Koedoes in ons omgewing

User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Koedoes in ons omgewing

Post by 375fanatic »

net so paar bulle wat hier in ons berge rondloop net so n lus makertjie so aan die begin van die jag seisoen

[url=http://s1292.photobucket.com/user/Rudi_ ... c.jpg.html

[url=http://s1292.photobucket.com/user/Rudi_ ... d.jpg.html]
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Koedoes in ons omgewing

Post by tripodmvr »

Waar is die' berge?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Koedoes in ons omgewing

Post by Geno »

http://i1292.photobucket.com/albums/b568/Rudi_van_Niekerk/jag/PICT0024_zpsb5584ddc.jpg

http://i1292.photobucket.com/albums/b568/Rudi_van_Niekerk/jag/PICT1403_zpscb6a7cbd.jpg
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Koedoes in ons omgewing

Post by Geno »

As julle ooit gewonder het hoe 'n 60" koedoe lyk, kyk net na die eerste foto!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Koedoes in ons omgewing

Post by 375fanatic »

tripodmvr wrote:Waar is die' berge?
Burgersfort omgewing
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Koedoes in ons omgewing

Post by matewis »

Ek bewe sommer al net om na die fotos te kyk! Bokkoors is my voorland as die oumeneer voor my kom staan!
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Koedoes in ons omgewing

Post by VdWalt »

Sjoe!! Een van my groot drome!!
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Koedoes in ons omgewing

Post by FHM »

Wees my siel genadig.....ek is ernstig as ek se as ek so oupa in die veld raakloop, ek kan eerlikwaar nie se of ek hom sal vat of los en net kyk nie.... regtig

Pragtig !
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
KC

Re: Koedoes in ons omgewing

Post by KC »

Ek skat hom so op 55" na miskien 58". Daai draaie is redelik diep en bedrieglik. Sal nogal interessant wees om te weet wat hy meet as iemand hom skiet

Nie my tipiese trofee koedoe horing wat ek graag in my huis wil ophang. So hy is veilig as hy in my vasloop
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Koedoes in ons omgewing

Post by VdWalt »

KC wrote:Ek skat hom so op 55" na miskien 58". Daai draaie is redelik diep en bedrieglik. Sal nogal interessant wees om te weet wat hy meet as iemand hom skiet

Nie my tipiese trofee koedoe horing wat ek graag in my huis wil ophang. So hy is veilig as hy in my vasloop

Dit lyk vir my soos 2 verskillende bulle?
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Koedoes in ons omgewing

Post by Foxcreek »

Dink hoe groot is hulle nou, want ek sien dis ou fotos.
Tarzan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Mon Nov 19, 2012 10:23 pm

Re: Koedoes in ons omgewing

Post by Tarzan »

Ek wou nog n foto van my 45" bulletjie wat ek 2 naweke terug geskiet het opsit....
KC

Re: Koedoes in ons omgewing

Post by KC »

VdWalt wrote:
KC wrote:Ek skat hom so op 55" na miskien 58". Daai draaie is redelik diep en bedrieglik. Sal nogal interessant wees om te weet wat hy meet as iemand hom skiet

Nie my tipiese trofee koedoe horing wat ek graag in my huis wil ophang. So hy is veilig as hy in my vasloop

Dit lyk vir my soos 2 verskillende bulle?
Weet nie regtig maar ek skat maar op die boonste foto. Daai reguit horings kan bedrieglik wees met diep draaie so ek skat ook maar.

As ek die jagter was dan sou ek hom geskiet het as n 55".

As dit dieselfde koedoe is in die tweede foto dan is dit volgens my nie n 60" nie. Die draaie is te vlak van langsaan gesien
Stasoft
Full Member
Full Member
Posts: 111
Joined: Mon Sep 05, 2011 3:12 pm

Re: Koedoes in ons omgewing

Post by Stasoft »

Pragtige bokke
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Koedoes in ons omgewing

Post by Geno »

KC,
As jy daai boonste bok op 55" skat, hoe lank sou jy reken is hierdie een?

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/20130608_185026.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Hunting/20130608_185054.jpg

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
KC

Re: Koedoes in ons omgewing

Post by KC »

Sou se miskien 54" Wat is hy?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Koedoes in ons omgewing

Post by Geno »

KC wrote:Sou se miskien 54" Wat is hy?
59 7/8"
Goed, beter, 6millimeter!
KC

Re: Koedoes in ons omgewing

Post by KC »

Geno,

Impressive ne.

Ek sou dit weer nie kon raai omdat daai eerste draai maar redelik kort en vlak is. Asook die res van die draaie

Sy lengte van horing lyk vir my weer langer as die bul onder bespreking in die eerste foto maar dan het die bul weer n diep eerste draai.
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Koedoes in ons omgewing

Post by Lourens Potgieter »

Geno, daai is seker die mooiste mount wat ek al gesien het....die taxidermis het geweet wat hy doen!!!Hoop dis joune?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Koedoes in ons omgewing

Post by Geno »

Vispap,
Nee maat, ekself het nog net koedoebulle wat gekwes is deur kleinte geskiet. Nog nie self een gekry nie. Dis op 'n plaas waar ons die afgelope naweek gejag het.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Koedoes in ons omgewing

Post by Lourens Potgieter »

Regtig baie mooi......ek neem aan jy BETAAL vir so mount.....
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Koedoes in ons omgewing

Post by Hugo »

Geno wrote:As julle ooit gewonder het hoe 'n 60" koedoe lyk, kyk net na die eerste foto!

Ek backmjou 100% dat daai bul 60" gan slaan.

Kyk die 2de draai, duime pappie duime.
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Koedoes in ons omgewing

Post by Swys14 »

goeie hemel daai eerste bok is mooi
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Koedoes in ons omgewing

Post by 375fanatic »

dit is 2 verskillende bulle ek skat die eerste een 58 + en die tweede een so 55 die eerste bul het baie diep draaie en die nou horings laat n ou altyd te min skat.

die moeilikheid hier is altyd om hulle in die berge te kry want dis nie altyd baie toeganklik nie en dan om hom by die huis te kry is die tweede probleem (boude en blaaie of kano bou )

maar 60 duimers is glad nie skaars in die berge nie
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Koedoes in ons omgewing

Post by Hugo »

Dink nie dis dieselfde dier nie, die onderste dier se 2de streep vertak en die boonste een sin bly reguit.
Post Reply