Page 1 of 1
Koerier van wapen van Krugersdorp na Kaapstad
Posted: Wed Jun 19, 2013 7:46 am
by Leroi
Hi almal,
Ek het sopas my lisensie ontvang vir 7mm Rem Mag wat ek by Camdix in Krugersdorp gekoop het en wil dit nou Kaap toe bring.
Ram koeriers is klaarblyklik die enigste manne wat die kan doen, wie van julle het julle wapens laat koerier, eks 'n leek in die gebied en wil maar net verseker dat my geweer in een stuk by my aankom

.
Laat weet asb van julle ondervindings.
Groete
Re: Koerier van wapen van Krugersdorp na Kaapstad
Posted: Wed Jun 19, 2013 7:59 am
by Freddie101
Leroi
Weet van 2 gewere wat met Ram na queenstown gekoerier is waarvan 1 die kolf se nek amper heeltemal af gekraak is en ander een klein krakie( my eie). Laminated kolf en ek dink daar moet redelik krag gebruik word om dit reg te kry. Ander persoon het glad nie reg gekom en Ram wou glad nie tegemoed kom nie. My eie weet ek nog nie, maar het maar min hoop. Ongelukkig het hulle monopolie en is niemand anders beskikbaar nie.
As ek jou raad kan gee, laat dit in ordentlike geweertas gestuur word. Of vra n forumlid of iemand wat jy ken om te bring. Seker nie wettig nie, maar in my opinie baie veiliger.
Ek raak sommer weer ongelukkig.
Groete Freddie
Re: Koerier van wapen van Krugersdorp na Kaapstad
Posted: Wed Jun 19, 2013 8:02 am
by Schalk75
Hi Leroy.
Ek het hulle al gebruik om `n handwapen (groot rewolwer) te courier van Hermanus af na `n handelaar in Pretoria toe. Hy was in `n tas, en obviously geen kolf om te beskadig nie. So ek dink Freddie se raad is waardevol.
Hulle gaan verseker nie jou geweer so versigtig hanteer soos jyself nie. Betaal ook maar vir die versekerings opsie, indien enige.
Ek was baie tevrede gewees, geen pyne ondervind nie.
Groete
Schalk
Re: Koerier van wapen van Krugersdorp na Kaapstad
Posted: Wed Jun 19, 2013 8:17 am
by henried
EK het my 30-06 van Humansdorp na Vanderbijlpark laat koerier.
R400 was binne 2 dae by my.
Riaan het hom netjies verpak en dis hoe hy hier aan gekom het.
Geen probleme.
Jy moet 'n adres gee waar daar heeltyd iemand is, ek het hom sommer by die werk laat aflewer, hy was mooi verpak so ons "Security" het niks vermoed nie...
Re: Koerier van wapen van Krugersdorp na Kaapstad
Posted: Wed Jun 19, 2013 9:06 am
by Hilux01
Ek het twee goeie ervarings met RAM gehad
My 303 uit Kaapstad opgestuur vanaf privaat koper en my 9.3 vanaf Suburban Guns
Geen issues gehad nie, gaan my 6.5 ook laat opstuur en vertrou alles gaan goed gaan
Re: Koerier van wapen van Krugersdorp na Kaapstad
Posted: Tue Jun 25, 2013 7:32 am
by Leroi
Hi manne net so bietjie terugvoering,
Noodgedwonge moes ek maar van RAM se dienste gebruik maak, donderdag die betaling gemaak en dit het maandag hier aangekom.
Alles is een stuk, ek moet ook se die ouens by Camdix het baie moeite gedoen om die geweer ordentlik op te maak en te beskerm.
So ja ek is baie tervrede met die diens wat ek ontvang het.
http://i394.photobucket.com/albums/pp28 ... 465e01.jpg
Re: Koerier van wapen van Krugersdorp na Kaapstad
Posted: Tue Jun 25, 2013 11:45 am
by BRNO (Pierre)
Leroi wrote:Hi manne net so bietjie terugvoering,
Noodgedwonge moes ek maar van RAM se dienste gebruik maak, donderdag die betaling gemaak en dit het maandag hier aangekom.
Alles is een stuk, ek moet ook se die ouens by Camdix het baie moeite gedoen om die geweer ordentlik op te maak en te beskerm.
So ja ek is baie tervrede met die diens wat ek ontvang het.
http://i394.photobucket.com/albums/pp28/leroi_photos/2013-06-24175936_zpsfe465e01.jpg
Re: Koerier van wapen van Krugersdorp na Kaapstad
Posted: Tue Jun 25, 2013 5:44 pm
by Hein M.
Mooi geweer!
Hein M
Re: Koerier van wapen van Krugersdorp na Kaapstad
Posted: Wed Jun 26, 2013 1:38 am
by Pappabeer
Ek het hulle al baie gebruik sonder probleme. Pak maar net altyd in n tas wat beskerm. Daar is nog n maatskapy in Belville gewees met die naam CBC couriers wat ook vervoer het. As ek reg onthou was dit so 2009/2010 toe RAM se lisensie tydelik opgehef was.
Weet iemand of hulle nog bestaan
Re: Koerier van wapen van Krugersdorp na Kaapstad
Posted: Wed Jun 26, 2013 1:42 am
by Pappabeer
Die manier waarop die vervoer werk is egter belaglik. Ek koop bv n geweer by n ander ou of laat myne van die wapensmit af kom. Ek moet deur n helse lisensie aansoek gaan om te bewys dat my kluis voldoende is, my gees nie versteurd is nie ens. Net sodat n Rasta en n 19 jarige peroksied/daggakoppie met n rooi bakkie die tas onder uit n hoop pakkies krap en dit vir my gee, sonder enige toon van lisensies, I.D ens...
Vreemd hoe die CFR se standaarde werk...