Page 1 of 1

AMPER N OEPSIE MET N VLAKKIE

Posted: Mon Jun 10, 2013 5:45 pm
by vlakvark1
Manne hierdie was groot skrik. As die vlakvark n sekonde vinniger was dan was ek nou dalk
nie hier om vir julle te vertel nie :o

Vrydagaand loop ek mielieland toe met die 303 en lig op die teleskoop om vir die bosvarke
te gaan loer. Teen half sewe die aand hoor ek hoe breek die mielies en hoe die mieliepitte
kraak in die ot se mond.
Die wind waai taamlik erg en dit gee my geleentheid om nader te beweeg na waar ek hoor
die ''OT'' sy eie stroper laatraas.

Ek beweeg al op die spilpunt se wielspoor tot ek hoor dat hy in een van die 2 rye is waar ek nou sit.
Na so rukkie hoor ek nie meer die mielies breek nie en die wind wat waai maak dit ook nie
maklik nie.

Nou sit ek so op my knieë met die geweer na voor gewys en '' DIE GROOTSKRIK'' daar voel ek hoe my geweer van links na regs gestoot word :o :o :o

Dit is toe hier waar ek net die gelaaide geweer se sneller druk sonder om weer te dink.
Die skoot het geklap en daar spring ek op en laatwaai in teenoorgestelde rigting vir so
paar meter.

Ek draai toe om en loop BAIE versigtig nader waar die '' grootskrik'' plaasgevind het
en daar lê n groot vlakvark met n skoot deur die kop.
Dit kon anders gewees het en die man kon my net so wel gegaffel het.
Hierdie was baie naby aan broekvuilmaak ouens, baie naby. :o

Re: AMPER N OEPSIE MET N VLAKKIE

Posted: Mon Jun 10, 2013 5:51 pm
by PWV
Wou nou net vra of jou onderbroek skoon was. ???

Ek dink darem nie die vark sou jou geskraap het nie. Ek dink hy sou groter as jy geskrik het as hy jou opgemerk het.

Re: AMPER N OEPSIE MET N VLAKKIE

Posted: Mon Jun 10, 2013 6:51 pm
by Cobus(Cobb)
Jy ken die forum reel....as daar nie fotos is nie glo ons jou nie,,,,, ;D ;D

Bly jys veilig mater, baie bly

Cheers

Re: AMPER N OEPSIE MET N VLAKKIE

Posted: Mon Jun 10, 2013 11:59 pm
by Kalahari
Laat dit vir varkie 'n les wees...... om jou nou so te loop staan en skrik maak :laugh:
Bly jy's veilig en kom wys daai foto van die groot skrikmaker.

Mens sou gedink het daai vark sou jou ruik of sien of so iets, maar hy het duidelik net oge vir die mielies gehad.

Re: AMPER N OEPSIE MET N VLAKKIE

Posted: Tue Jun 11, 2013 6:33 am
by Frederik
Iets wat jy nie sommer gaan vergeet nie !

Re: AMPER N OEPSIE MET N VLAKKIE

Posted: Tue Jun 11, 2013 9:48 am
by FHM
VV1
Ek het geen twyfel daaraan dat as dit ek was, ek shou mOES gaan shower het daarna nie....

Bly vir jou part dinge het net by loopstoot gebly en goed uitgedraai uiteindelik ;)

Re: AMPER N OEPSIE MET N VLAKKIE

Posted: Tue Jun 11, 2013 12:49 pm
by evdberg
Kyk , so moeilik dit nou is om te erken - ek sou soos n klein meisie geskreeu het , sodat daai vark homself sou bek@k het van skrik ...

Bly dit het goed vir jou en sleg vir die vark uitgedraai ... en nie anders om nie...