Page 1 of 4

Re: jewling op slot

Posted: Thu Jun 06, 2013 10:20 am
by PWV
Piet-Skiet wrote:Manne ek wil twee van my geweere se slotte lat jewel mar ek kry nie 'n wapen smit wat dit wil doen nie? Wie het dit al lat doen? Waar en hoeveel het julle betaal?
Pieta, wat is "jewling"?

Re: jewling op slot

Posted: Thu Jun 06, 2013 10:56 am
by FHM
Skus oom PW - ek kon nou nie vinnig n groter prent opspoor nie.

Re: jewling op slot

Posted: Thu Jun 06, 2013 10:57 am
by Arnold
Jy polish die slot met scotchbright op die punt van n dowell in 'n boor ... (eenvoudig gestel)
Dit lyk nogal mooi
http://farm5.staticflickr.com/4094/5415307262_d65c4a3e24_z.jpg

Re: jewling op slot

Posted: Thu Jun 06, 2013 11:41 am
by Kallie404
Piet Skiet,
My 30.06 is n paar jaar terug na JJ Wapens in Ermelo vir n bietjie TLC. JJ Wapens het my slot ge-jewell. Dit lyk bakgat en is ook heelwat gladder. Kan ongelukkig nie onthou wat dit gekos het nie.

Re: jewling op slot

Posted: Thu Jun 06, 2013 8:30 pm
by Beer (Christo)
Ralph Badenhorst het vir my gedoen, bel maar vir pryse

Re: jewling op slot

Posted: Thu Jun 06, 2013 8:48 pm
by LongWolf
Piet

as jy 1200 water skuurpapier baie styf oprol tot +- 5mm dikte
en dan met "insolation tape" vas draai tot 2mm van die punt af,
dan druk jy hom in jou staan boor (soos n gewone boorpunt) en doen die "juweling" self.
het dit baie op vlekvrye staal gedoen.


oefen net eers op n stukkie staal en jy sal sien dis eintlik baie maklik.
die "truuk" is om dit te "overlap" want dit is wat die "juwel" effek gee.

Re: jewling op slot

Posted: Thu Jun 06, 2013 9:23 pm
by Cobus(Cobb)

Re: jewling op slot

Posted: Fri Jun 07, 2013 5:43 am
by LongWolf
Piet-Skiet wrote:Dankie vir julle insette! Wardeer dit baie. Cobus eks tebang ek jaag an.

Piet

dis rerig maklik.
oefen net eers op n stukkie yster plaat.
as jy eers die gevoel het van hoe hard om te druk en hoe lank jy op een plek te staan dan loop dit soos stroop.

hoe kliener die overlap hoe fyner die jeweling.

Re: jewling op slot

Posted: Fri Jun 07, 2013 8:05 am
by BRNO (Pierre)
Piet, jy en Longwolf bly moontlik n paar km uit mekaar. Kontak die man vir n klas.

Re: jewling op slot

Posted: Fri Jun 07, 2013 10:32 am
by BRNO (Pierre)
Piet-Skiet wrote:Ek dink daai ding. Bygese jy bly ook om die blok van my af.
Jy wil my nie met daai skuurpapier naby jou geweer he nie ;D , maar jy is altyd welkom vir n koue.

Re: jewling op slot

Posted: Fri Jun 07, 2013 3:11 pm
by LongWolf
Piet

het jou ge pm.

Re: jewling op slot

Posted: Fri Jun 07, 2013 10:02 pm
by Beer (Christo)
Piet-Skiet wrote:Waar is hy?
Ermelo

Re: jewling op slot

Posted: Fri Jun 07, 2013 10:05 pm
by Beer (Christo)
Sterkte. Hoop julle kom reg

Re: jewling op slot

Posted: Fri Jun 07, 2013 10:36 pm
by LongWolf
http://i1310.photobucket.com/albums/s648/Longwolf43/20130607_191501_zpsfc2ed313.jpg
http://i1310.photobucket.com/albums/s648/Longwolf43/20130607_203111_zpsbb72736a.jpg

2 ure gevat om te doen.

skuus - laat ek darm net by se: dis my 3006 slot.
.22 moet nog gedoen word.

Re: jewling op slot

Posted: Sat Jun 08, 2013 8:00 am
by Skaaphaas
ARMS in Waterkloof het dit vir my .30-06 gedoen, baie tevrede met die resultaat. Maar nou weet ek nie of LongWolf se fotos net vreemd is nie, maar dit lyk nou vir my mooier as myne.

Re: jewling op slot

Posted: Sat Jun 08, 2013 8:28 am
by LongWolf
Skaaphaas.

die verskil tussen myne en die wapensmit is dat myne nie presies simmertries is nie.
ek het nie presisie gereedskap gebruik nie, en daarom verskil die patrone ook heelwat van die wat van n wapensmit sal afkom.

Re: jewling op slot

Posted: Sat Jun 08, 2013 9:29 am
by BRNO (Pierre)
LongWolf wrote:Skaaphaas.

die verskil tussen myne en die wapensmit is dat myne nie presies simmertries is nie.
ek het nie presisie gereedskap gebruik nie, en daarom verskil die patrone ook heelwat van die wat van n wapensmit sal afkom.
Komplimente! Jou werk lyk puik. Dankie ook dat ek jou sommer so in die diepkant kon ingooi. Ek gaan heeltyd staan en koes aan die kant ;) Kan ek my slotte en kolwe ook daar kom afgooi vir n make over?

Re: jewling op slot

Posted: Sat Jun 08, 2013 10:41 am
by Cobus(Cobb)
Die lang Wolf......wat sal jou quote vir so jeweling jobbie??

Cheers

Re: jewling op slot

Posted: Sat Jun 08, 2013 12:27 pm
by LongWolf
nee wag nou kerels. ek het myne gedoen sodat julle kan sien ek lieg nie.
wat prys betref het ek geen idee nie.
ek DIY net.

laat ek eers dink oor die besigheid want die idee was dat ek julle verduidelik dat julle dit self kan doen.

Re: jewling op slot

Posted: Sat Jun 08, 2013 12:28 pm
by BRNO (Pierre)
LongWolf wrote:nee wag nou kerels. ek het myne gedoen sodat julle kan sien ek lieg nie.
wat prys betref het ek geen idee nie.
ek DIY net.

laat ek eers dink oor die besigheid want die idee was dat ek julle verduidelik dat julle dit self kan doen.
Lekker vas in n hoek!! Mot nie bekommer nie, ek het sommer net so bietjie gespot.

Re: jewling op slot

Posted: Sat Jun 08, 2013 12:34 pm
by LongWolf
Brno

jy sal my n vedomde hartaanval gee.

dankie vir die kompliment. dit word waardeer.

Re: jewling op slot

Posted: Sat Jun 08, 2013 8:14 pm
by theedge
Baie netjies maat

Re: jewling op slot

Posted: Sat Jun 08, 2013 8:25 pm
by LongWolf
baie dankie

ek waardeer.

Re: jewling op slot

Posted: Sun Jun 09, 2013 9:52 pm
by Ralph Badenhorst

Re: jewling op slot

Posted: Sun Jun 09, 2013 10:09 pm
by PWV
Ralph Badenhorst wrote:Jewling op .416 Rigby grendel

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/IMG_9375_zpsa9638f10.jpg[/image]

Groete

R
Wil jy vir ons se hoe jy dit doen, of is dit jou geheim?

Groetnis
P.W.V.