou beste moet doen om die beste diens te lewer en dan kan die klieent nie se jy het geskat 200 en toe staan dei dier 231 meter nie... Senario 2 die jakkals staan op 314 meter . stel jy jou scope of weet julle hoeveel om aan te pas, as jy stel, stel jy na 310 meter of na 300 of na 320 of stel jy hom op 314 meter? Ek sal graag rangefinder wil koop na ek na al julle antwoorde geluister het...ek word maklik oortuig....
en meet soms nog toerusting prys aan aantal jakkalse..?(grappie)
Re: Range Finder
Posted: Thu Feb 26, 2009 9:53 am
by Yalair
JAQUES
Hoe graag wil jy hom he ? Dis lekker om gadgets te he wat die lewe maklik maak

met range finder kan jy hom presies in die

skiet dan is die vel nie vol gate nie

Re: Range Finder
Posted: Thu Feb 26, 2009 10:13 pm
by Chris101
Leica 1200
Van die bestes wat ek nog gebruik het.
Veral vir daai koedoes op350-400.
Chris101
Re: Range Finder
Posted: Fri Feb 27, 2009 12:35 pm
by JACQUES BOTHA
Re: Range Finder
Posted: Sun Mar 01, 2009 11:40 am
by charles
Wat dink julle van Swarovski 8x30 Lazer Guide Range
Charles
Re: Range Finder
Posted: Sun Mar 01, 2009 11:48 am
by Dawie
Charles
Ek dink hy's duuuuur! R13000 by S&O, ek dink nie enige van ons sterflinge op die forum het een nie. Of is ek verkeerd? Miskien koop Andr? een as hulle re?n kry

Dawie
Re: Range Finder
Posted: Sun Mar 01, 2009 9:00 pm
by JACQUES BOTHA
Niemand het my geantwooord nog nie, as julle die teiken gerange het, gestel dis 274 meter, wat gebeur nou, wen jy jou scope op en af of skiet jy met die kruishare in jou scope of weet jy dan jy moet so biki bokant jou teiken vat ....of wat doen julledan, ek sal graag wil hoor manne...het julle daai kliek kaartjies (cripnotes") byderhand of weet julle presies waar om te mik.. 'ek verneem in die iestern cape maak julle nie cripnotes nie, julle skryf perkament rolle so ver skiet julle...lag lag, sommer grappie. dalk het julle daai mooi "dailing gages" op julle scopes ,,,maar laat weet maar ,,,,as niemand dit gaan lees nie, ek sal ten minste iets leer
Re: Range Finder
Posted: Sun Mar 01, 2009 9:20 pm
by katjak
Jacques.
Ek het n leica 900 scan. Hy werk elke aand wat ek uitgaan. Omdat dit redelik op en af by ons is, het jy baie met dooie grond te doen. Dit maak afstand skat nogal redelik moeilik. Baie keer sien jy die knaap al op 4-5oo m en dan range ek hom maar tot hy binne skiet afstand is. 350 m is my limiet en ek sal hom eers probeer nader kry. As hy dan nie wil nie gee hy jou op daai afstand nog genoeg tyd om te range. Ek probeer so een keer in 2 weke om op 300 m op n jakkals teiken skiet van my stoel af. Net so 3 skote.Dit gee my n redelike idee waar om te mik. Ek het Sierra se balistiese program waar as jy spoed, koe?lgewig, ens insit hy die trajek vir jou gee. Ek meet my skote se val met n maatband en kyk wat my program my gee, en korrel dan net daai klein bietjie ho?r. Hoop jy kom reg. Stel glad nie my scope nie. Hy is gezero op 200 m en daar bly hy.
Katjak.
Re: Range Finder
Posted: Wed Apr 08, 2009 4:44 pm
by jaracal
JACQUES wrote:
Niemand het my geantwooord nog nie, as julle die teiken gerange het, gestel dis 274 meter, wat gebeur nou, wen jy jou scope op en af of skiet jy met die kruishare in jou scope of weet jy dan jy moet so biki bokant jou teiken vat ....of wat doen julledan, ek sal graag wil hoor manne...het julle daai kliek kaartjies (cripnotes") byderhand of weet julle presies waar om te mik.. 'ek verneem in die iestern cape maak julle nie cripnotes nie, julle skryf perkament rolle so ver skiet julle...lag lag, sommer grappie. dalk het julle daai mooi "dailing gages" op julle scopes ,,,maar laat weet maar ,,,,as niemand dit gaan lees nie, ek sal ten minste iets leer
Jacques
Alles hang af van watter scope jy het. As jy kan stel is dit die beste of as jy 'n scope het wat die meer as een kruishaar het (vir hoogte) Die naweek wat verby is so 'n toets gemaak op Philippolis. Ons het val plate geskiet tot op 430m. 300m was meeste van die ouens nog op die teiken. 350m was seker 30% nog op die teiken en op 430m dink ek net 10% was op die teiken met 'n gewone teleskoop vir een skoot, ander skote mis. Ek het op elke afstand met elke skoot valplate laat val met die instel. Die enigste ander ou wat dit ook naastenby kon doen was met die multi horisontale kruishaar teleskoop.
Groete
Heinrich
Re: Range Finder
Posted: Wed Apr 08, 2009 5:50 pm
by Dawie
Hier's my cripnote wat in my sak is as ek jag
Range Drop Drop
(m)(1/4 moa clicks)(in)
50 0.4 0.1
75 3.2 0.7
100 4.0 1.1
125 3.9 1.4
150 3.4 1.4
175 2.5 1.3
200 1.5 0.9
225 0.3 0.2
250 -1.1 -0.8
275 -2.6 -2.1
300 -4.3 -3.7
325 -6.1 -5.6
350 -8.0 -8.0
375 -10.0 -10.8
400 -12.2 -14.0
425 -14.6 -17.8
450 -17.1 -22.0
475 -19.8 -26.9
500 -22.7 -32.5
Dis vir gewone 22-250 40gr V-Max 4250fps ge-zero op 230m
Verste in nag onlangs was 347m so dis 8 clicks op as jy tyd het om te range, met daai outjie het so bietjie bo hom gevat en nie aan die scope gedraai nie......lucky.
Dis goed om die cripnote te toets.
Dawie
Re: Range Finder
Posted: Wed Apr 08, 2009 6:45 pm
by Christo
Dawie
Ek het al op die veldskiet bane ouens gekry wat met sulke kripnotes skiet en hulle raakskiet was nogal impressive.
Kom net nie sover om dit op te stel nie maar ek dink dit is 'n goeie tool. Ek sien ook dat Lynx 'n tabelo het waarop jy bokke se afstande kan skat deur die size deur die scope. Het dit al gebruik en afgetree na 'n Springbok en 'n BWBees en altwee was naby genoeg aan reg.
Christo
Re: Range Finder
Posted: Wed Apr 08, 2009 11:02 pm
by Dawie
Christo
Hier's die link om dit uit te werk
http://www.eskimo.com/~jbm/calculations/traj_basic/traj_basic.html
Jy kan kies die "Range Increments" soos jy sien het ek elke 25m gevat, sit net al die data reg in en toets prakties om seker te maak dis reg.
Dawie
Re: Range Finder
Posted: Thu Apr 09, 2009 7:36 am
by Yalair
Dawie
Ek moet se die is nogal redelik naby, het gou gekyk op my notas wat ek laas week gedoen het.
Dankie
Ben
Re: Range Finder
Posted: Thu Sep 03, 2009 12:30 pm
by Dawie
Hallo Julle
Hier's 'n maaitjie in ons distrik wat nou sy toerusting begin opbou. Hy kyk nou na rangefinders.
Hy kyk na die Nicco Stirling, en is vertwyfeling of hy nie moet minder eet en dalk maar 'n Nikon koop nie. As prys 'n vereiste is kan ou waag om Nicco Stirling te koop? Ek het nie vir hom 'n antwoord gehad nie. Is daar dalk van julle ouens wat ondervinding met die Nicco Stirling rangefinder het...
Sal dit waardeer.
Dawie
Ps. Hy kom leen vannaad my nikon om die twee te vergelyk, het ander perd se nicco S by hom
Re: Range Finder
Posted: Thu Sep 03, 2009 12:57 pm
by tafjak
Dawie
Laat die maat net uitvind op watter dag en tyd die ding aanmekaar gesit is.
My nek word weer te lank, n?.
Taffie
Re: Range Finder
Posted: Thu Sep 03, 2009 1:21 pm
by Francois Marais
Dawie
Ek dink die besluit le seker by die man wat die geld moet uithaal....... MAAR........
My 2c........
Koop kwaliteit van die beging af...... NIKON. Ek het by n bushnell beginne, toe later n Nikon, en nou n Leica. Ek kon my baie verdriet gespaar het in die tussentyd.
Mooi loop
Francois
NS Ek het steeds die Nikon ook, niks fout met hom nie.
Re: Range Finder
Posted: Thu Sep 03, 2009 1:32 pm
by tafjak
Francois
en nou n Leica.
... my bankbestuurder sit sonder job as ek een nou moet koop. Gaan nog so een kry. Ook 'n Nikon op die oomblik en werk darem nog.
Taffie
Re: Range Finder
Posted: Thu Sep 03, 2009 1:40 pm
by Dawie
Hier by ons loop 'n ou met 'n Swarofski RF ook rond.....nogal op die forum ook
Ps. Nie ek nie
Re: Range Finder
Posted: Thu Sep 03, 2009 3:09 pm
by Janjak
Lynx bemark nou ook n r/finder (Ranger is die maak).
Prys so in die omgewing van R2800.
Lees tot en met 500m en ook die spoed van die jakkals (dink dis vir wanneer hy storm).
Terugvoer sover is baie goed.
Nikon is duurder maar nog nooit sleg gehoor van hulle nie. Leica ook baie goed.
Re: Range Finder
Posted: Thu Sep 03, 2009 8:35 pm
by Christo
Jannie
Gee bietjie info. Ek sien niks op hulle site nie.
Christo
Re: Range Finder
Posted: Thu Sep 03, 2009 9:46 pm
by Janjak
Christo,
ek het n toetsmodel self al in die hand gehad maar nie gebruik nie (batterye kla)
Hulle reken tot en met 500y/m maar iemand anders het vir my gese 600. Ek sal egter inligting kry en julle opdatum bring. Ek het een op bestelling maar nog nie hier om self te kan oordeel nie. Spoedmeting is selde vir ons nodig tensy jy die springbok se spoed wil weet vir hoeveel om hom te lei?
Sal jou laat weet.
Re: Range Finder
Posted: Fri Sep 04, 2009 12:44 am
by Dawie
Die friend het nou bietjie die 2 vergelyk en leun klaar meer na die nikon, die nicco st vat bietjie lank om 'n lesing te gee.