Page 1 of 1

Sukkel met S335 en CCI 200 primers

Posted: Wed Jun 12, 2013 8:07 pm
by Bulvegter
Ek het verander van CCI 250 na CCI 200 primers en kry nie Quick Load gekalibreer nie. Ten spyte van die feit dat ek die burning rate factor met 10% laat sak het, is QL se node spoed steeds meer as 100 vps te hoog. Wat my pla is dat QL S335 se "ratio of spec heats" as 1224 aangee waar Somchem se "Commercial Propellants" lys dit as 1240 aangee. Met QL se waarde(1224) kom ek maklik by die "chrony" se gemiddelde spoed uit. Is daar dalk iemand wat my kan help? Doen ek dalk iets verkeerd?
Die gegewens is as volg:
Kaliber: 22 250
Looplengte: 66 cm (25.98")
Dopkapasiteit: 45,2 grein
Punt: Sierra Varminter Spitzer 55 g (1360)
Kruit S335 (Lot 698)
Maks TPL 60,62 mm
Bepland TPL: 60,5 mm
Primer: CCI 200
Lading: 34,1 gr
Gemiddelde spoed: 3387 vps (met QL kom ek na 10% sak van "burning rate factor" by 3482 vps uit
Temperatuur: 10 grade celcius
Ek het die "burning rate factor" met 10% van .6235 na .5612 afgebring.
Ook het ek QL se waardes na Somchem sn as volg verander:
Heat of explosion: 3711
Ratio of spec heats: 1.240
Density: bly dieselfde by 1.61
Groete
Gene

Re: Sukkel met S335 en CCI 200 primers

Posted: Thu Jun 13, 2013 9:53 am
by QG18de
Is jy seker jou chronograaflesings is reg?

My chronograaf het my al sleg rondgeneek met lae lesings.

Chronograaf nog 'n hoër of laer lading om die burn rate te bevestig. Indien burnrate dieselfde is, kan jy seker die burnrate ma nog afbring in ql?

Hoop dit help.
Jason