Jakkals gevang in die midde ooste
Posted: Tue Jun 04, 2013 12:50 pm
Ek werk hier offshore van Abu Dhabi waar ons besig is om n kunsgemaakte eilande te bou.Soos die tye kom ,bring die barges klippe vanaf die land om dan die eilande te bou.Jakkals se kind moes op een van die barge gekom het en mooi hier op sy eie eiland te kom bly.OOngelukkig vir hom is hier nog niks vir hom om te steel nie en die veiligheidsmense is mal.Die projek sou gestop word tot die jakkals gevang en veilig terug op vasteland was.Hulle is hier beskermende diere.So hoor die mense van my wat darm al so n paar jakkie geklits het.Word benader en moes n vanghok vir hulle maak,maar die outjie mag geensins seer kry nie.Baie moeilik maar die hok was gemaak en dieselfde aand is hy gevang.n Spesiale barges is vir hom gereel n Russel Kaima toe en wragtig waar,die mense laat hom glip toe hy daar aankom.Nie sy regte vrylatingsplek gekry nie.Ek dog ek gaan die jakkals jagte in SA mis,maar is toe verkeerd bewys.Kon geen fotos neem nie want hier word niks met n kammera toegelaat nie.
Groete
Blackie
Groete
Blackie