Page 1 of 1

Goeie Dag

Posted: Wed Jun 05, 2013 3:14 pm
by Tampie
Hi Almal,
Ek is 'n Megatroniese Ingenieur en woonagtig in Centurion maar het grootgeword op 'n plaas in Kroonstad waar ek nog die meeste van my naweke deurbring. Is absoluut verslaaf aan die reuk van kruit en herlaai graag. Sal defnitief op die lede se knoppies druk vir inligting van tyd tot tyd.
Groetnis.
Martiens

Re: Goeie Dag

Posted: Wed Jun 05, 2013 4:37 pm
by namhunt
Martiens

Welkom by Jaracal. Geniet dit hier en lekker lees.

Re: Goeie Dag

Posted: Wed Jun 05, 2013 8:58 pm
by jaracal
Baie welkom hier by ons.
Groete

Re: Goeie Dag

Posted: Wed Jun 05, 2013 10:43 pm
by PWV
Welkom Martiens., Hoop jy geniet dit.
Wat is 'n megatroniese ingenieur?
Vetel ons van jou skietgoed.

Re: Goeie Dag

Posted: Thu Jun 06, 2013 12:57 am
by Tampie
Pieter,
Megatroniese Ing. is 'n kombinasie van Meganies en laestroom elektries met die fokus op automatisasie van masjinerie, fabrieke ens.
Wat my skietgoed aanbetref is die wat die meeste kruit brand huidiglik 'n sako 223 en tikka 25-06 varmint stainless. My pa het 'n voeljag operasie in Kroonsad so ek werk ook maar met die haelgewere en pointers op elke moontlike geleentheid.

Re: Goeie Dag

Posted: Thu Jun 06, 2013 6:08 am
by muismaree
Hel Tampie, lekker om jou hier te sien!

Re: Goeie Dag

Posted: Thu Jun 06, 2013 7:09 am
by Smiley
Welkom, gesels lekker saam

Re: Goeie Dag

Posted: Thu Jun 06, 2013 8:57 am
by Tampie
Hel muis, nie verwag om jou hier raak te loop nie! Boer jy?

Re: Goeie Dag

Posted: Thu Jun 06, 2013 9:00 am
by jamalley
Welkom Martiens, hoop jy geniet dit.

Re: Goeie Dag

Posted: Thu Jun 06, 2013 9:44 am
by muismaree
Jip, ek is op die plaas. Doen nog so 'n lastige vak of 2, dan het ek my LLB, gaan maar so stadig aan met die M ook. Ek kry darem by meer tyd vir skiet hier op die plaas as in Bloem, is besig om die vreugdes van herlaai te ontdek. Mens leer moer baie hier op die forum, selfs al leer jy nie is dit 'n goeie manier om tyd te mors! ;D

Re: Goeie Dag

Posted: Thu Jun 06, 2013 10:41 am
by Tampie
En ons het so baie tyd om te mors... Hoekom doen jy jou M as jy boer? Het twee naweke terug met volmaan twee rooikatte en 'n jakkals geroep wat als in ag genome seker eintlik nie moes gebeur het nie. Wys jou net, as dit jou beurt is, is dit jou beurt!

Re: Goeie Dag

Posted: Thu Jun 06, 2013 4:48 pm
by muismaree
Tampie wrote:Hoekom doen jy jou M as jy boer?
ag ek hou van navorsing doen, en my studieleier het mooi gevra. Buitendien, ek dink Magister Muis klink cool..