Grys Jakkals
-
test
- Newbie

- Posts: 22
- Joined: Tue May 07, 2013 10:45 pm
Grys Jakkals
Dagse manne,
Die laaste paar jakkalse wat ek geskiet het vertoon grys en meestal sonder die donker streep op die rug. Het enige van julle dit al gesien en waarom is dit so?
Ek het onlangs ene by my buurman geskiet en hy was nou weer soos gewoonlik met die duidelike kleur verskille.
Aangeheg is n foto.
Groete
Alex

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Foxcreek
- Hero Member

- Posts: 577
- Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm
Re: Grys Jakkals
In watter distrik slat hulle so grys uit?
-
test
- Newbie

- Posts: 22
- Joined: Tue May 07, 2013 10:45 pm
Re: Grys Jakkals
Ek is in die Dullstroom omgewing. Geno het voorgestel dit mag moontlik die side striped jackal wees, maar die buurman se dis maar die gewone rooi jakkals, volgens doe internet kom die side striped jackal nie daar voor nie.
Sal graag wil hoor wat dink julle...
Sal graag wil hoor wat dink julle...
-
Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: Grys Jakkals
Het iemand vir die jakkals gese hy hoort nie daar nie?
-
test
- Newbie

- Posts: 22
- Joined: Tue May 07, 2013 10:45 pm
Re: Grys Jakkals
Mac, as iemand het, het die jakkalse nie geluister nie want daar is baie!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Grys Jakkals
Lyk vir my jy het 'n vaaljakkals geskiet (Engels side striped jackal).(canis adustus)
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Grys Jakkals
Lyk soos n vuil wolfhond
-
test
- Newbie

- Posts: 22
- Joined: Tue May 07, 2013 10:45 pm
Re: Grys Jakkals
Ek is nie 100 % oortuig dat dit n andet soort jakkals spesie is nie, hier is nog n foto waar die kleur half tussen in is maar hy het meer n trek na die gewone jakkals.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Spanner
- Hero Member

- Posts: 1083
- Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm
Re: Grys Jakkals
Wat is die kans dat die twee tipes kan kruisteel en jy het die "baster" geskiet ?
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Grys Jakkals
Kyk die verskillende kleure agter die ore van die twee jakkalse. Eerste jakkals is witkwas jakkals. Tweede een is rooi jakkals.
Goed, beter, 6millimeter!
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Grys Jakkals
Die eerste een het ook nie die prominente swart saal nie.
Goed, beter, 6millimeter!
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Grys Jakkals
"Vinnige Valetjies" as julle my sou vra. (Onthou julle nog die "vinnige valetjie"? Voel soos 'n leeftyd gelede)
Ek dink dis maar rooijakkalse met 'n kleur variasie, sien dit van tyd tot tyd hier ook. Glo nie dis die Witkwas jakkals nie, maar ek is oop vir oortuiging.
Ek dink dis maar rooijakkalse met 'n kleur variasie, sien dit van tyd tot tyd hier ook. Glo nie dis die Witkwas jakkals nie, maar ek is oop vir oortuiging.
-
test
- Newbie

- Posts: 22
- Joined: Tue May 07, 2013 10:45 pm
Re: Grys Jakkals
Louis, wat is die vinnige valetjies waarvan jy praat? Ja Geno ek sien die verskil in die kleur van die ore waarvan jy praat.
As daar wel witkwas jakkalse dan daar is, is dit 'n algemene ding en sal hulle met die gewone jakkals kompeteer vir 'n territoriale gebied?
As daar wel witkwas jakkalse dan daar is, is dit 'n algemene ding en sal hulle met die gewone jakkals kompeteer vir 'n territoriale gebied?
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Grys Jakkals
Is die twee fotos van dieselfde jakkals?
-
test
- Newbie

- Posts: 22
- Joined: Tue May 07, 2013 10:45 pm
Re: Grys Jakkals
Nee dit is twee verskillendes sowat 'n uur uitmekaar geskiet...
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Grys Jakkals
Die grys jakkals kom voor in die noordelike deel van SA en kan dus baie moontlik in Dullstroom se wereld wees. Baie skugter dier wat omtrent net in nag loop en ek sou dink dat die rooijakkals hom sal domineer. Hy is grotendeels 'n aasvreter of jagter van klein diertjies en voëls. Die jakkals wat jy wys het nie die prominente strepe op die sye nie. Google witkwas jakkals en jy sal mooi fotos van hulle sien.
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Grys Jakkals
Alex, in die begin dae van hierdie forum was daar wyd bespiegel oor die bestaan van die "vinnige valetjie" en of dit 'n ander soort jakkals as ons normale rooijakkals is. Daar kom beslis 'n "valer" rooijakkals hier in ons omgewing voor. Die oorsprong van daardie onderwerp was juis uit ons omgewing - daar was deur sommige geglo dat die valetjies ook effe kleiner is, baie vinniger en meer rats kon hardloop as die rooies, sou jy hulle bv. met 'n voertuig jaag. Die "geleerde manne" het ons destyds laat verstaan dat dit maar een en die selfde spesie is en dat dit slegs 'n variasie in kleur is.Alex Kilbride wrote: ...Louis, wat is die vinnige valetjies waarvan jy praat?...
Ek skiet somtyds sulke valetjies wat besig is om die ou haardos af te gooi en wil my verbeel dat die nuwe "jas" daar onder, nader aan die kenmerkende rooijakkals se kenmerkende kleure is. Verder het ek ook al rooijakkalse gesien en self geskiet wat wit kwaste op die punt van hul sterte het. Ek ken egter glad nie die Witkwas-jakkals nie, slegs prentjies/foto's gesien daarvan. So, ek mag die pot dalk heeltemal mis.
Mooiloop
Louis
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Grys Jakkals
Hier is hoe die "vinnige valetjie" destyds onthul is:
Louis102 wrote:Jakkie 735: Vinnige Valetjie Onthul
- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: Grys Jakkals
Is daar nie dalk fotos van hulle koppe,bekke,tande ensv nie?
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
-
ambessa
- Newbie

- Posts: 5
- Joined: Sun Mar 17, 2013 7:17 am
Re: Grys Jakkals
Hallo Geno / almal
Die Forum is nou so groot mens verdwaal indien jy nie kophou nie.
Daar is reeds heelwat oor die kleurvariasies (valetjies ens?) op die Forum gesels.
Die Side Striped Jackal (Canis adustus) en sy Afrikaans Witkwasjakkals behoort duidelik aan beide die systreep of die witterige kwas aan die stert onderskei te word.
Die foto(s) is nie duidelik genoeg om enige van hierdie twee kenmerke uit te ken nie?
Die bewerings word gemaak dat daar toenemend toevallige kruisings tussen beide Rooi- en Witkwasjakkalse en honde (Canis familiaris) opgemerk word.
Mooi loop.
Ambessa
Die Forum is nou so groot mens verdwaal indien jy nie kophou nie.
Daar is reeds heelwat oor die kleurvariasies (valetjies ens?) op die Forum gesels.
Die Side Striped Jackal (Canis adustus) en sy Afrikaans Witkwasjakkals behoort duidelik aan beide die systreep of die witterige kwas aan die stert onderskei te word.
Die foto(s) is nie duidelik genoeg om enige van hierdie twee kenmerke uit te ken nie?
Die bewerings word gemaak dat daar toenemend toevallige kruisings tussen beide Rooi- en Witkwasjakkalse en honde (Canis familiaris) opgemerk word.
Mooi loop.
Ambessa
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Grys Jakkals
Oom Am,
Hier is mos 'n wit punt?
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Jackal/Kwas.JPG
Ek weet mens kry van die rooies wat nou en dan 'n wit punt het, maar 2 in een nag is regtig ongehoord. As ek dit nie mis het nie, het Gerhard ook al Witkwas jakkalse in die Dullstroom distrik ingeroep.
Nog een van Alex se fotos:
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Jackal/Kwaste.jpg

- johann
- Sr. Member

- Posts: 343
- Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm
Re: Grys Jakkals
Alex ek het van daardie fotos by Geno gesien, hul is op gebrande veld geskiet reg?? As jakkalse lank aas op gebrande veld kan dit nie deel maak van die vuilgyt wat kleurverskynsel veroorsaak nie. Bedoelende dat jakkals net gevlek en vuil is agv as ? Ek het 'n nes gehad in die britstown omgewing wat die hele jongspan witpuntjies op die stert gehad het. Weet nie wat dit veroorsaak nie. Weet oom Taffie het ook 'n paar in daardie omgewing geskiet.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
test
- Newbie

- Posts: 22
- Joined: Tue May 07, 2013 10:45 pm
Re: Grys Jakkals
More almal, jammer ek was n ruk van die forum af gewees.
Johan die gebrande veld kan seker maar ook n verskil maak, maar in hierdie geval doen dit nie regtig nie want ek het ander geskiet wat ook so lyk nog voor die veld afgebrand het. Ek he n week of so met die lig gery en 8 gekry in een aand, almal behalwe een was so grys gewees. As dit wel die witkwas jakkals is dan is hulle seker noe so skaars soos mens dink nie, maar mens moet hom seker nie skiet nie of hoe?
Ambessa, as dit moontlik dan n kruis tussen rooi en witkwas is, sal hy die dieet van die rooi jakkals volg of dink jy hy sal dan goggas en muise eet soos wat die boeke se die witkwas eet?

- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Grys Jakkals
Hallo Alex
Lyk vir my baie na 'n "Sidestipe". Ek het in die Carolina omgewing al van hulle geskiet en indien hulle daar voorkom is dullstroom maar 'n klipgooi ve^r.
Groete
Lyk vir my baie na 'n "Sidestipe". Ek het in die Carolina omgewing al van hulle geskiet en indien hulle daar voorkom is dullstroom maar 'n klipgooi ve^r.
Groete
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter